[Foto’s] Dwelmfabriek in Limpopo oopgevlek

Mandrax-tablette. Foto: Verskaf

Mandrax-tablette. Foto: Verskaf

Die polisie in Limpopo het ʼn dwelmfabriek in die Groblersdal-omgewing oopgevlek.

Brig. Motlafela Mojapelo, provinsiale polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê dit volg ná ʼn misdaadintelligensiegedrewe operasie deur die provinsiale en Groblersdal se misdaadintelligensie-eenhede, honde-eenheid, lede van die forensiese afdeling en die Valke.

“Die polisie het leidrade opgevolg oor verdagtes wat betrokke is by voertuigdiefstal, kapings en die vervaardiging van en handel in dwelms, waarna hulle op ʼn perseel in die Thabakhubedu-nedersetting toegeslaan het. Die operasie het etlike uur geduur en tot 04:00 vanoggend aangehou,” het Mojapelo gesê.

Twee verdagtes, onderskeidelik 26 en 39 jaar oud, is op die toneel in hegtenis geneem. Twee kon daarin slaag om te ontsnap en is steeds soek. Volgens Mojapelo het die polisie beslag gelê op masjinerie, toerusting en chemikalieë met ʼn geskatte waarde van meer as R10 miljoen.

Die polisie het beslag gelê op twee gesteelde voertuie, toerusting en chemikalieë wat gebruik word om Mandrax-tablette te vervaardig, ʼn drukmasjien, ʼn menger en industriële oonde. Die polisie het ook beslag gelê op R29 820 in kontant en vyf 25 kg-sakke Mandrax-poeier. “Die poeier alleen het ʼn geskatte straatwaarde van R10 miljoen.”

Die verdagtes word aangekla van die vervaardiging van en handel in dwelms en die besit van gesteelde voertuie en moet eersdaags in die Moutse-landdroshof verskyn.

Meer inhegtenisnemings word verwag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

joe ·

Natuurlik plaaslik want die ander is te onnosel on met masjiene te Werk julle steel en moor net

Jem ·

Aan al die betrokkenis met die ondersoek wil ek net se baie geluk en dankie. Julle het net weer bewys dat karma well best aan. Dankie vir julle toewyding om van hierdie land n beter plek te maak. Almal wat dit moontlik gemaak het met klagtes en inligtingting. Groot dankie.

Bendons Oud Pretoriaaner ·

Goed gedoen hou so aan. Dis gevaarlikke middels wat hulle daar gekry het bv o-toliodine veroorsaak volgens US navorsing blaas Kanker ens.

Lola ·

Dit wys jou net, sit met al hierdie baie geld wat hulle kry deur dwelms te verkoop maar sal nog steeds karre steel. Kan die duurste en beste lag lag bekostig maar steel sal hulle steel.

Lisaa ·

Wel gedaan! Nou asb op Groblersdal se verspreiders toeslaan asb! Dwelms is volop en baie maklik beskikbaar

Great job well done ·

Wow aan elkeen betrokke, baie geluk dit is darem een goeie nuus vir die dag!!!!! Vat hulle vas, sjoe as ek kyk hoe vuil lyk dit daar, raak ek naar!

Loeis ·

Beide verdagtes tydens dieklopjag op die toneel in hegtenis geneem, maar het intussen, dws tussen vieruur vanoggend en nou, ontsnap? Is dit nie bietjie vreemd nie?

Sarie ·

Ek verafsku àlmal wat by dwelmhandel betrokke is… Of hy dit veraardig, versprei of verkoop, hy’s ‘n moordenaar. Hy vernietig àlles & àlmal om sy drang na rykdom & mag.. Daar behoort nèt èèn straf vir diè mense te wees & dis die doodstraf … GEEN GENADE!!!

Aster ·

Stem saam. Almal betrokke by dwelms moet baie swaar gestraf word en uit die samelewing verwyder word.

John ·

Is dit die soort van klein-sake wat ons land op die been gaan help bring… ? Eerder 6 vt onder die grond. Elke 2e dag is daar ‘n storie oor verdowingsmiddels. Ons land is vrot van al die ‘hi’s’ in omloop.

Jemma ·

Pragtig polisie, dankie vir julle harde werk. Sou egter net graag wou sien as hierdie manne deur die REGSTELSEL beweeg hoe hulle anderkant uitkom? Gaan ons van hierdie kriminele se vonnisse verneem later of gaan die storie net stilword en die polisie slagoffers word van die dwelmhandelaars wat hulle nou uitgesnuffel en in hegtenis geneem het?

Alida ·

Wat word nou van al daardie “moetie”. Die SAPD moes sommer die plek aan die brand gesteek het. Nou weet ons nie waar dit is nie en word 10/1 net weer verkoop. In iedergeval baie geluk vir die SAPD in Groblersdal.

Giepie ·

My komentaar gaan seker we ge delete word . Gaan kyk in Rustenburg oos einde as julle drugs en prostitute wil sien . daai wat nou gekry is , is n drupel in die emmer .

bella ·

Hierdie is net ‘n druppel in die SEE. Wie kom bote vol hier aan? Hulle lei die mense op. Omkoop is die nuwe naam vd polisie mag. Hierdie dwelm smokkelaars is wrede boewe. Vrees niks en niemand nie. Gaan soek in die ryk buurte. Dit is waar die werklike winsgewende potte staan en prut.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.