“Die man se liggaam is steeds onder die puin vasgekeer,” het Nana Radebe, woordvoerder van die nooddienste, gesê. Volgens Radebe is nog ‘n persoon onder die puin vasgekeer. Sy sê die man kommunikeer met reddingswerkers.
Radebe sê die struktuur van die gebou is gestabiliseer. “Hulle verwyder nou die staal, balke en beton om die man te probeer red.” Sy sê reddingswerkers sal voortgaan met hul werk tot die man onder die puin uitgehaal is.
Radebe sê vier mense is vroeër uit die puin gered. “Ons skakel egter nie die moontlikheid uit dat nog mense onder die puin vasgekeer is nie.”
Minstens sewe mans, wat glo besig was om kabels en metaal te steel, was binne die gebou toe dit ineengestort het. Drie van die sewe kon daarin slaag om te ontsnap en die polisie en nooddienste te ontbied.
Die foto’s is deur @SAR_K9_Unit op Twitter gelaai.
Die gebou voor en na dit ineengestort het: