Foto’s: Een sterf in trompop botsing met trok

Die wrak van die motor. Foto's: Netcare 911

Die wrak van die motor. Foto’s: Netcare 911

‘n Man is Woensdag dood nadat ʼn motor en ʼn vragmotor mekaar naby Vereeniging in Gauteng reg van voor getref het.

Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het op die R54-pad plaasgevind. “Die bestuurder van die motor was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Steinmann gesê. “Die man se liggaam was in die motor vasgekeer en moes deur die brandweer uit die wrak gesny word.”

Die bestuurder van die vragmotor het matige beserings opgedoen. Hy is op die toneel behandel waarna hy na ʼn hospitaal geneem is vir verdere behandeling en waarneming.

Die oorsaak van die ongeluk is onbekend en word deur die polisie ondersoek.

netcare 911 vereeniging ongeluk (1)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.