[Foto’s] Dwelmmuil probeer kokaïen as sjokolade insmokkel

Die sjokolade. Foto: SAPD

Die sjokolade. Foto: SAPD

ʼn 27-jarige beweerde dwelmmuil is Maandagmiddag by die Kaapstad-lughawe in hegtenis geneem nadat hy glo kokaïen die land wou insmokkel.

Konst. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die man het via ʼn internasionale vlug in die land aangekom.

“Die man het baie sjokolade by hom gehad en het die verpakkingsmateriaal gebruik om die dwelms te probeer versteek. Die dwelms het ʼn geskatte straatwaarde van R500 000,” het Rwexana gesê.

Die dwelms. Foto: SAPD

Die dwelms. Foto: SAPD

Die verdagte sal na verwagting Woensdag in die Bellville-landdroshof verskyn.

Rwexana het gesê die polisiebestuur is tevrede met die inhegtenisnemings van ʼn aantal dwelmmuile die afgelope paar dae. Hy het die polisiebeamptes verbonde aan die lughawe geloof in hul pogings om dwelmhandel te bestry. “Die polisie maak dwelmhandelaars kwaad wat dink Kaapstad is ʼn maklike afsetpunt om dwelms in te smokkel,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Uys ·

Ongelukkig is hy gevang met net R500 000.00 se waarde, die eintlike besending het veilig die land binne gekom.
Hy was net die goud vissie

Jakoba ·

Ek stem Uys, hulle gebruik die dwelm muil om die aandag op hom/haar te hou terwyl die eintlike king pin gerus deurgaan met ‘n groter besending dwelms sonder om gevang te word.

Karma ·

@Ivan – dit is welbekend dat dwelmhandelaars telkens “klein vissies” laai met klein besendings dwelms; op só ‘n manier ‘verpak’ dat selfs ‘n donkie dit kan opspoor. Dan kom die “groot visse” met die werklike “groot” dwelm-aflewering (hoop hulle) makliker deur, want kyk – die beamptes is dan mos besig met die een dwelmvonds. Jammer hulle sê nie wat die massa van die vonds was nie (teenoor die 5,7 kg kokaiën wat gister op OR Tambo gevind is nie). Dié ouens, wat die dwelms smokkel is ook maar lekker “dig” – in ander lande word daar veel beter, veel meer innoverende maniere gevind om dwelms te smokkel. Ek dink nou maar aan Australië se streng lughawe wetgewing: dwelms word LAAAANKAL nie meer net in poeier- of tabletvorm in kos, klere, drank, boeke ens. ingesmokkel nie. Daar is bv. “liquid cocaine” en dit word in wyn en koeldrank versteek; allerlei ander maniere – tot om arme diere se pense oop te sny en die dwelmpakkies in hul ingewande weg te steek of om dwelmmuile te gebruik wat plastiese chirurgie ondergaan het – vergrote boude en borste – word gebruik!

B ·

Sluit hom toe en gooi die sleutels weg.Geen genade vir so n ‘drug mule’ nie,hulle is deel van die proses om mense se lewens te verwoes!

Elbri ·

Ek stem saam met Uys. Dis tog logies dat iemand met so baie sjokolade, die oog sal trek. Die klein vissie word aangekeer en die walvis gaan ongesiens deur.

Ivan ·

@ Karma, baie dankie vir jou ingeligte uiteensetting, mooi dag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.