Foto’s: Dwelmvonds in Durban gemaak

Die twee verdagtes

Die twee verdagtes

Twee mans, onderskeidelik 30 en 34 jaar oud, is Maandag in Durban se middestad in hegtenis geneem vir dwelmhandel.

Kol. Jay Naicker, ʼn polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, het gesê die stad se blitspatrollie-eenheid het ʼn verdagte dwelmhandelaar dopgehou, wat op pad was na die Point-omgewing. “Terwyl die beamptes dié verdagte agtervolg het, het hulle ʼn wit Volkswagen Polo opgemerk wat langs die pad geparkeer was,” het Naicker gesê. “Die beamptes het een van die twee insittendes herken as ʼn verdagte dwelmhandelaar. Hulle het die twee mans in die Polo deursoek en op ʼn klein hoeveelheid ecstasy-tablette afgekom.”

Die polisie is na die verdagtes se huis waar hulle verder beslag gelê het op dwelmmiddels met ʼn geskatte straatwaarde van R600 000. Die verdagtes gaan na verwagting Dinsdag in die Durban-landdroshof verskyn op aanklag van dwelmhandel.

flying squad narcotics 001

Die dwelms waarop beslag gelê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.