Foto’s: EFF ruk op na Huis Herfsblaar

Lede van die EFF ruk op na Huis Herfsblaar in Pretoria. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Werknemers van Huis Herfsblaar sê hulle is “siek en sat” vir die bestuur van dié aftreeoord in Queenswood, Pretoria. Hulle dring aan op salarisverhogings en eis dat die bestuurder van die oord, James Black, in die pad gesteek word.

“Ons wil hom weg hê,” het ’n werknemer Woensdag op voorwaarde van anonimiteit aan Maroela Media gesê toe lede van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) na Huis Herfsblaar opgeruk het.

Werknemers van die oord staak sedert verlede week weens loongeskille en die oord moes Dinsdag noodgedwonge ’n interdik teen die stakers bekom het. Dit het die EFF egter nie gekeer om Woensdag na die oord op te ruk en te betoog nie.

Woensdagmiddag se betoging buite Huis Herfsblaar het meestal vreedsaam verloop hoewel die situasie tussen lede van die EFF en die gemeenskap in ’n stadium baie gespanne was. Lede van die EFF het die gemeenskapslede – wat byeengekom het om die oord te beskerm sou die situasie handuit ruk – herhaaldelik as rassiste uitgekryt.

Die EFF word intussen vanuit verskeie oorde gekap omdat hy as politieke party inderwaarheid geen mandaat het om as vakbond namens werknemers op te tree nie.

Lede van die EFF en gemeenskap konfronteer mekaar. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Die party beweer die oord se bestuur is rassisties en sê dat daar vuurwapens deur ’n private veiligheidsmaatskappy op stakende werkers gerig is.

Volgens een werknemer, wat reeds 11 jaar lank vir Huis Herfsblaar werk, heers daar al sedert 2019 ongelukkigheid oor die bestuur se beweerde versuim om salarisverhogings toe te staan en werkers permanent aan te stel.

Die personeellid beweer daar word aan hulle gesê dat daar nie fondse is vir salarisverhogings nie, hoewel opknappings ten duurste aangebring word. Van dié verbeterings waaroor werknemers nou suur is, is sekerheidskameras wat glo aangebring is om diefstal aan te spreek. Daar heers veral groot ongelukkigheid omdat dié sekerheidskameras glo ook in die badkamers aangebring is.

Die werknemer meen dit maak inbreuk op personeel se privaatheid.

Lede van die EFF het Black Woensdagmiddag as ’n dief en ’n afloerder uitgejou, voordat die party se sogenaamde labour desk ’n memorandum aan hom oorhandig het.

Die EFF handig ‘n memorandum oor aan die bestuurder van Huis Herfsblaar, James Black. (Foto: Verskaf)

Luidens die memorandum skaar die EFF hom by “kwesbare werknemers” wat gebuk gaan onder “onregverdige arbeidspraktyke en rassediskriminasie” by Huis Herfsblaar.

Die party beweer in die memorandum dat werknemers gedwing word om Afrikaans te praat terwyl bevorderings net aan wit personeel toegestaan word en dissiplinêre stappe teen swart werknemers geneem word wanneer hulle hul “stem laat hoor”.

“Die ouetehuis het dit ’n kultuur gemaak om swart mense te ondermyn,” beweer die EFF.

Die party dring nou in die memorandum onder meer aan op salarisverhogings vir werknemers en dat die oord sy kontrak met die sekerheidsmaatskappy, wat glo die vuurwapens op werknemers gerig het, onmiddellik sal beëindig.

Die party versoek ook oop gesprekke met die oord rakende die interdik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

annie ·

Ons wil die EFF weg hê. Hulle moet as ‘n terroristegroep geklassifiseer word. Hulle is nie ‘n regering op hul eie eilandjie nie. Miskien kan hulle Mars eerste gaan uittoets. Gee gratis kaartjies plus R350 grants. Daar is reeds OTM’s.

Harley Davidson ·

Ons moet ‘n onafhanklike tuisstaat kry waar die tipe anargie nie geduld word nie en die polisie hulle werk sal doen en ‘n hof bevel afdwing.

Persheks Adri ·

Ons is siek en sat vir julle klomp rooi petters gaan weg!!!

melaney ·

Jacobus hulle verstaan baie meer as wat ons dink. Hulle WIL net moeilikheid maak.

Anoniem ·

Dieselfde wat hulle verstaan van die arbeidsreg of enige wetgewing of die wêreld… niks! Hulle werk op n basis van as jy nie voldoen aan hulle, of volgens hulle,swartmense se demands nie, is jy n rassis, daar is geen oopkop manier van dinge oplos nie en geen intilek om te probeer verstaan hoe dinge werk nie. Hulle het n sosialistiese manier van dink en wil net hê hê en hê en niks doen nie. Hulle motto moet wees “Comply with our demand or face being called a racist”. Klomp dwase

Heleen ·

Nee dit is iets wat deur die wittes i ngestel is.. Hulle ken net skop skiet en d0nn3r

Windhond ·

Ja Julius – altyd die swakstes onder die prooi wat uitgesoek word, toe julle teen n minderheid mans te staan gekom het moes die polisie julle kom red

Werner ·

En die EFF is n klomp terroriste.Dink die mense is nou moeg vir julle en defnitief nie bang vir julle nie.

pdbpta ·

Laakbaar en gemeen van die EFF om (sonder enige mandaat) weerlose oumense te teister en te boelie terwyl die polisie met afgekapte handed skandelik toekyk. ‘n Sprekende voorbeeld van die Staat se dubbelle standaarde!

Mispel ·

Vat aan ons oumense en jy sien ‘n ander ding.. Die ou mense is deur Angola oorlog.. Soweto en Sharpeville opstand.. Genade los hulle uit hulle doen niemand skade nie.. Hulle het hulle land toe dit nodig was 100% gedien

Persheks Adri ·

Ek’t ‘n beter woord, maar dan moet ek in die tronk gaan sit vir hulle…

melaney ·

Die enigste manier om van eff ontslae te raak is om alternatiewe maniere te vind sodat eff geen rede sal hê om ouetehuise aan te val nie.

Deon ·

Ek is seker daar is n paar goed waarvoor die eff hof toe gesleep kan word en ook sommer toesluit, nr een, minagting van die hof tov die interdik, tweedens, daai kaart mannetjie met die brief sonder n masker, derdens, onwettige samekoms”wonder hoeveel was daar” , vierde, naamskending om sommer mense links en regs rassiste te noem, ‘n goeie regs geleerde kan n lys van oortredings aanmekaar slaan. Maak sommer n plan ook met daai polisie wat noe die onwettige by eenkoms opbreek nie!!

Mallie ·

Dank die hele lot af en kry mense by CCMA dan is daar geen EFF of wie ook al betrokke nie. Geen eise hoef dan toegestann te word nie.

Adriana ·

Ek dink nie jul verstaan die konsep van ñ ouetehuis nie, ñ ouetehuis is op sy eie aangewese, ouetehuise kry nie meer subsidie van die staat nie, hul maak ook maar staat op die geldjie wat die inwoners betaal asook op skenkings wat hul kry. Die ouetehuis waar my moeder bly het ook kameras in elke kamera, want dit is vir die beswil van die oumense, sodat as iets gebeur in hul kamer kan hul dit sien en gaan help, veral in die aande,daar is ook kameras in die gange en ook buite op die perseel, dis om die oumensies te beskerm. Dis nie om werkers dop te nie. As jy nie gelukkig daarmee is gaan soek ander werk, daar is baie ander mense, witmense ook, wat werk soek.

Kokerboom ·

Ons het NIE in die moeilike tye die kwaadwillige politieke opswepery nodig. Die twak moet regtig met mag vasgevat word. Bestuur moet oop kaarte(indien nie gedoen) speel met werkers veral oor finansies. Die wat polities gedrewe word en nie posisie van instellings(wat swaar kry)wil verstaan , moet maar geledere van 40% werkloses by aansluit. Die ou mense verdien NIE die teistering

Hennie J ·

Een of ander tyd gaan hulle truuk van massa optrede lelik backfire. Hulle mentaliteit is gemik op die doktrine van massaintimidasie en hulle geskiedenis het hulle nie ingelig oor wat die witman deur die geskiedkundige tye al teen die oormag uitgerig het nie. Hulle hou aan speel met die leeu se ore tot hulle gebyt word.

SjN ·

Die klomp kry ook seker elkeen die R350 om ledig te wees en te toy toy, laat elkeen n sekere taak verrig alvorens die geld uitbetaal, daar is legio dienste wat hul kan doen,

Jack ·

Is die instelling privaat of staat. As privaat onderneming val hulle ook in by die kwota stelsel en indien wel is dit omdat hulle staatsondersteuning kry. Wat sal gebeur as hulle net wit mense aanstel omdat wit mense hul eie wit mense beter kan versorg. Ons praat mistens ons eie verstaanbare taal en hoef nie gebuk te gaan onder stakings en eise nie. Maak die plek afrikaans en leef in vrede saam.

Anoniem ·

Nou laat die werknemers wat so siek en sat is vir die bestuur, bedank en loop. Daar is baie ander wat maar te vrede sal wees met hul salaris en die werk sal aangryf met beide hande!

isabelle ·

eff is eie wys en helfte van die kere weet hul self nie eers waarvoor hul opgedaag het nie…….EFF saai net moeilikheid en onrus

johann ·

Nou is nie die tyd om aan te dring op salarisverhogings nie . Besef die mwnse nie dat die land se ekonomie in sy glorie is nie? Wees bly dat julle nog ‘n job het !

Psyggie ·

… En alewig die vervelige rassekaart. ….
Die arrogansie maak mens naar, naar!

Jr ·

Julle wil nie luister. Na NATAL EN JHB STROND( Weier om dit by hulle name te noem) moet besighede net wit mense huur. Te hel met hierdie “our peeples. Hulle maak n mens rassisties. As hulle dit nie like nie” so what”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.