Foto’s: Een dood, twee gewond in Sandton-rooftog

Een van die verdagtes wat in hegtenis geneem is Foto: @Ice_Izo, Twitter

Een van die verdagtes wat in hegtenis geneem is Foto: @Ice_Izo, Twitter

Nog ‘n foto volg onderaan die berig. ʼn Gewapende rower is Dinsdag in Sandton, Johannesburg doodgeskiet en twee ander is beseer.

“ʼn Polisiebeampte het omstreeks 13:00 ʼn voertuig opgemerk wat vermoedelik in ʼn gewapende rooftog in Rivoniarylaan gebruik is,” het kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie in Gauteng, gesê.

ʼn Werknemer van Avis is Dinsdagoggend van juwele, drie selfone en kontant beroof.

“Toe die beampte die voertuig wou voorkeer, het die persoon weggejaag en teen verskeie ander voertuie gebots voordat die bestuurder beheer oor die voertuig verloor het,” het Dlamini gesê.

Hy sê een van die mans het op die polisie geskiet terwyl drie ander uit die motor gespring en weggehardloop het.

“Een verdagte is noodlottig gewond tydens die skietery,” het Dlamini bygevoeg. “Twee ander is geskiet en gewond en een is ongedeerd in hegtenis geneem.” Hy sê ʼn polisiebeampte is ook in die skietery beseer. “ʼn Geregtelike doodsondersoek sal geopen word vir die verdagte wat noodlottig gewond is.”

Die drie mans sal aangekla word van poging tot moord, die besit van ongelisensieerde vuurwapens, en die besit van vermoedelik gesteelde goedere.

Die polisie het beslag gelê op drie vuurwapens en een selfoon. -SAPA

Die toneel in Rivoniaweg, Sandton Foto: @Ice_Izo, Twitter

Die toneel in Rivoniaweg, Sandton Foto: @Ice_Izo, Twitter

Een van die verdagtes wat in hegtenis geneem is Foto: @Ice_Izo, Twitter

Een van die verdagtes wat in hegtenis geneem is Foto: @Ice_Izo, Twitter

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ria Maritz ·

Wel gedaan aan die polisie beampte. Knap en oplettend.

Jammer almal van hulle is nie bokveld toe nie !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.