Foto’s: Een dood, twee beseer toe voertuie bots

Foto: @blaisebula_/Twitter

ʼn Vrou is Vrydag dood en minstens twee persone beseer toe verskeie motors op die N1 tussen 14de Laan en Beyers Nauderylaan in Weltevredenpark in Roodepoort, Gauteng gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het omstreeks 12:50 by die toneel opgedaag. “Minstens vyf motors was in die botsing betrokke. Een van die voertuie was in ʼn sloot langs die pad.”

Die liggaam van ʼn vrou het ʼn paar meter weg van haar voertuig in die pad gelê. “Die vrou het veelvoudige beserings opgedoen en sy het geen teken van lewe getoon nie. Paramedici kon nie enigiets verder vir haar doen nie en sy is op die toneel dood verklaar.”

Twee persone is op die toneel behandel. ʼn Man het verskeie beserings opgedoen en was in ʼn kritieke toestand. ʼn Vrou het matige beserings opgedoen. “Die twee persone is op die toneel behandel en na nabygeleë hospitale geneem vir verdere behandeling.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

JohanR ·

‘n Kar is ‘n lekker en nodige iets in SA, maar gooiste hy lyk nie soe lekker as hy opgefrommel is nie!

Cecilia ·

Ja en d spoedvraat wat d hele ongeluk veroorsaak het. Het natuurlik weer ongeskonde weggestap en sal nie eers aangeklae word vir roekelose bestuur of mansslag nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.