Foto’s: Een sterf ná trok in Jhb-huis inploeg

'n Gedeelte van die huis is heeltemal verwoes. Foto: ER24

‘n Gedeelte van die huis is heeltemal verwoes. Foto: ER24

ʼn Man is dood nadat ʼn swaarvoertuig Donderdag in ʼn huis in Johannesburg ingeploeg het.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê ʼn gedeelte van die huis in South Hills is heeltemal verwoes.

“Die vragmotorbestuurder het beheer oor die swaarvoertuig verloor waarna dit in die huis in geploeg het,” het Bodasing gesê. “Die bestuurder is tydens die impak uit die vragmotor geslinger. Sy liggaam is naby die vragmotor aangetref en hy is op die toneel dood verklaar.”

Bodasing het gesê daar was iemand in die huis, maar die persoon is gelukkig ongedeerd.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

Foto: ER24

Foto: ER24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Landie ·

ALWEER ‘n trok. En nou sal die slim mense seker sê die huis het die ongeluk veroorsaak!!!! Hoog-hoog tyd dat trokke van ons paaie afgehaal word en goedere soos in die ou dae met die treine vervoer word. Ek kan geen rede insien waarom brandstof/voertuie ens op ons land se paaie vervoer moet word nie.

frikkie botes ·

Waarom gaan staan en bou hulle nou n huis in die middel van n trok se pad?

scalla ·

Ek het altyd gedink jy gebruik n trekker om te ploeg, ek verneem n trok kan ook ploeg, nie lande nie maar huise!

Se Maar Net ·

Nee deesdae as jy ‘n trok bestuurder sien in ‘n trok, trek sommer van die pad af, want hulle ry soos die hel self.

Wilma ·

Hou asseblief tog die huise uit die trokke se pad? in S A is niks onmoontlik nie huise kan voor trokke in storm, en dan word hulle geploeg hahahaha en die trok is nou geplant in die tuin, wat was op die vrag, laat weet asb sosdat ons kan weet wat gaan opkom vir die oes.

Paula ·

Dalk het dit tyd geword vir die eienaars van hierdie trokke om drywers deur een helse toets te sit voordat hulle toegelaat word om trokke te bestuur want menigte van hulle verkry lisensies op n onwettige manier.

Betta ·

Alles wat julle se is waar, heelwat bestuurders is onbevoeg, en die trokke self onpadwaardig. Maar elke saak het twee kante. My man is ook `n “trok drywer”, en mense, hulle word gedruk vir TYD. Hy is gelukkig as hy meer as 3 ure slaap `n nag kry, maar hy is mos nie `n mens wat ook mag moeg word nie – een af naweek `n maand is mos meer as genoeg!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.