Foto’s: Een sterf in tragiese Bloem-ongeluk

Foto:  ER24 Bloemfontein

Foto: ER24 Bloemfontein

Nog foto’s volg onderaan die berig. Een man is Sondagoggend dood en drie ander beseer in ʼn enkelvoertuigbotsing in Bloemfontein.

“Die ongeluk het in Curielaan plaasgevind,” het Luyanda Majija, woordvoerder vir ER24, in ʼn verklaring gesê. “Die man, in sy vroeë 20s, het vermoedelik aan sy ernstige inwendige beserings beswyk. Drie mans, ook in hul 20s, was saam met hom in die motor. Een is kritiek beseer en twee het matige beserings opgedoen.”

Die oorlewendes is op die toneel gestabiliseer voordat hulle na nabygeleë hospitale geneem is vir verdere behandeling.

“Die voertuig se enjin is tydens die impak uitgeruk,” het Majija bygevoeg. “Die voertuig het ʼn sementblok getref wat as afskorting op die pad dien.

Plaaslike owerhede ondersoek die ongeluk.

Foto:  ER24 Bloemfontein

Foto: ER24 Bloemfontein

Foto:  ER24 Bloemfontein

Foto: ER24 Bloemfontein

Foto:  ER24 Bloemfontein

Foto: ER24 Bloemfontein

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

alet ·

More.ai man dis so tragies om te hoor en lees van al die ongelukke op ons paaie,wonder hoekom die duiwel so lustig is,my hart kry so seer elke keer as ek so iets lees of hoor.lekker dag

RUDIE LIEBENBERG ·

Ek kan dit nie glo dat die Mangaung Munisipaliteit tot nou toe nog nie plan gemaak het om die Skoubrug in Curielaan en DeBruinstraat in Universitas nie beveilig het teen spoedvrate nie… My broer se seun was vandag, 2jaar gelede in n motorongeluk in DeBruin Straat en is die 12de Maart oorlede. Hy het nie self die voeruig bestuur wat in die ongeluk betrokke was nie… Is dit so moeilik om Spoedwalle te gooi en motoriste net eenvoudig te dwing om stadiger te ry? Hou op geld MORS op onbenullighede en doen iets omtrent die 2 paaie!!!!!

Maud ·

Rerig PHILISIA???? ‘Dis goed die drywer is oorlede’???? Ek lees seker verkeerd ….. Mag die Liewe Vader jou genadig wees sodat jy nooit die pyn van die oorlede persoon se ouers en familie sal ervaar nie :(

natalie ·

@philisia… sies!!! Delete eerder jo kommentaar, want watter tipe mens verlekker hul in ander se ongeluk en/of hartseer???!??? Ek in elk geval kan nie glo dat jy self nog nooit die spoedgrens oorskry het nie!!

Nauda Dreyer ·

Ek het jare lank in Bloemfontein gewoon en daagliks oor die skoubrug in Curielaan gery. Daar is absoluut niks met die brug verkeerd nie – die oorsaak is die bestuurders wat te vinnig ry!!!

Elize ·

Philisia jy weet duidelik nie wat jy kwyt raak nie. Ongeag die rede vir die ongeluk was dit nogsteeds iemand se kind. Baie bly om te sien dat jy so foutloos en volmaak is – skaam jou! Wonder wat jy sou se as dit iemand na aan jou was.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.