[Foto’s] Een brand dood, 9 beseer in gru-ongeluk

Man is dood en nege ander mense beseer in dié ongeluk (Foto: ER24)

ʼn Man is dood en nege ander mense beseer in ʼn gru-ongeluk laat Saterdagaand op die N1 net voor die William Nichol-rylaanafrit, noord van Johannesburg.

Chris Botha, Netcare911-woordvoerder, sê ʼn motor het glo teen die verkeer van die Malibongwerylaan-kant gery en toe reg van voor met ʼn bakkie gebots.

Die motor wat teen die verkeer gery het, het met die impak van die botsing aan die brand geslaan. Hoewel brandweermanne op die toneel die vlamme probeer blus het, het die bestuurder van die motor reeds doodgebrand.

Die wrakstukke van albei voertuie was oor die pad versprei.

Botha sê brandweermanne en nooddiensspanne moes ʼn ernstige beseerde man met behulp van meganiese toerusting uit die bakkie bevry.

Agt ander mense wat ook in die bakkie was, se beserings wissel tussen gering tot middelmatig.

Al nege beseerdes is na nabye hospitale vervoer.

ʼn Ondersoek na die voorval duur voort.

Man is dood en nege ander mense beseer in dié ongeluk (Foto: ER24)

Man is dood en nege ander mense beseer in dié ongeluk (Foto: ER24)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Wunifred ·

Dis verskriklik tragies
Maar waarom teen die verkeer ry?

thelsa ·

Hoe op aarde beland jy aan die verkeerde kant van ‘n hoofweg? Hoe kry jy dit reg om nie te sien daar is slegs aankomende verkeer nie ? Dis scary om te dink sulkes loop tussen ons rond

Heksie ·

Al ooit daaraan gedink dat ‘n mediese rede die oorsaak kan wees, aneurisme, ligte beroerte, dimensia ensovoorts…
Mens is nie altyd bewus daarvan dat jy daaraan ly tot so iets gebeur nie.

Woedend ·

Dis ñ ernstige toestand waarin ons land se paaie verkeer. Ek vermoed dis omdat geen waarlike wet en orde in Suid-Afrika gehandhaaf word nie. Geen oortreding het werklik ñ effektiewe gevolg nie. Was gisteraand op die N4 tussen Rustenburg en Zeerust…..dis skokkend om te sien hoe motorvoertuie geen geduld het om agter ñ swaarvoertuig te ry op ñ pad met vele draaie en sperstrepe en padwerke. Bygesê ook vêr oor die spoedgrens. Hulle kan doodeenvoudig nie wag om veilig verby te gaan nie. Moet ongelukkig ook erken dat die mense wat hulle skuldig hieraan gemaak het se voertuie almal afkomstig was vanaf Botswana of Gauteng. Dit stel vele lewens in gevaar en dis juis waar die kop-aan-kop-botsings vaandaan kom. Die arme niksvermoedende mense wat van voor af aan kom. Wanneer is dit een van ons??? Enige oplossings?

Westing ·

Dit moet teen die wet wees om mense agter op ń bakkie te vervoer. Dis n voertuig vir goedere

Teresa ·

Mense, my kind was in daardie ongeluk! Sy het voor langs die bestuurder gesit. Die man wat die ongeluk veroorsaak het was deel van ‘n groep siek mense wat dit hulle “dare game” gemaak het om in aankomende verkeer te jaag en dit nog op video vas te vang. Westing, die bakkie was toe en daar was nouwel 3 kinders in, maar ons is baie dankbaar hulle was in ‘n sterk bakkie. Gelukkig is meer as die helfde van die kinders ontslaan met minimale beserings. Die kritiek beseerde man wat hulle moes uitsny is gelukkig ook uit gevaar. Hy gaan vanmiddag vir ‘n operasie op sy erg beseerde been.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.