[Foto’s] Een dood na jaagtog, skietery in Midrand

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Twee kapers is Dinsdagmiddag in Midrand geskiet na ʼn wilde jaagtog met polisiebeamptes.

Kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, het gesê drie verdagtes het ʼn Mercedes Benz in Centurion gekaap. “Polisiebeamptes het die kapers agternagesit en ʼn skietery het uitgebreek.”

Volgens Emer-G-Med het die skietgeveg op die hoek van New Road en 16de Laan in Midrand plaasgevind. “Een van die verdagtes is noodlottig gewond en op die toneel dood verklaar.”

Makhubele het gesê die ander verdagte is per helikopter en onder polisiebewaking na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir mediese behandeling. Hy het gesê die skietgeveg het uitgebreek nadat die vermeende kapers nog ʼn Mercedes Benz probeer kaap het.

“Die polisie het op twee vuurwapens, ʼn pistool en ʼn R4-aanvalsgeweer, op die toneel beslag gelê. Geen polisiebeamptes is tydens die skietery beseer nie.” Makhubele het gesê ʼn derde verdagte kon daarin slaag om te ontsnap.

Verkeer is erg ontwrig weens die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Wicus ·

……behalwe dat daar in die Wilde Western tog reels was.

By ons is daar nie eintlik beskaafde reels nie, hier geld die wet van die natuur.

Ashlee ·

Ook net ten denke. In die wilde weste as jy n boet se “vervoer” perd steel, swaai jy verseker aan die rooikrans boom.

PMB ·

Wat vlieg hulle nog die vuil goed rond voor. Plaas laat hulle dit net daar omkom!

Des ·

Hoekom word misdadigers wat beseer of gewond word, per helikopter vervoer. Meeste wetsgehoorsame burgers wat beseer of gewond word deur misdadigers moet vir Staats ambulanse wag.

Petro ·

Stem Des….helikopter..naby gelee hospitaal…whatever….

Bokkie ·

So waar Des! Ek het jare vir n mediese fonds gewerk en male sonder tal is lede se dringende versoek vir n noodvervoer met n helikopter afgewys. Nou word elke 2de gewonde krimineel op hierdie wyse vervoer!

Ekke ·

Verstaan dit nie. Mense in ongelukke sonder ‘n mediese fonds word soms nie eers gehelp. Wat nog te sê van vervoer na ‘n hospitaal. Maar boewe word sommer gevlieg na ‘n hospitaal.

Scalla ·

Knap gedaan saps, hoekom kan die gewondes per helikopter vervoer word, hoe word daar so vinnig magtiging uitgereik en ek glo nie eers hul behoort aan n fonds nie, wie gaan verantwoordelik wees vir die kostes.

Anonymous ·

Ons was laas jaar saam huis vriende weg met vakansie…ons was oorval en my vriend was ontvoer vir sy voertuig …die sleg makkers het hom in n veld af gelaai na hul hom angerand en gesteek het. Angesien ons in die middel van niks en ners was nie het dit die nood dienste meer as 35min gevat om uit tekom en nog n half uur gevat om hom by die hospitaal tekry. Maar daar was gese medivac kan hom kom haal maar dit gan n x bedrag kos voor hul eers uit kom….ongelukig is my vriend dood en 2 pragtige dogtertjies nou sonder n pa… maak my siek om telees en tehoor jy steel n kar die sapd skiet jou en dan kry jy somer hulp dat hul jou hospitaal toe vlieg en die antwoord op wie betaal is ons elke persoon wat tax betaal

pitbull ·

Kaper word met helikopter gevlieg. Sapd moes hom net daar opi toneel gelos het. Gebruik helikopter om ernstige siek staatspasiente te vervoer.

danie ·

Ek mag dalk verkeerd wees, maar is dit die nood diens personeel wat aanvra vir die helikopter. En indien dit die geval is , weet hulle seker die staat gaan betaal. Ek wonder nou hoeveel sulke gevalle daar is waar helikopters in geroep word wanneer daar hospitale naby is.

neelsie ·

Dankie aan die lede van die SAPD wat nog eerlik hulle werk doen en ons sodoende beskerm.
Sterkte vir julle !! Dit lyk na n onbegonne taak.

Sanette ·

weet nie hoekom mors hulle nog hulle tyd om die kaper per helikopter na ‘n hospitaal te neem en mediese behandeling te gee as polisiebeamptes en anders onskuldige mense se lewens vir hul nuks beteken nie.

Agterstevoor ·

Ja nee, die wereld is heel agterste voor. Die krimenele het die regte, die boewe kry die duurste en vinnigste mediese hulp en ek en jy betaal vir dit alles. Miskien is dit tyd dat die wetsgehoorsame burgers hul regte terug eis – dink dis wat in Amerika ook aan die gang is. Hierdie polities korrektheid gaan almal nog duur te staan kom.

Gert ·

Hy het seker ‘n hoe rang …. dis hoekom die helikopter gebruik is :)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.