Foto’s: Eerste deel van ‘plastiekpad ’in Jeffreys onthul

Die eerste deel van die sogenaamde plastiekpad in Jeffreysbaai word onthul.

Die Kouga-munisipaliteit in die Oos-Kaap het die eerste deel van sy sogenaamde plastiekpad in Jeffreysbaai onthul.

Dit is die eerste pad van herwonne plastiek in Afrika. Horatio Hendricks, burgemeester van die Kouga-munisipaliteit, het Vrydag ʼn lint geknip in Woltemadestraat om die nuwe pad wat met plastiek verweef is vir verkeer oop te stel.

John Steenhuisen, tussentydse DA-leier, Nqaba Bhanga, DA-leier in die Oos-Kaap, en Vicky Knoetze, die DA se woordvoerder oor samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) in die provinsie, het ook die geleentheid bygewoon.

Sowat 300 m van Woltemadestraat is met teer, wat met plastiek verweef is, oorgedoen. ʼn Gedeelte van Koraalstraat sal nou herbou word.

Plastiekkorrels word gebruik om die boonste asfalt-laag van die pad te vervang.

Sowat 1,5 ton plastiek, die ekwivalent van 1,8 miljoen herwonne plastieksakke, word gebruik vir net 1 km se pad.

Die munisipaliteit het vroeër gesê plastiekkorrels word gebruik om die boonste asfalt-laag van die pad te vervang.

Die projek is aangepak in vennootskap met MacRebur SA, die plaaslike verteenwoordiger van die Skotse maatskappy wat die plastiekkorrels ontwikkel het.

“MacRebur beplan om ʼn vervaardigingsaanleg in Suid-Afrika te vestig. Ons wil graag sien dat die fabriek in Kouga gebou word,” het Hendricks vroeër gesê.

Plastiekkorrels word gebruik om die boonste asfalt-laag van die pad te vervang.

“Nie net sal dit broodnodige werksgeleenthede skep nie, maar ook ʼn geleentheid aan ons gemeenskappe bied om geld te verdien deur afvalplastiek te versamel en te verkoop.”

Hy het gesê die konstruksiewerk word deur SP Excel en Scribante Construction gedoen sonder enige koste vir die munisipaliteit. Daar is op 21 Julie met die bou van die pad begin.

Volgens Hendricks is daar ʼn agterstand van tot soveel as R500 miljoen in padherstelwerk in die streek. “Ons het net nie die tariefbasis om beslissend aandag te gee aan die agterstand nie.”

Vusi Yake (regs) van Kouga se plaaslike ekonomiese ontwikkeling-afdeling wys vir Martha Nodaka en Mavis Matika, plaaslike sakevroue, die nuwe pad en die plastiekkorrels waarmee dit gebou is.

Die munisipaliteit het hierna na ander innoverende idees begin kyk om die probleem te takel. Dit het hulle na Knoetze gelei wat reeds in 2017 die idee van plastiekpaaie in die provinsiale wetgewer geopper het.

Knoetze het ʼn vergadering tussen die munisipaliteit en MacRebur gefasiliteer.

Knoetze verduidelik dat nie-herwinbare plastiekafval, wat in die see beland of stortingsterreine verstop, tot korrels verwerk en gebruik word om ʼn groot deel van die asfalt in ʼn konvensionele asfaltmengsel te vervang.

“Die resultaat is ʼn pad wat sterker en duursamer is. Water, die hoofoorsaak van slaggate, dring nie so maklik deur soos in tradisionele asfaltmengsels nie, en dit is ook meer hittebestand,” het sy bygevoeg.

Só lyk die plastiekkorrels wat gebruik word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

19 Kommentare

jongste oudste gewildste
Hb

Briljant!!!

Mm ja nee

Ek wonder of mens nou paaie in ander kleure kan “teer”

Julius

Nou kan ons die belasting op plastiek sakkies ophef want dit kan mos positief gebruik word.

Zaks

Na 5 jaar se verkeer behoort plastiek n gladde oppervlak te he, voeg bietjie reen by… Sie daar, wonder wat kom van daar. Simpel logieka!

Eddie

Ek dink herwinde rubber van ou motorbande kan dalk suksesvoller as plastiek wees , ‘n uitdaging vir ons chemise ingeneurs !