[Foto’s] ‘Een miljoen by nasionale biddag’

It’s Time- nasionale biddag (22 April 2017) Foto: Dr. Michael Mol (Verskaf aan Maroela Media deur die organiseerders)

Daar was glo minstens een miljoen mense Saterdag by Angus Buchan se It’s Time- nasionale biddag op die plaas Wilde Als in Bloemfontein.

“Angus Buchan het gesê God het vir hom gesê hy kan 1 miljoen mense verwag. Hy glo daar was meer as een miljoen mense,” het Merentia van der Vent, woordvoerder van die geleentheid, Sondag aan Maroela Media gesê.

Dit is die grootste interkerklike gebedsbyeenkoms ooit in Suid-Afrika.

Mense van Australië, die Demokratiese Republiek van Kongo, Namibië, Nieu-Seeland en Duitsland het ook die geleentheid bygewoon.

“Vandag was onbeskryflik,” het die organiseerders gesê. “Vader God, al die dank en lof, glorie en eer kom U toe. Vandag sou nie sonder U moontlik gewees het nie.”

Die organiseerders het almal bedank wat die geleentheid bygewoon het. “Baie dankie aan elkeen wat in gebed by ons aangesluit het – plaaslik en in die buiteland. Ons het soveel ongelooflike stories gesien en gehoor.

“Dit eindig nie hier nie. Ons sal steeds vir ons land en sy mense bid, vir veiligheid en beskerming, vir goeie leiers, vir vrede. Suid-Afrika behoort aan Jesus Christus.”

Lees alle vorige berigte oor Angus Buchan op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

123 Kommentare

Louis ·

Ek was daar. Dit was met groot moeite en onkoste maar absoluut die moeite werd.
Dit was ‘n voorreg om so ‘n ontmoeting met die ENIGSTE Lewende God te kon ervaar. Dankie Here dat U met my ontmoet het op 22 April 2017.

Wessel ·

Wat ‘n ongelooflike ondervinding was dit nie. Wanneer Angus “AMEN” sê en die hele skare herhaal dit uit volle bors ego dit terug van die koppies af vir omtrent ‘n sekonde lank. Het nog nooit so ongelooflike byeenkoms bygewoon soos gister nie. DIT WAS LEKKER OM GEEN POLITIEK TE HOOR NIE.

Ange ·

Fantasties om soveel mense bymekaar te sien vergader vir Jesus. Elke gebed word gehoor maar ek stem saam Angus- kry jou huis eers in orde voor jy die wereld wil verander. Maak jou eie saak met Jesus reg, ons kan nie net wil he, he, he maar ons lewe nie vir Hom nie.

Nou moet ons volhard in gebed en die wapenrusting van God aantrek!

Adele ·

Daar WAS 1 milj mense!!! MEER as 1mij!
Die berigskrywer klink maar skepties! Miskien moes hy/sy self gegaan het gister!

Johann ·

Adele? Deur wie en hoe is die getalle gekontroleer? En hoekom gaan dit so erg oor die “magiese miljoen”? Eerste en enigste bewys van Angus se eie ek sindroom? Kyk hoeveel mense was by Angus se dag? Wag nog steeds op n andwoord van Angus en sy onvoorwaardelike ondersteuners: wie is Angus om te se God wil nie meer he ons moet in ons binnekamers en huise bid nie? Wie is Angus om ons kinders voor te se om ons as ouers te vra: waar was julle die dag toe God SA besoek het? En presies WAT en WIE her Angus voor en teen gebid? Of gaan en kan die ANC en Zuma en sy boosheids handpoppe more se…kyk die Christene erken ons as die pag en mag in Sa.want.Angus en sy “miljoen” het vir ons gebid??????????

Michelle ·

Johann, daars nooit gese ϖӐȾ J̶̲̅ÿ nou se nie, inteendeel °̩s gese ons moet elke oggend bid ȇȠ Bybel lees en die dag reg met God begin en afsluit,ȇȠ dis die pa’s se verantwoordelikheid om vir hulle kinders Bybel te lees ȇȠ te bid. J̶̲̅ÿ moes eder self gegaan het as om te wag op hoorse ȇȠ valse stellings. Soek op die internet die gebede daar is ytube videos,ȇȠ mense was daar om God ȇȠ Jesus Christus te aanbind ȇȠ te eer nie Angus b nie. Gaan kyk en soek eers die feite voor J̶̲̅ÿ leuns kom Skrywe. Ȅk◦°self˚° gaan n punt maak om elke oggend vroeer op te staan, want die lewe het n gejaag na wind geword. Mag J̶̲̅ÿ n rustige dag verder he!

WL ·

As daar 1 miljoen mense was is dit absoluut fantasties, maar ek self is ietwat skepties. Ek was nie daar nie maar ek neem aan meeste mense was wit. As mens in ag neem daar is minder as 5 miljoen wit mense is SA, beteken dit 1 uit elke 5 wit mense in die hele SA was daar. Klink net nie heeltemal reg nie.

Knersus D ·

1.7 miljoen … Maar dis irrelevant. God se hand was oorweldigend daar teenwoordig. Die organiseerders het reg gekry wat ek gedink het is onmoontlik en dit is ‘n bewys dat hierdie event nie net toevallig reg geloop het nie.

Hanna ·

Daar was soos ek verstaan defnitief 350 000 karre, en as daar net 2 mense per kar daar was, was daar reeds 700 000 mense, en ek glo daar was in baie karre ten minste 4 mense, en dan was daar nog busse ook…….so ek dink daar was minstens 1 miljoen mense wat almal saam kom bid het vir ons land en sy mense….wonderlik!!!!

Dankbare Suid Afrikaner ·

Mag die Here die miljoen mense genadig wees om die belofte wat Oom Angus namens hulle afgelê het, van geen voorhuwelikse seks en saamslapery en drank misbruik ens na te kom!!!

Coralie ·

PLAAS – Plaas om jou vas te staar deur een sinsnede en jou uit te laat daaroor LUISTER NA DIE VOLLEDIGE BOODSKAP!! Dan kan jy kommentaar lewer.

Michelle ·

“Plaas”- plaas J̶̲̅ÿ saam kom bid het. Voorhuwelikse sex °̩s n groot probleem ȇȠ al die jongmense ϖӐȾ net “saambly”. As mense vir alles moes bid sou ons nou nog daar gewees het.

Jolene ·

Daar is Nie net een sonde waaraan die mense moet werk. Daar was Baie goed genoem!!! En dit het gegaan oor ons land en hoe als eweskielik net reg is. Geen boundaries of reels. Almal maak hulle eie reels. Ons moet saam staan. En Johan jy moes dalk Kom tel het. Want die mens3 war daar was het vir ure die naam van die Here geprys en in hulle eie harte die Here gevoel. Wat jy se of dink Sal dit nooit Kan weg vat van ons af nie. Ek hoop dat jou lewe beter Sal word en jy Sal ontslae raak van die kwaad wat jy dra binne jou.

Adri Kruger ·

Wat ‘n ongelooflike gebeurtenis wanneer mense van alle volke, tale, nasies… saamstaan in geloof dat hierdie wonderlike reënboogland Suid-Afrika aan die Drie-Enige God behoort.

Derek Snyman ·

Ons was daar- en dit was met een woord AWESOME! Of dit een miljoen of meer of minder was, BAIE mense het SAAM gebid en die Here se aangesig gesoek vir almal in ons lands se seen!

Ek glo dat die Here ons land gaan seen!
Dankie oom Angus vir jou gehoorsaamheid aan die Here!!!

AmY ·

Adele, ek stem saam met jou. Ek was ook daar en daar was meer as ‘n miljoen mense gewees. Dit was ‘n absolute belwenis gewees.

Johannes van Rooyen ·

Wat my vreeslik kwel is die mense se negatiwiteit oor Angus
Daar was erg negatiewe mense op fb
Bitter baie se feite is ver van reg af
Dit het my baie bekommerd oor ons toekoms in SA

Willie ·

Johannes, ek dink vele mense wat nie van oom Angus hou nie, hou eintlik nie van die Here nie. Daarom steur ek my nie aan hulle nie.

Oogklappe ·

Dis waar Johannes. Die platform is ongelukkig nie om daar om in diepte n gesprek te voer nie, maar Johann mis die punt totaal. Ons sit reeds met hoeveel kerke want ons kan oor en met niks saamstaan of saamstem nie. Oom Angus “tick” ook nie al my “boxes” nie, maar sy motief is suiwer. Oor die getal mense, interessant wat die reaksie sou wees as net n 100 opgedaag het. Dan sou die getal seker saak gemaak het……Wonder maar net….

madels ·

Ek is so bly dat Oom Angus n baie nederige man is, hy vat ook geen nonsens van die trotse arrogante Afrikaners nie. Hy werk al jare saam met die Afrikaner boere en ken hulle harte. Dit maak my sommer naar dat van die Afrikaners so n siek houding oor Angus het, dit wys ons net ons het nog n baaaaaaaie lang pad van belydenis van sondes wat nog voorle en verandering van harte. Met so n klomp mense kan God nie n land ploeg nie

Knerries ·

Ek is nie ‘n Angus fan nie, maar wat hy gedoen het kom van God. Alles was perfek- geen ongelukke of mediese insidente nie, die weer was perfek en ek het my hart oopgemaak en besef dat God met my is.

Herman Bezuidenhout ·

Oom Angus, well done en dankie vir jou gehoorsaamheid aan God Almagtig. Die liberals is jaloers en die vyand is briesend maar ons Vader het alreeds met Sy planne begin om ons land weer heel te maak. Al die lof en die eer kom Hom toe en Sy goedheid ken geen perke nie. Nou kom die herlewing waarvoor ons so lank voor wag. Dit was n reuse sukses om so baie regverdige Godvresende kinders van God bymekaar te sien. Well done aan elke liewe siel wat betrokke was met die reelings en voorbereidings.

derek snyman ·

Ek stem saam Johan, maar daar gaan altyd doem profete wees, daar was selfs toe Jesus op aarde was!

Hulle sal egter NOOIT Sy stem kan stil maak nie!

Johan Maartens ·

Mense wat daardie dag kritiseer se meer oor daardie persoon as oor daardie dag. Die Here het gevra Christene moet hulle sondes bely, dan sal Hy die land heel maak. Ons het ons deel gedoen. Dit het eintlik nie iets te doen met die mense wat die dag kritiseer nie. Hulle kan net rustig wees en sien hoe ons Here gaan reageer.

Columbiana ·

Wie presies is die volk wat ontwaak? Ek dog die biddag is vir Suid Afrika. Dan moes die nasie mos ontwaak het of hoe.

Scalla ·

Volgens berigte is daar 4 persone dood in n ongeluk by Potch, was oppad terug vanaf Bloemfontein

Maureen ·

En wat n voorbeeld as daar so baie voertuie op die pad was en net 1 ligte ongelukkie. Dit wys dit kan gedoen word met God om jou te beskerm. En nou moet ons begin dankie se vir ala wat God gaan doen. Amen

Pieter ·

Maureen, vier mense het gesterf! Het jy gesien hoe lyk die betrokke motors? En jy noem dit ongevoelig “1 ligte ongelukkie”?? Indien jou familie daar gesterf het, sou jy steeds na “1 ligte ongelukkie” verwys? Jy is aan die naasbestaandes van die oorledenes minstens ‘n verskoning verskuldig… Ons weet hoe groot God se beskermende Genade is en is dankbaar dat daar (sover ons weet) slegs EEN BOTSING was…

Binnekamer ·

Matthew 6:5 En wanneer jy bid, moet jy nie wees soos die geveinsdes nie; want hulle hou daarvan om in die sinagoges en op die hoeke van die strate te staan en bid, om deur die mense gesien te word. Voorwaar Ek sê vir julle dat hulle hul loon weg het.
Matthew 6:6 Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.

goga ·

Binnekamer lees in die bybel hoeveel keer die volk bymekaar gekom het om God te loof en prys en ook om God te vra om hulle van hulle vyande te verlos.. lees die boek en nie net paar versies nie.. hierdie is n bewys dat die mense herken dat God in beheer is en dat hulle. .hulle self verontmoedig voor God

Michelle ·

Ȅk◦°˚° kry mense met al die negatiewe kommentare opreg jammer. Ȅk◦°˚° bid in my binnekamer, ȅk◦°˚° bid in die kerk ȇȠ ekt gebid vir ons land ƁӰ die biddag. Selfs Jesus en die apostels het in publiek gebid ȇȠ om na n geleentheid te gaan om saam te bid was regtig n ondervinding. As J̶̲̅ÿ daar was het J̶̲̅ÿ die reg om iets te se, as J̶̲̅ÿ nie ӸӰ eerder stil dis maklik om kommentaar te lewer ȇȠ te oordeel ȇȠ met die Bybel onder die arm loop. Enige persoon kan skrif gee die hele Bybel °̩s vol skrif. Die kerke °̩s leeg die kroee °̩s vol ȇȠ al ϖӐȾ die mense doen °̩s praat kwaad teen mekaar ȇȠ oordeel. Meeste mense het opreg gegaan om tot God te bid in die naam van Jesus, niemand het op n straathoek gestaan of aandag gesoek nie, dit was bitter warm in die vlaktes sondet enige gerief net vir n gebed ,ϖӐȾ die nie daar was geensins benadeel het nie. Hou op oordeel ȇȠ soek eers die balk in jou eie oog as die splinter in jou naaste. Daar was onder al daardie mense n ongelooflike kalmte ȇȠ optegtheid ȇȠ daar was niks verkeerd om as so n groot menigte saam op ons kniee te gaan ȇȠ te bid Nie.

Tian ·

Maar die Jesus het self gese waar twee of drie in My Naam vergader sal ek daar wees en waar twee saam stem oor n saak so sal dit dan wees. Hou op mor oor wat gister gebeur het. Wat doen jy vir God se saak in die land.

Jan Jooste ·

Ons mag byeenkom en bid. God sê ook waar twee of drie oor ‘n saak saamstem en daaroor bid, sal Hy hoor. Voorspoed.

Tian ·

Maar Jesus het self gese waar twee of drie in My Naam vergader sal ek daar wees en waar twee saam stem oor n saak so sal dit dan wees. Hou op mor oor wat gister gebeur het. Wat doen jy vir God se saak in die land.

Madelene ·

Tydens die bergprediking was daar ook baie mense saam. In die Bybel sê dit ook dat waar twee of meer saambid is God. Onthou Jesus het nie vir die gesonde mense gekom nie…maar vir die wat sonde het. Dis ons eie geld wat ons daarheen vervoer het en ons eie tyd. Maw ons het n afspraak met God gehad…..in te tree vir ons land ons volk onsself. Ons het gebid. Maw hou op om Christene se geloof teen mekaar af te speel en bid in jou binnekamer want jy is sterk. Ander het leiding nodig soos ek om my geloof te versterk. Asb. Asb. Asb. Hou op oordeel…veroordeel…en bid.

Marieks ·

Sien jy die ongetelde skaar?
Wat bring hul tog so bymekaar?
‘n Sagte stem gaan uit die ry:
JESUS van Nasaret gaan verby!

Herman Bezuidenhout ·

Ek sien sommige mense neem n vers uit die Bybel en maak dit hulle eie, lees die Bybel in konteks hoe dit geskryf is nie net een vers nie. Die tyd is so min nou wil julle koukus oor wie nou eintlik reg of verkeerd is, sies vir julle wat die werk van God wil teestaan ek oordeel nie ek is net baie bekommerd oor julle siele, hoe gaan julle eendag voor God staan en antwoord gee hiervoor. Bekeer julle van julle verkeerde wee af en God sal julle vergewe. Die Woord se tog duidelik dat Sy volk hulleself moet verootmoedig voor Hom dan eers sal Hy ons land genees.

vermeende ·

Die skrif se, as jy nie jou gelofte betaal nie dan word jou gelofte jou sonde, dit is baie groot woorde en glo maar ook n belofte. Meer as 1miljoen mense het saam die belofte afgele en nou is julle daar toe gebind. Nou sal ons gelouter word want ons kerke preek van daai punte in die belofte goed en dit het die norm in ons land geword.
Mag God ons genadig wees vir ons dwaasheid.

Mel ·

Dis nou amazing grace, ek dink di van ons wat ni daar kon wees ni en wel daar was in Gees sal ontelbaar wees!

Stefan ·

Volgens foto’s dalk nader aan 100 000 mense, maar maar dit werklik saak? Dis steeds ñ goeie opkoms deur mense met goeie intensies.

Big daddy ·

100000 mense? Ai tog ek kan net lag. Was jy daar? Miskien is dit beter om stil te bly. Memse mag dalk net dink jy tel soos zuma.

Johan ·

Ek wonder of mense weet hoeveel plek vat 1 miljoen? As jy elkeen 1×1.2m spasie gee sonder gange en oop areas is dit 120Ha 1200 000vkm. As jy gange en oop spasies toelaat van 5m per 100m afstand verhoog die area na 255Ha of nagenoeg 1.7×1.5km gevul met mense en 10 gange van 5 meter ritmies. Wil iemand steeds beweer daar was 1 Miljoen?

Fudge ·

Verootmoedig onsself voor die Here…..en dan buig ons knieë en ons bely met ons tong, dat JESUS is Koning, ek dank my Skepper vir die voorreg om Sy biddag te kon bywoon, dié wat dit nie kon bywoon, baie baie dankie vir jul gebede deurentyd, daarom was baie meer as 1mil veilig en geborge, dit was julle opdrag direk van ons Here, alles deel van Sy groter Plan…

Boer ·

Aan Plaas en binnekamer, Plaas, as jou huis nie in orde is nie en jy leef buite die wet van die Here, hoekom moet hy jou help met die land se probleme om die lewe vir jou lekker te maak, ek het teee kinders op universiteit en kom ek vertel jou dit is skokkend hoe die kinders leef, aan binnekamer, om gister te kon beleef was ongelooflik, ek waarborg jou daar is baie mense wat se lewens sal verander omdat hulle net vir n slag moes hoor wat belangrik is, sê die Bybel nie gaan uit en verkondig my woord op die straat hoeke nie? Hou op om te kritiseer en vra om vergifnis vir julle kortsigtigheid, ek oordeel julle nie maar wel julle dade, ek is nie skaam om te sê ek aanbid die drie enige God nie en ek sal enige geleendheid bywoon waar ek kan as dit oor ons God handel.

Yvonne ·

Ek was daar, maar maak nie van my n beter mens nie. Die wat tuis was, dit maak jul ook nie n beter mens nie. Alles gaan oor jou gesindheid en hoe jy wil leef. Alles begin by jou….deur Sy genade en krag natuurlik. Al is een mens geraak die naweek. Net een. Is God verheug.

Fudge ·

Plaas…ek wil graag beklemtoon, dit is juis agv die Christene wat afgedwaal het (geskiedenis herhaal homself) dat hiérdie biddag gebeur het, dit gaan nie oor waarvoor nié gebid is nie, maar juis om ons te herinner aan ons dwalinge, ONS moét eers dit regmaak, herstel, presies dit alles wat ons Skepper gister hard en duidelik gesê het, en dis alles in ons Bybels vervat, maw teruggaan na ons Here….weer Hom 1ste in ons lewe stel, en dan, en dan alleenlik sal ons voorspoed en nie teëspoed hê.

Lena Jonk ·

Hier in NZ was ook n byeenkoms asook duisende mense in Austr op verskillende plekke. Ons dien n Almagtige God en ons weet dit sal weer goed gaan in my geliefde land.

madels ·

Ek en my man en 2 van my.kinders kon hierdie ongelooflike byeenkoms bywoon. Dit was soooo spesiaal! Die Here se teenwoordigheid was so kosbaar. Ek dank ons Here Jesus dat Angus Buchan bereid was om hierdie besonderse gebedsdag te kon lei. Dankie vir elkeen wat betrokke was met die organisering van die groot gebeurtenis. Alles het so vlot afgeloop, dan besef n mens net weer dat net God kon alles so vlot laat gebeur. Ek glo dinge gaan verander na hierdie dag. God sal vir ons as n hele land genadig wees

Annemarie ·

Ek was betrokke by die venue. Die organiseerders het bevestig dat daar 700 000 plus mense was op die gronde. Wat freakin ongelooflik is. Almal wat negatiewe kommentaar plaas, hou asb op. Wat pla dit jou as ons dit ervaar het en gebid het? Sal dit iets van jou wegvat? Niks skade is gedoen nie.

Hein ·

Aan Johan
Dis jou gelukkige dag, jy hoef nerens te gaan om die getalle te verifieer nie, bly op jou stoel sit en soek net op twitter met #bloemfontein of #itstime of facebook en jy sal gou gou fotos v d dag kry, en begin die mense tel wat op die foto’s is, dan kan jy mos sommer eerste hands tel hoeveel daar was dan hoef jy nie op iemand anders se verifikasie staat te maak nie, en dan laat weet jy ons hoeveel……

Amelia ·

God het gesè maak reg vir 1 miljoen. Hy maak nie foute nie. Ek glo daar was 1 miljoen plus. Dit gaan oor soveel mense wat die moeite gedoen het om in eenheid God te aanbid en wat saam vir SA kon intree.

oumie ·

Nou moet ons saamstaan dat Godsdiens weer in ons skole terug ingestel word dit SAL n wondelike dag wees daai want dit is waar dit moet wortel skiet by ons kinders Amen

Michelle ·

Amen. ȇȠ dat elkeen weer elke dag God se woord sal lees ȇȠ Hom sal soek. Begin die dag ȇȠ eindig die dag reg.

Johan ·

Nee. Dit moet in jou huis wortels skiet. Dan by jou Kerk en dan jou skool.

Michelle ·

Dis waar jou verwarring inkom Johan,J̶̲̅ÿ was nie daar nie! Daars voor gebid dat skrifleesing ȇȠ gebed weer in skole sal gebeur. Dit moet natuurlik ƁӰ die huis begin.

Gert ·

Mense wees bly oor die negatiewe kommentaar. Dis die duiwel wat bang raak en sy mense gebruik om ons te ontspoor.

Lea ·

Alle Eer aan God die Vader. Die Seun en Heiligdom Gees. Wat maak dit saak oor presies hoeveel mense daar was. God het gese. Waar twee of drie verander daar is EK teenwoordig. Ek Glo in wat my BYBEL my se. Ons moet eers die balk uit ons eie oe haal voor ons die splinters in n ander se oog soek. Dankie Vader vir wat U vir ons mense, kinders van die toekoms en ons Land gaan doen. AMEN. Laat dit so wees….. Dankie aan Oom Angus wat die moed gehad het om op stefan staan. Ander kon die nie doen. Op jou ouderdom is dit n Wonderwerk van God om die reelings in so n kort tydjie deur te voer. En so n sukkel te maak. As mens al die ander mense wat saamgebid het wat nie daar kon wees is daar baie meer as een Miljoen mense.. ALLE EER AAN ONSE GOD, die SEUN. EN HEILIGE GEES.

Rina Namibie ·

Ek was nie by die biddag nie maar weet dat daar n belofte in God se Woord is wat se as ons ons verootmoedig en terugkeer na God sal Hy!!!!!ons land herstel. Onthou die profete was ooj nie gewilde mense nie. Hulle ht net gese wat God vr die volg gese het. Nou kom ons bid nou saam en dank God dat Sy belofte waar sal word. Prys ons Verlosser. Ameb

H.R. ·

Wens net mense wil ophou vingers wys en te kla oor goed net omdat hul eerders moet help bid, as om moeilikheid te soek. Angus suig nie goed uit sy duim, en kies sommer net enige ding om oor te praat en bid nie, Angus bid en verkondig slegs wat God aan hom bekend maak waaroor hy moet woord lewer. Al die goed waaroot Angus gister gepraat het, gee als aanleiding aan die moeilikheid in ons land. Kry eers al daai goed in plek, dan sal die res volg. Dis wat God wil hê en van ons verwag, nie Angus nie, SLEGS GOD. Hou op om na ander te kyk en begin eerw by jouself.

Henk Vorster ·

Ek wil bevestig, Angus se Jesus het aan hom verskyn. Jammer kan nie daarmee saamstem nie. Ek voel ons is besig om God te tart. Net soos wat ons moet luister na mense wat God se Woord verkondig moet ons ook weet wie dwaalleraars is. Angus kan nie beloftes namens ons maak nie. Hy kan ook nie die opmerking maak dat ons nie meer kan bid nie, Wie is Angus om te se dat mense moet kom daar sal genesing plaasvind, Dit is altyd vir my interressant dat mense praat van die krag van genesing wat God wel kan doen. Ek wil he sulke mense moet hospital toe gaan en mense wat baie siek is daar gaan genees. God kan met of sonder iemand se hulp mense genees, God is nie beperk tot samekomste om mense te genees. Dan beperk ons God. As ek in my binnekamer bid het my gebed net soveel krag. God is groot en Hy kan alles doen en daarom moet ons versigtig wat ons as mense se en doen. Laaste ding, daar is nie meer profete nie, Johannes was die laaste profeet. Nou praar God met elkeen van ons en het ons nie nodig om deur n kastige profeet die boodskap te kry nie.Wat was die werklike getalle

Lea ·

Alle Eer aan God die Vader. Die Seun en Heilige Gees. Wat maak dit saak oor presies hoeveel mense daar was. God het gese. Waar twee of drie vergader daar is EK teenwoordig. Ek Glo in wat my BYBEL my se. Ons moet eers die balk uit ons eie oe haal voor ons die splinters in n ander se oog soek. Dankie Vader vir wat U vir ons mense, kinders van die toekoms en ons Land gaan doen. AMEN. Laat dit so wees….. Dankie aan Oom Angus wat die moed gehad het om op te staan. Ander kon die nie doen. Op jou ouderdom is dit n Wonderwerk van God om die reelings in so n kort tydjie deur te voer. En so n sukses daarvan te maak. As mens al die ander mense wat saamgebid het wat nie daar kon wees, was daar baie meer as een Miljoen mense wat in gebed was gister. ALLE EER AAN ONSE GOD, die SEUN. EN HEILIGE GEES.

Michelle ·

Johan, dit gaan nie oor Angus nie. , ȇȠ ȅk◦°˚° glo nie in mense nie maar in God. Nie een woord ϖӐȾ gese °̩s, was in teenstelling met die Bybel nie. Die mense het gebid vir n Godvresende regering, daars hard gepraat oor tyd saam met God elke dag, skriflesing ȇȠ gebed. °̩s dit verkeerd? Ȅk◦°˚° kan nie insien dat J̶̲̅ÿ kyk na die een ϖӐȾ die dag gelei het ȇȠ nie na God of waaroor gepreek en gebid is nie,ȇȠ dat mense tyd gemaak het om te gaan bid eerder as om laat te slaap, rugby te kyk, sport te speel ens.Dit waarvoor gebid ȇȠ oor gepraat °̩s, °̩s alles inlyn met die Bybel.kyk eerder waarvoor gebid °̩s of dit inlyn °̩s met die woord van God. Alle eer °̩s na God ȇȠ Jesus Christus toe, as J̶̲̅ÿ daar was sou J̶̲̅ÿ dit weet ȇȠ nie verkeerde afleidings gemaak het nie. Vir my om net weer te besef hoe belangrik dit is om elke dag met skrifleesing ȇȠ gebed te begin ȇȠ af te sluit, °̩s genoeg rede vir my om dankbaar te wees dat ȅk◦°˚° daar was. Want ȅk◦°˚° sluit die dag reg af maar begin dit nie altyd reg nie ȇȠ as halfte van die mense ϖӐȾ daar was dit oOk doen , dink J̶̲̅ÿ nie dis God se wil nie? ϖӐȾ het dit met angus te doen?

Rina Namibie ·

Ek was nie by die biddag nie maar weet dat daar n belofte in God se Woord is wat se as ons ons verootmoedig en terugkeer na God sal Hy!!!!!ons land herstel. Onthou die profete was ookj nie gewilde mense nie. Hulle ht net gese wat God vr die volk gese het. Nou kom ons bid nou saam en dank God dat Sy belofte waar sal word. Prys ons Verlosser. Amen

Violet ·

Die mense wat so negatief is oor Angus se byeen koms hoekom het julle nie gegaan en gaan luister wat daar gebeur het nie dan kon julle kometaar gelewer het, as jy nie daar was nie bly liewers stil en hou jou kometaar vir jou self.

magda ·

Ek wonder die mense wat so negatiewe kritiek lewer…..lees julle die dagstukkie en bid of skryf jy net kritiek…..ons was daar dis awesome…..ons wat daar was vat jou volgende keer saam……lewer sommer vroeg kritiek oor die volgende byeenkoms en ons wys jou hoe verander die Here jou…..jy gaan sien hoe baie gaan jou dan liefhe…..Prys die Here…..

Alida ·

As daar van die lesers is wat kerm oor getalle wat maak dit saak en die een wat kla oor die een ongeluk. Liewe hemel hoeveel is dood oppad Moria toe. As jy niks het om te se nie bly stil asb.

Ange ·

Laat die spotters maar spot, die ongelowiges maar kritiseer – ons lewe nie vir hulle nie, ons lewe vir ons Hemelse Vader! Jesus is Koning en elke knie sal nog buig, ek sien so uit na daai dag!

Katje ·

Mag ek vra? Die wat daar was het dit vir jou gegaan om deel te wees van die getal 1 miljoen.? Het jy gegaan omdat jy die behoefte gehad het om in eerbied saam te gaan bid? Hoe voel jy vanoggend? Groot of nederig? Het jy jou sondes by die voet van die 3 kruise agter gelos of het dit saam met jou huistoe gekom. Want dit my vriend/vriendin in Jesus is die verskil wat gister tussen vandag en more gaan wees. Onse God is n jaloerse God. Hy wil elkedag Sy kind sien neer kniel en Hom dien. Elke dag moet jy in Sy teenwoordigheid needrig en stil raak. Ons regering skiet ver tekort aan dit wat God van leiers verwag.

Johan v H ·

Ek is bly om te sien mense het soveel sieninge… Maar jy wat uit jou rus bank oordeel? Wat het jy onlangs gedoen…? Wens ek kon daar wees…

Jolene ·

Ai toggie julle!!!As jy ongelowig is en nie glo dat daar 1000 000 mense was Dan moet jy dalk weer na al die fotos kyk. Mens Kan mos duidelik sien dat daar meer as 1000 000 mense was. En as jy daar was sou jy sien hoe Baie mense in een so hoekie by mekaar gesit het.Dit lyk minder van bo maar jy sou verstaan het as jy daar was.Eks seker as dit saak gemaak het sou hul iewers almal probeer tag of tel het.Dit gaan nie daaroor nie.Hoeveel mense het van oral af gekom om vir ons land te bid? Dis meer as wat julle wat so sit en seker heeldag Kla oor die land en Niks Doen om dit te verander Kan se.En vir die mense wat glo en gevoel het die Here het in ons gewerk,moenie nou weer negatief raak oor ander se comments nie.Jy werk aan jouself en Verkondig die woord van die Here.Doen als wat jy doen met liefde al kry jy kritiek van Alle Kante af.(bid Sommer vir hulle ook)As jy weer by nagatiwiteit betrokke raak was gister vir jou ook Niks werd.verander jou eie lewe en bid vir ons land en help mense wat jou hulp nodig het en die wat wil kritiseer Sal self Voor die Here staan. Kom ons begin ons nuwe begin en Glo in die woord van die Here. Onthou “There is power in the name of Jesus”

Lampie ·

Wie is jy wat oordeel weet jy nie dat GOD alleen sal oordeel nie. Die mens wat oordeel sal deur GOD geoordeel word. Hierdie is in elk geval nie nodig nie en is swak kommentaar.

Marie ·

Iemand het laat val dat Angus het gese die 16de Des wat ons gelofte dag is …is time expired… is dit waar?

Lassie ·

Marie, jy leen jou ore uit aan nonsens. Ek was daar en hy het nooit so iets genoem nie. Gaan eerder jou feite na voor jy so iets publiseer.

Adri ·

Wonderlik! Ek bid elke dag van my lewe in my gebedsuur vir al hierdie dinge waarvoor die omie en die miljoene glo gebid het. Ek glo en vertrou dat ek voortaan elke dag kan aanneem dat daar meer as ‘n miljoen mense saam met my bid. Of dalk nie?

Liezie ·

Die ITS TIME byeenkoms was n bo-natuurlike gebeurtenis.
Wat dit nog meer ‘divine’ maak is die feit dat die getalle reeds en steeds gaan klim na baie meer as 1 miljoen of selfs 5miljoen. Tegnologie gaan maak dat biljoene die dag gaan meeleef. Videomateriaal gaan gebruik word deur meeste van die miljoen gelowiges wat gister daar was om dit in hul betrokke gemeenskappe, aan die wat wou gaan maar nie kon, en die wat kon gaan maar nie wou, te vertoon. Dieselfde bonatuurlike krag van die getroue Heilige Gees wat ook gister teenwoordig was gaan deur evangeliste, predikers ,sendelinge en gelowiges werk.

Hanlie Visser ·

Amen !!Herlewing is besig om te gebeur in SA, mense word wakker en erken dat Jesus opgestaan het en Hy leef!!! Jesus is die Weg, die Waarheid en die Lewe wie in Hom glo sal vir altyd leef.

F ·

Net dit. Dit kan net die Here wees wat soveel mense bymekaar kon bring. Maak nie saak of 1milj. of 700000. Geen ander byeenkoms in ons land kon dit nog regkry nie.
So dit is onweerlegbare bewys wie is in beheer. SLEGS GOD

Leon ·

Elke keer sedert saterdag as ek aan die mense, die saambid, die hand vat, die groet mekaar oomblikke dnink van Saterdag, stoot die trane weer op in my oë, en besef ek dat dit nie saak maak hoeveel mense daar was nie, ek was een van hulle! Ek kon boeke vol redes kry waarom ek en my vrou nie wou gaan nie, maar ons het besluit om te gaan. As ek lees oor die wondere wat vooraf gegaan het, van die begin van die reëlings tot en met gister wat ons vertrek het, was dit niks as as GOD se hand wat oor dit alles gewaak het.
Ek veroordeel niemand nie, maar gaan kyk hoe lyk dit na ‘n sport byeenkoms in ons stadiums, erger as vullishope…………..maar ons sê ons is trotse sport geesdriftiges. Gister-oggend met ons vertrek was daar nie ‘n papiertjie in sig…en dit omdat daar net een keer gevra is om die plaas en omgewing skoon te maak. So, die wat so wil afbreek en preek, 700 000 of ‘n miljoen, het ‘n verskil gemaak en bewys!

Boland ·

Dis was ongelooflik.My trane het bly rol.Aan almal wat negatief is oor SA, but God will help SA.

Cathy ·

Moenie van mekaar kwaad praat nie, broers. Hy wat van sy broer kwaad praat of sy broer veroordeel, praat kwaad van die wet en veroordeel die wet. En as jy die wet veroordeel, handel jy nie meer volgens die wet nie, maar speel jy regter daaroor. Daar is egter maar een Wetgewer en Regter, en dit is Hy wat die mag het om te red en te verdelg. Maar jy, wie is jy om regter te speel oor jou naaste. Jak.4:11-12

Johannes het toe vir Hom gesê: “Here, ons het iemand gesien wat in u Naam duiwels uitdrywe. Ons het hom probeer keer, omdat hy ons nie volg nie.”
“Moet hom nie keer nie,” sê Jesus, “want daar is niemand wat n kragtige daad in my Naam sal doen en net daarna minagtend van My sal kan praat nie. Wie nie téén ons is nie, is vir ons. Markus 9:38 -40

Mag die Here ons red van onsself. Ek wens ek kon daar wees. Ons lewe in n tyd wat ons as volk die Here so nodig het, maar deur ons wraaksug en haat gun ons die son nie oor ons mense skyn nie. Elkeen van ons (hier praat ek ook met myself) moet hand in eie boesem steek en ons sondes voor ons Vader bely. Die wêreld haat die Christene, is dit dan nodig dat ons mekaar haat. Ek vra maar net.

Frieda ·

Marieks dit is die mooiste woorde ooit wat jy aangehaal het en tref ook die diepste!!

Boer ·

Dit is vir my lekker om vanoggend te sien hoeveel kommentaar gelewer is, positief of negatief, dit wys dit raak almal aan. Die ouens wat negatiewe kommentaar lewer en so gepla is oor getalle, wanneer jy op iticket jou kaartjie wou kry moes jy bevestig hoeveel mense in die voertuig sou saam ry. Toe my vrou myne bespreek het dit gewys dat daar alreeds 1740 000 mense sou gaan maar dit beteken nie almal het gegaan nie , maar net n opmerking oor die getalle. Wat maak die getalle tog so saak? Ek sien myself as n Christen en ek wil net n menslike vraag vra as n ouer, as jou kind voor jou op sy knieë kom staan en jou vra om hom te vergewe vir dit wat hy verkeerd gedoen het, gaan jy jou rug op daardie kind draai?

Akram ·

Mense, maak dit werlik saak hoevl daar was? Die feit is dat daar n massa mense was wat saam gestaan het. 100 of n 1000 000, maak nie saak nie. Dis die boodskap wat tel. Ek hoop net dat ons in die toekoms oor ander sake ook so sal saamstaan. Dit het nie gegaan oor die getalle nie. Pryse is nie uitgedeel vir die 1e of laaste ene nie.

Suzette ·

Maak nie saak of daar een…..’n honderd of ‘n miljoen was nie. God is aangeroep , want ons as volk het Hom nodig. Amen

Tricks ·

Ek vra dat ons nie die mense moet aan vat oor die event Its Time wat negetiewe kometaar lewer nie.Maar eeder om vir hulle n goeie woord te gee.Die mense het hulp nodig want hulle verstaan net hulle self.Mense dit was n biddag saam Jesus oom Angus het ons net gelei soos Moses en dit was awesome.

Ljl ·

Michelle dankie vir jou mooi kommentaar,ek dink johan wil net moeilik wees.Dankie almal vir Saterdag en mag Jesus altyd in julle harte wees,lief vir julle.

GPC ·

Getalle maak nie regtig saak nie. “Waar 2 of meer in My naam vergader, daar sal ek wees” Die nommer is net om te wys dat mense nog omgee vir ons land, and dat ons lief is vir ons land. En mense van alle kleur en kulture was daar, want almal gee om vir ons land. Dit was ‘n belewenis, te groot om werklik die ware atmosfeer te beskryf. Mense wat logies probeer redeneer, hoe lank dink julle sal mens moet voorberei vir so ‘n geleentheid sonder struikelblokke? Ek hoor ook “Vals profeet” Ek glo dat geen “Vals profeet” so ‘n groot uitdraai van mense sou kry nie. Emosies sal nie so baie wees nie, wonderwerke sal nie gebeur nie. Daar was baie mense, en wonderwerke het gebeur. Om dit op te noem sal die “ongelowige” nie oortuig nie, jy moet daar wees om sien en hoor hoe dit gebeur, want in die ongelowige se oe, “sien is glo” Dit is hoekom almal welkom welkom was, daar was geen “paspoort beheer” oor wat jy glo, of wat jou opinie is nie, almal was welkom. Noag is ook uitgelag en veroordeel deur die gelowige. Noag “lived to tell the tale” almal is bekend met wat daar gebeur het. Die “vloede” wat kom is reeds sigbaar in ons land, dis hoekom om vergifnis gebid het, en dat ons leiers “Godelike” inspirasie in hul besluite moet kry. Dis ook nie ‘n “towerstafie” oomblik nie, dinge gebeur met tyd soos ons daarvoor gaan bid.

Doenit ·

Ek dink dit is goed dat almal saamtrek die bedoeling is reg. Maar dit is in almal se hande om aksie te neem voor dinge gaan verander. Om in n veld te staan in bid gaan nie probleme reg maak nie dit sal jou dalk lyding gee en jy sal helderheid kry oor wat dit is wat jy moet doen maar daar sal aksie geneem word,

Johann Marx ·

Verstaan nie die bohaai oor getalle nie? Die Zioniste trek elke paasnaweek amper 2 miljoen mense by Moria bymekaar…..so what?

Uvonka ·

Ek kon dit ongelukkig nie bywoon nie maar kry hoendervleis deur net na die foto’s te kyk. WOW so baie mense wat opgedaag het vir so ‘n goeie doel.

ANETTE ·

Die HERE IS GROOT ! Ongeag die mens wat graag groter wil wees. Ek weet HY LEEF !
Dankie vir mense soos oom Angus wat opstaan in hierdie tyd waar die Mens groot wil wees, en nie wil erken ons is NIKS.
Ek erken GOD as my Redder en my Beskikker van ALLES wat ek het. HY alleen is ons voorsiener. Bring jou kant en HY sal vir jou sorg…..soos vir die diere van die veld.
Dankie aan elkeen wat daagliks DIE WOORD laat lewe in hierdie klein wereld van ons as niks seggende mense.
GOD IS GROOT, SY GOEDHEID TOT IN EWIGHEID……HY SAL VIR MY SORG EN HET NOG NET ALTYD ….AMEN

Susan ·

Die hoeveelheid van mense maak nie saak nie, ek is trots daarop dat daar so baie van ons hierdie spesiale diens bygewoon het. Dit is net wonderlik. Dit was nie net daar nie, maar by baie ander kerke het massa mense opgedaar. Dank die Liewe Vader daarvoor.

Boerseun ·

Het Oom Angus gesê daar sal ‘n miljoen mense op Wilde-als wees net soos daar ‘n miljoen Israeliete by Sinaï was? Weet Oom Angus dat daar geen teken is dat die Israeliete ooit in Egipte of die Sinaïwoestyn was nie? Ek dink sy ander feite is net so verkeerd.

Willem ·

BUT GOD?

Boerseun is reg, daar is geen bewyse ooit gevind nie. Nes daar geen oorspronklike manuskripte is vir die nuwe testament nie

Carel ·

Ek is geleer as jy nie iets goeds van iemand kan sê nie bly eerder stil
Dankie Angus vir n fantastiese byeenkoms

*M* ·

Net omdat jy iets kan sê beteken nie jy hoef nie…as jy nie van oom Angus hou nie dan is dit rerig jou probleem! Ek en ‘n klomp van my familie was daar en dit was Great, ek hoop so iets word weer gehou…ek het gekry waarna ek gesoek het (nie deur Angus of die KLOMP mense wat daar was nie) maar deur God! Ek hoop almal wat daar was gaan daagliks daardie klomp goed waarvoor ons gebid het rerig te harte vat laat ons hierdie land weer kan reg ruk!

Coenraad ·

Wat maak die getal saak? of dit nou 10 mense was of 1 mil ons het ‘n ontmoeting met GOD gehad

Tessa Burger ·

Ek was bevoorreg genoeg om die byeenkoms by te woon. Dit was ‘n stap van gehoorsaamheid aan ‘n lewende God. Angus was net die seremoniemeester(ook ‘n erg gehoorsame man aan die oproep) Die mense van Bloem was awsome en aan al die mense wat te perd, te voet bus, motor, motorfiets en die lanies met choppers en vliegtuie-Baie dankie dat julle ook gehoorsaam was. Voorwaar ‘n geskiedkundige gebeurtenis. Ons dank Vader vir sy beskerming en sy gewilligheid om ons te hoor en beslis te seen. Mag hierdie nie net ‘n eenmalige gebeurtenis wees nie.
BAIE LIEFDE EN ONS VADER SE RYKSTE SEEN

Paul ·

Die absolute minimum spasie wat ʼn mens in ʼn skare kan opneem is 0.23 vierkante meter. Met mense so dig gepak, beteken dit basies dat almal so styf teen mekaar vasgedruk is dat hulle omtrent nie eers kan asemhaal nie. Teen hierdie maksimumdigtheid is daar dus 230 000 vierkante meter nodig om 1 miljoen mense in te pas.
Dit is dus sowat 23 standaard rugbyvelde van 144 meter by 70 meter wat nodig is om 1 miljoen mense so styf in te pak as wat moontlik is. Dit is sowat 23 hektaar.

Die skare was egter duidelik nie naastenby so styf ingepak nie, wat beteken dat elke mens minstens 0.5 vierkante meter sou benodig het, waarskynlik meer soos 1 vierkante meter, want 0.5 vierkante meter gee steeds vir jou omtrent slegs ʼn halwe liniaallengte tussen jou en ander mense om jou, veels te naby vir gemak.
Maar as mens werk op 0.5 vierkante meter, is 50 hektaar nodig, en op 1 vierkante meter, 100 hektaar. Om dit te visualiseer, dis omtrent die area tussen 1ste Laan Parfitt, Park en Nelson Mandela in Bloemfontein se grootte. Of in Centurion, van Jeanlaan tot by die rivier, tussen Rabiestraat en Lenchen.
Dis massiewe areas. Dis moeilik om te sien hoe groot die area is daar waar die saamtrek was wat vol mense was, maar was dit 100 hektaar?

Frans C ·

Dit gaan nooit oor getalle nie.Gideon het die onmoontlike met 300 man vermag.

Hein ·

GOEIE NUUS:

vir die wat stry oor of dit n miljoen mense was of nie:

n Twitter Tweet van ” @TBNinAfrica” sê dat hulle die bid dag binne die volgende twee weke op DSTV Kanaal 343 gaan uitsaai, so dan gaan jy jou kans kry om daarna te kyk en te kan tel hoeveel mense daar was, (want as jy stry oor die getalle maak die ‘bid’ deel waarskynlik nie vir jou saak nie).
( jy kan natuurlik ook begin om die mense te tel wat op die fotos is wat op die lnternet rondgaan van die gebeurtenis, ek is seker die mense sal jou help met n hoë resolusie foto :) )

Die GOEIE NUUS vir die wat nie daar was nie, maar belang gestel het, sal dan kan luister / kyk na wat daar gebeur het.

Amelia ·

Dis vir my so snaaks dat al die negatiewe kommentaar oor predikers altyd van ander Christene kom. Die duiwel hoef niks te doen ons breek sommer self God se werk af. Is jy nie bang jy is verkeerd en kritiseer God en Heilige Gees se werk en gesalfdes nie? Bly liewer stil as wat jy vir jouself lat pluk! Paulus self het gesè: die wat nie teen ons is is vir ons!! God het Angus gebruik om baie mense saam te laat bid. Hoe kan so iets ooit sleg wees en nie tot eer van God nie?

Wie se ·

Dankie Amelia, mooi gese. Ons getroue God ken elke een se hart en slegs Hy sal oordeel. Sommige wil klippe gooi na Angus toe….wat van die sondaars wat daar by die byeenkoms was? Sommige oordeel asof hul engele is…..maar nee, oordeel, oordeel , oordeel….my genade leer die mens tog nie! Angus het die mense (watter getal ookal) bymekaar gebring. Dit moes sekerlik God se hart blygemaak het.

Sharon ·

Moet nie dat die vyand van julle roof nie. Luister en wees gehoorsaam. Die Vader kan Homself verdedig. Weerhou julle om teen die wat wil afbreek, uit te vaar. God kan Homself verdedig. Deur stil te bly, beteken nie dat jy God verloon nie. Ek wou bitter graag daar wees maar kon nie. Die wat oordeel en kerm is soos een klippie in ‘n leë blik. Hulle hou van die klank wat ‘n hol geluid maak.

Janneman ·

Die duiwel is lustig…kyk net hoe probeer hy onmin saai tussen ons Christene wat God gaan prys en vereer het en die wat nie “saamstem” of glo nie….dis net n bewys dat die duiwel bang is vir God.Alle eer aan Hom,ons God en Vader.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.