Kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, het gesê drie verdagtes het ʼn Mercedes Benz in Centurion gekaap. “Polisiebeamptes het die kapers agternagesit en ʼn skietery het uitgebreek.”
Volgens Emer-G-Med het die skietgeveg op die hoek van New Road en 16de Laan in Midrand plaasgevind. “Een van die verdagtes is noodlottig gewond en op die toneel dood verklaar.”
Makhubele het gesê die ander verdagte is per helikopter en onder polisiebewaking na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir mediese behandeling. Hy het gesê die skietgeveg het uitgebreek nadat die vermeende kapers nog ʼn Mercedes Benz probeer kaap het.
“Die polisie het op twee vuurwapens, ʼn pistool en ʼn R4-aanvalsgeweer, op die toneel beslag gelê. Geen polisiebeamptes is tydens die skietery beseer nie.” Makhubele het gesê ʼn derde verdagte kon daarin slaag om te ontsnap.
Verkeer is erg ontwrig weens die voorval.
- Foto: Emer-G-Med
- Foto: Emer-G-Med
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
19 Kommentare
Well done
Dis so goed of ons leef in die era van die wilde weste!
Ook waar:-)
Wat vlieg hulle nog die vuil goed rond voor. Plaas laat hulle dit net daar omkom!
Hoekom word misdadigers wat beseer of gewond word, per helikopter vervoer. Meeste wetsgehoorsame burgers wat beseer of gewond word deur misdadigers moet vir Staats ambulanse wag.