Foto’s: ‘Dwelmbaas’ in slaap oorval, dwelms gevind

Foto: Verskaf.

ʼn Vermeende dwelmbaas (34) het uiteindelik sy moses teëgekom toe die polisie in Limpopo Vrydag hom betrap het waar hy in sy bed lê en slaap.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn multidissiplinêre operasie is Vrydag in die Motetema-polisiëringsgebied buite Groblersdal uitgevoer.

Die man is volgens Ngoepe in ʼn tweeslaapkamer huis vasgetrek. Hy het die huis gehuur en dit glo ook gebruik om ʼn verskeidenheid dwelms in te vervaardig.

“Hy is in sy slaap oorval en is op die plek in hegtenis geneem,” het Ngoepe gesê.

Die polisie het beslag gelê op 29 toegedraaide balle wat elk 500 sakkies nyaope (ʼn mengsel van dagga en goedkoop heroïen) bevat, vier balle wat elk 250 papiertjies geel rock bevat, ses balle wat elk 100 papiertjies bruin rock bevat, 14 los plastieksakke met 50 sakke nyaope, een pak met 25 sakke nyaope en twee vuurwapens asook ammunisie.

“Die dwelms het ʼn beraamde straatwaarde van sowat R1 000 000,” het Ngoepe gesê.

Nog drie verdagtes, tussen die ouderdom van 26 en 30 jaar oud, is tydens die operasie in hegtenis geneem nadat daar dagga in hul besit gevind is.

Al vier sal Maandag in die Groblersdal-landdroshof verskyn op aanklagte van die besit en handeldryf van dwelms asook die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie.

Die polisie se ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Petro ·

Die mense moet nie borg kry nie want
hulle is massa moordenaars hulle verwoes
Ons jong mense se lewens hulle moet in die openbaar gehang word

Anna ·

Stem saam.
My vriendin se kind is verslaaf aan herion. die hele familie se lewe is verwoes.

Concern ·

Ek stem saam. Dwelms verwoes famielies en baie lewens. Hulle moet sommer uit die samelewe verban word. In die tronk eet hulle ons “tax” gelde ook nog en kry baie voorregte. Sommige polisie kyk die ander pad want die “drug lords” betaal hulle om stil te bly. Sommige polisie is ook maar net so skuldig.

Mieke ·

Poppie,
Dis ‘n “raid”
Sad dat so baie mense verslaaf is aan die gemors!

Waarheid ·

Dankbaar hul is gevang! ? SONDER dat polisie of onskuldiges onnodig noodlottig geskiet is. Stem saam geen borgtog, vonnislewenslank daar is baie od en verwoesting van jong lewens dis MOORD.

Osie ·

SAPS kyk meestal ander kant toe $$$$$….Oorkant Menlopark Poskantoor doen die manne fluks sake…

Nienie ·

Nou werk d polisie. Dis wat gebeur as n professionele polisieman aangestel word as Kommissaris. Wel gedaan.

Stan ·

Fantasties!!!! Wêreld wyd is hierdie gemors aan die orde van die dag!!! Dwelms moet uitgeroei word want dit is ‘n baie gevaarlike epidemie. Dit stroop ons van alle waardigheid en karakter!

J O H A N N E S !!! ·

JA KYK NET WAT GEBEUR IN RSA EN
MOSAMBIEK,NELSPRUIT LOOP ERG DEUR.DANKIE VIR OPREGTE POLISIE EN GEREGSDIENAARS.
DIE DWELMBASE EN HUL VWEERMAGTE.

piper ·

hulle moet hom met sy eie dwelms voer en hom n verskaafde maak en hom dan laat lei

Gemaskerde Sopbeen ·

Piper het ‘n kwaai plan. Sluit hom toe en voer hom dit waarmee hy smokkel. Ek smokkel met kreef……en is nou so lus om myself oor te gee aan die cops…

AJ ·

In 23 lande wêreldwyd word die doodstraf toegepas vir dwelmhandel.

Dit is die enigste maatreël wat dwelms kan stop.

Voorkoming van dwelm verslawing … is die enigste uitweg. Eens verslaaf …. altyd verslaaf.

A. Z. ·

Hier in Centurion (ek kan ongelukkig nie die naam van ons Komplex noem nie vir veiligheidsredes) is dit ‘n GROOT KOPSEER ons het dit hier al hoeveel keer aangemeld by die Polisie en wat kry ons dat die selfde Polisie self betrokke was hul is op heterdaat betrap in n wooneenheid waar hul die dwelems verruil vir geld. dit het my maandelank gekos om alles by mekaar te kry vir ‘n spisiaale eenheid om die operasie te kon doen. as mense kan onthou n paar jaar terug 2 of drie was hierklopjag wat sowat 60miljoen se waarde in Centurion gekry is dit is hier by ons. ek verskaf die inligting. ons word met die dood gedreig en se reguit dis ek, natuurlik onken ek dit, in die afgelope 9jaar is hier baie klopjagte gehou en baie maar baie dwelems gekry. So dus help dit nie om die gewone polisie te skakel nie dankie tog ek het ‘n nommer van persone wat wel optree. Ons wag reeds vir hul om toe te slaan op ‘n wenk hier. Ek sal dit seer sekelik beveg tot die dag van my dood want onskuldige mense veral kinders word ‘n slagoffer van die dwelembasse.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.