Lt. Robert Netshiunda, woordvoerder van die Valke, het gesê dwelms ter waarde van meer as R20 miljoen is gevind. Die Valke het die huis in Clevelandstraat in Sandhurst, Sandton, ʼn paar weke lank dopgehou nadat hulle ʼn wenk ontvang het oor verdagte aktiwiteite by die huis.
“Gedurende die klopjag het twee verdagtes oor die hoë muur om die eiendom gespring in ʼn poging om te vlug. Een is in hegtenis geneem, terwyl die ander ontsnap het,” het Netshiunda gesê. “Die Valke volg sterk leidrade op om hom en waarskynlik talle ander, agter tralies te sit.”
Netshiunda het gesê duisende Mandrax-tablette, die kalmeermiddel methaqualone, ʼn onbekende vloeistof, poeierchemikalieë en ʼn pilvormingsmasjien is in die huis en die kothuis op die erf gekry.
Die 28-jarige man wat in hegtenis geneem is, sal Maandag in die Wynburg-landdroshof verskyn.
Nee regtig, is dit `n Reuse dwelmlaboratorium ??? Daai plek is so groot soos my badkamer.
Daar is nie R20 miljoen se inhoud in jou badkamer.
Ek stem, as ek dink aan ‘n laboratorium sien ek iets heeltemal anders in my gedagtes! Daai is pak kamer vol rubish! Ek wonder of die mense wat die pille koop weet in watse haglike omstandighede dit vervaardig word. En dit in ‘n spogbuurt, sekerlik kan jou huishouding ‘n bietjie beter wees? Wonder hoe lyk die res van die huis??
Ai Asjas – die LAASTE ding op die tipes se agenda is higiene of ‘n skoon huis! Dit gaan oor vinnige vervaardiging van soveel moontlik verdowingsmiddels want hulle wil GELD maak. Vaderland tog… Dave ek stem met jou, in die geval beteken “groot” waarskynlik eerder die hoeveelheid verdowingsmiddels wat vervaaardig was, as die grootte van die kamer.
Dit is absoluut pateties dat ‘n huis ‘n paar weke lank dopgehou word en een van net twee persone op die perseel steeds ontsnap wanneer daar toegeslaan word. Dit is nie asof hierdie ‘n skielike operasie was nie, sekerlik kon in die “weke” van dophouding ook voldoende beplanning gedoen word om arrestasies flink en volledig te doen!
Dit is jammer dat die goeie vonds nou so bederf word deur swak operasionele vaardighede, maar die gebrek aan effektiwiteit word maar landswyd in ons wetstoepassers waargeneem.
Ek stem saam Deon, hulle moes die polisie se taakmag gekry het wat die onskuldige gesin in Middelburg se hek en voordeur afgebreek het. Húlle weet hoe word dit gedoen.
Dit lyk soos my kat se sandbak na ‘n langnaweek, nie ‘n laboratorium in ‘n spogbuurt nie.
Ek hoop nie dat dit dieselfde huis is waar die tuisnywerheid se Eat-sum-more’s gemaak word nie. G’n wonder die goed was so lekker nie ….
Tobie, nou lekker gelag vir jou kommentaar!
Hier in ons dorpie het iemand n hardnekkige berug begin versprei dat die taakspan wat in Middelburg opgetree het aangevoer was deur die einste Kolonel Saunders van Kentucky Fried Chicken faam. Ek het my skoonseun wat in Middelburg bly (Kanonkop) hoeka gevra om vir ons te probeer vasstel of daar enige waarheid in die gerug steek.