[Foto’s] Een dood, talle beseer in busongeluk

Paramedici op die toneel. Foto: Verskaf

Paramedici op die toneel. Foto: Verskaf

Een mens is dood en talle beseer toe die bus waarin hulle gery het Saterdagaand tussen Standerton en Secunda omgeslaan het.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê die bestuurder van die bus het omstreeks 20:00 op die R546 beheer oor die voertuig verloor, waarna dit omgeslaan het.

“Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek. Omstanders het egter gesê die bestuurder het glo ʼn ander voertuig probeer verbysteek toe hy beheer verloor en van die pad af gery het,” het Vermaak gesê.

Die bus is op sy kant in ʼn veld langs die pad aangetref. Verskeie insittendes is verspreid buite die bus aangetref.

“ʼn Man is met noodlottige beserings buite die bus aangetref nadat hy tydens die ongeluk uit die bus geslinger is. Ongelukkig kon daar niks vir hom gedoen word nie en hy is op die toneel dood verklaar.”

Altesaam 21 mense het beserings opgedoen wat strek van gering tot matig. Die beserings is meestal skrape en kneusplekke en sommige mense het ook beenbreuke opgedoen.

r564-1

Die bus se wrak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jolanda ·

Verbaas my nie want die busse ry so onverskillig deesdae…En dit is nie eers met net hul lewe wat hul mee speel nie.Ek ry gladnie meer bus nie agv hul roekelose houdings

zoom zoom ·

Taxi Taxi Taxi
Bus Bus Bus
Taxi met Bus
Bus met Taxi
Daar is net nie ‘n dag wat daar nie ‘n ongeluk is waar ‘n Taxi of Bus nie betrokke is ?????

Barend ·

Klink dit nie beter nie om te së “een persoon”, in plaas van “een mens” is dood? Dit hinder my nog altyd.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.