Foto’s: Eerste deel van ‘plastiekpad ’in Jeffreys onthul

Die eerste deel van die sogenaamde plastiekpad in Jeffreysbaai word onthul.

Die Kouga-munisipaliteit in die Oos-Kaap het die eerste deel van sy sogenaamde plastiekpad in Jeffreysbaai onthul.

Dit is die eerste pad van herwonne plastiek in Afrika. Horatio Hendricks, burgemeester van die Kouga-munisipaliteit, het Vrydag ʼn lint geknip in Woltemadestraat om die nuwe pad wat met plastiek verweef is vir verkeer oop te stel.

John Steenhuisen, tussentydse DA-leier, Nqaba Bhanga, DA-leier in die Oos-Kaap, en Vicky Knoetze, die DA se woordvoerder oor samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) in die provinsie, het ook die geleentheid bygewoon.

Sowat 300 m van Woltemadestraat is met teer, wat met plastiek verweef is, oorgedoen. ʼn Gedeelte van Koraalstraat sal nou herbou word.

Plastiekkorrels word gebruik om die boonste asfalt-laag van die pad te vervang.

Sowat 1,5 ton plastiek, die ekwivalent van 1,8 miljoen herwonne plastieksakke, word gebruik vir net 1 km se pad.

Die munisipaliteit het vroeër gesê plastiekkorrels word gebruik om die boonste asfalt-laag van die pad te vervang.

Die projek is aangepak in vennootskap met MacRebur SA, die plaaslike verteenwoordiger van die Skotse maatskappy wat die plastiekkorrels ontwikkel het.

“MacRebur beplan om ʼn vervaardigingsaanleg in Suid-Afrika te vestig. Ons wil graag sien dat die fabriek in Kouga gebou word,” het Hendricks vroeër gesê.

Plastiekkorrels word gebruik om die boonste asfalt-laag van die pad te vervang.

“Nie net sal dit broodnodige werksgeleenthede skep nie, maar ook ʼn geleentheid aan ons gemeenskappe bied om geld te verdien deur afvalplastiek te versamel en te verkoop.”

Hy het gesê die konstruksiewerk word deur SP Excel en Scribante Construction gedoen sonder enige koste vir die munisipaliteit. Daar is op 21 Julie met die bou van die pad begin.

Volgens Hendricks is daar ʼn agterstand van tot soveel as R500 miljoen in padherstelwerk in die streek. “Ons het net nie die tariefbasis om beslissend aandag te gee aan die agterstand nie.”

Vusi Yake (regs) van Kouga se plaaslike ekonomiese ontwikkeling-afdeling wys vir Martha Nodaka en Mavis Matika, plaaslike sakevroue, die nuwe pad en die plastiekkorrels waarmee dit gebou is.

Die munisipaliteit het hierna na ander innoverende idees begin kyk om die probleem te takel. Dit het hulle na Knoetze gelei wat reeds in 2017 die idee van plastiekpaaie in die provinsiale wetgewer geopper het.

Knoetze het ʼn vergadering tussen die munisipaliteit en MacRebur gefasiliteer.

Knoetze verduidelik dat nie-herwinbare plastiekafval, wat in die see beland of stortingsterreine verstop, tot korrels verwerk en gebruik word om ʼn groot deel van die asfalt in ʼn konvensionele asfaltmengsel te vervang.

“Die resultaat is ʼn pad wat sterker en duursamer is. Water, die hoofoorsaak van slaggate, dring nie so maklik deur soos in tradisionele asfaltmengsels nie, en dit is ook meer hittebestand,” het sy bygevoeg.

Só lyk die plastiekkorrels wat gebruik word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Julius ·

Nou kan ons die belasting op plastiek sakkies ophef want dit kan mos positief gebruik word.

Zaks ·

Na 5 jaar se verkeer behoort plastiek n gladde oppervlak te he, voeg bietjie reen by… Sie daar, wonder wat kom van daar. Simpel logieka!

Lee ·

Dan gooi hul maar weer n laag korrels. Ek dink dis briljant. Beter as dat daai plastiek in walvisse se mae beland ne?

wet ·

Miskien is daar ´n chemikalie bygegooi om die platiek meer hard te maak sodat die korrels nie van vorm kan verander nie. Die feit dat dit meer hitte kan absorbeer beteken dis nie gewone sagte plastiek nie

Wonder Net ·

@GC, nie nodig om “feite” te staaf agter dit wat Zaks se nie, dink aan hoeveel olie word gedrip deur swaar voertuie, dan word daai “korreltjie-gemengde-platgestampte” plastiek meer snotglad as die teerpad homself. Nie goed beplan nie…

Eddie ·

Ek dink herwinde rubber van ou motorbande kan dalk suksesvoller as plastiek wees , ‘n uitdaging vir ons chemise ingeneurs !

Plasiek ·

Dankie vir mense soos Knoetze. Kyk hoeveel en wie gaan nou weer op die saamry karretie spring.

Nico ·

Het iemand al daaraan gedink om die miljoene ou motorbande te versnipper, met teer te meng en as pad oppervlakte neer te lê ? Dit sal baie duursaam en waterdig wees !!

Robert ·

Miskien kom die land se strate en parke vir ń slag ook weer skoon van al die plastiek. Nou net nog ń plan uitdink vir al die bierbottels en ander rommel.

Neil M ·

Pragtig. Ek haat besoedeling en gebruik nou al hele ruk permanente materiaalsakke. Plastieksakke moet verban word en herwinning soos hierdie is ‘n baie goeie voorbeeld. Sekerlik is dit goedkoper as teer?

Kerneels ·

Plastiek en ou bande kan seker ook in bakstene gebruik word.

Jan du Rooy ·

Watse toetse is op die tipe ‘paaie” gedoen voordat dit sommer gebruik word?

Ag Ja! ·

Vir die wat skepties is lees asb weer die laaste paragrawe van die berig. Hierdie is al lank in gebruik in Skotland. Ai ons ou mensdom tog!

Julie Jansen van Rensburg ·

Miskien sal dit die neiging om enige afval-plastiek weg te gooi verminder – inderdaad, ek dink plastiek moet in spesiale sakke/houers gegooiword en deur die padmaatskappy/e opgetel word en ons hele land se paaie daarmee opgradeer. Soos ek verstaan hou so ‘n plastiekpad ook veel langer as gewone teer… as ditdie gevalis, saldaar veel minder pad-onderhoud – met bygaande koste – verminder, of hoe???

Koos Nel ·

Die eerste toi-toi waar hulle kar tyres brand en daars n sinkgat . . . .lol.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.