[Foto’s] Elf dragtige koeie opgekap

Foto: Marius Fouche.

WAARSKUWING: Die foto’s onderaan die berig kan sensitiewe lesers of kinders ontstel.

ʼn Boer van Parys het die afgelope langnaweek 11 Bonsmara-koeie aan veediefstal afgestaan.

Marius Fouche van Fouche-boerdery het aan Maroela Media gesê hy boer met Bosmara-beeste en bedryf ook ʼn Brahman-stoetery  in Parys op die Fochville-pad uit.

Die voorval het laat Vrydagaand of vroeg Saterdagoggend plaasgevind. “Ons het Saterdagoggend op die beeste afgekom. Dit is verskriklik om te sien, hulle het net die boude en blaaie gesteel. Ook net drie van die beeste se kele is afgesny, die res is lewend opgekap,” het Fouche gesê.

Volgens Fouche is nege van die beeste op die toneel dood en het hulle nog twee in die veld gekry.

“Ons moes twee koeie wat te erg beseer was vanoggend skiet, ek kon nie eens kyk nie. Daar is drie wat ons hoop ons kan deurtrek, dié drie se sterte is afgesny en hul  bene is gekap,” het Fouche verduidelik.

Fouche het gesê dis al die vyfde voorval in ʼn jaar se tyd op hul plaas. “Gewoonlik het hulle net twee of drie beeste doodgemaak, al die vleis gevat en net die kop, ribbes en nek gelos. Hulle het nou absoluut gemors met die vleis. Dis nagenoeg 1,8 ton se vleis wat hulle gesteel het.”

“Al die koeie was dragtig en daar is nou ook kalfies wat nie ma’s het nie. ‘n Buurman het gesê twee van sy koeie het kallers verloor; ons hoop dié kalfies kan nou aan hulle suip.”

“Hulle het die drade op drie plekke geknip en die koeie in ʼn deel ingejaag waar twee drade bymekaar kom. Van die koeie wie se kele nie afgesny is nie en wat lewend opgekap is, se tonge was middeldeur gebyt. Hierdie koeie is mak, as jy nou naby hulle kom, skrik hulle vir jou; ons het ʼn hele span mense nodig om hulle in die kraal in te jaag,” het Fouche gesê.

“As iemand nog vir my sê hulle is honger en hulle het nie kos nie en vra of hulle ʼn bees kan kry, sal ek dit nog oorweeg, maar hierdie daad is so wreed en ongevoelig,” het Fouche gesê.

Sers. Kelebogile Moleko, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dat ʼn saak van veediefstal Saterdagoggend by die Buffelshoek-polisiestasie aanhangig gemaak is.

WAARSKUWING: Die foto’s kan sensitiewe lesers of kinders ontstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Selfbeskikking ·

Hulle en ons waardesisteme is onversoenbaar. Ons moet aandring en werk aan onafhanklikheid want hulle kan nie meer ons regeer nie. Hierdie is n tegniek om van wit boere ontslae te raak wat elders in Afrika goed gewerk het. Ons MOET onsself regeer en die onderhandelinge begin.

Danie ·

Baie wreed. En die wat dit aan diere doen noem hulle self mense. 3 beeste is keel afgesny. As Die res is lewend opgekap. As mens die kalfies saamtel is dit eintlik 22 beeste.

Moet hierdie boer (en mede-boere) ook nou winkels plunder en geboue en huise afbrand? Moet hulle ook gaan betoog en bande en voertuie aan die brand steek?

Betsi ·

SKOKKEND, GRUWELIK, BARBAARS!!!
Ek hoop hierdie aaklige artikel word landwyd bekend gemaak.

HAATBARBARE ·

Dit gaan nie oor rassisme of watter kleur jy is nie. Maar as jy n barbaar is, is jy n barbaar ongeag jou velkleur. mense is vieslik

pamela Woest ·

Dis so sleg, wreed is nie eers die regte woord nie. Daai arme diere….

SO ·

Gee berig aan internasionale nuusagendskappe asb. Dit verg hul aandag om te sien waarmee SA te kampe het.

Willa ·

Ag Vader, wees ons en U diereryk asseblief, asseblief genadig???!!!

Danie S ·

Ons as boere mag niks sê of doen want alles kom op rassehaat uit en word vervolg. Die ander sê en maak soos hulle wil en brand als wat voorkom maar hulle word nie vervolg nie. Ons mag net nie ons vee en families te veel beskerm nie want dit sal as rassisme beskou word!

Phil ·

Wys die wereld dit… Hoekom maak dit nie ons nuus soos die sonneblom storie?

Belinda ·

Ai dis so wreed…nog steeds gaan daar niks aan gedoen word nie. As hulle dit met die Mense doen wat voel hulle vir di Diere. Sterkte…

Theresa ·

Stuur hierdie aaklige barbaarse optrede die wêreld in!! Ook vir diere beskermingsplekke ook oorsee – hul is op en wakker met die vasvat van sulke sotlike goed wat hulself mense wil genome word. DIe wreedheid van hierdie optrede is onbeskryflik. Die pyn wat só ‘n dier moet deurmaak is verskriklik. Daardie tweebeen wesens hoort ten alle koste gevang en baie, baie straf gevonnis word. Weet self van ‘n boer wie se 15 melkkoeie vir 3 weke lank 5 per keer by die hakskene afgekap was. Die helse pyn waardeur so ‘n dier gaan, word ver gehoor. Daar is nie woorde om my minagting van hierdie tipe mens te beskryf nie.

Addio ·

Ai mense…
Almal wil he die buiteland moet dit sien.
Wat gaan dit help?
Wat doen JULLE aan die buitelanders se probleme?
NIKS…
Dis te gemaklik op die La-Z-Boy onder die kombers…

Lize ·

Ek stem saam met jou. Die VN of enige iemand in die buiteland hrt letterlik NIKS gedoen om die mense en diere in Zimbabwe te help, nie, so hoekom sal hulle na ons uitreik? Hoekom dit vir die buiteland wil wys? Hulle voel ‘n veer en het hulle eie probleme. Ons is aan ons eie genade oorgelaat.

Douw ·

Vir die wat sal onthou…. Zim se ‘Afican Addio’ fliek het dieselfde – en erger tonele gewys….
Hierdie is nou net ‘n herhaling… maar die keer op ons voorstorp!

Andries Badenhorst ·

Addio fliek is presies wat wag vir Suid Afrika wat verstaan ons mense nie. Wil iemand dan tog nie n engelse weergawe vir ons beskikbaar maak nie bv n link daarvan baskikbaar maak op n platvorm dat ons dit kan aflaai nie. Blykbaar he almal dit nie gesien of verstaan nie. Julle het mos ons epos adres.

Thomas ·

Dis oorlogsmisdaad en terrorisme en het niks met gewone misdaad te doen nie. Sterkte aan ons boere!

Kallie ·

Ai ek huil saam met julle Marius…..
Ek het ook al deurgeloop…. Tussen Vredefort en Parys…
Hoe kan opgevoede mense diere so laat ly en so wreed wees…….???
Dan sal hulle mos dieselfde aan mense kan doen….!?
Sterkte en ons dink aan julle!!!

Scalla ·

Barbaarse optrede, pyn en lyding wat die diere moes deurmaak. Daar is nie gesteel vir die honger pot nie, daar word handel gedryf , mag die sielsiek betrokkenes sterf op dieselfde wyse.

tina ·

[Video] Oud-
krieketspeler geskok
oor SA-Zim-grens -1Mei 2017 -Maroela Media nuusberig…..geen grensdrade!!! verbaas my nie! Word seker in trokke vervoer…en nie ‘rocket science’ om te dink hoe,waar en wanneer dit vervoer word!!!

Grassie ·

Hierdie misdaad is so afskuwelik dat ek nie daaroor durf kommentaaer lewer nie – dit sal my in die tronk laat beland. Ek mag dink wat ek wil maar dan sal ek ook my Skepper om vergiffenis moet vra vir wat ek dink. Op die oomblik wil ek ook nie om vergiffenis vra nie.

Nicolene Boshoff ·

Die Grootste fout wat mense maak is om te dink boere Boer net vir geld. Ons ken elke kleur van elke kalf en koei, elke gelaatstrek en karakter. Hierdie le baie naby aan ons gebeente want daars niks wat ons kan doen in so geval behalwe opruimingswerk nie. Dis baie baie Groot skade

Johanna ·

Ai, die stomme diere wat so pynlik aan hul einde gekom het en die lyding van die ander wat die slagting oorleef het. En AS die vreksels ooit gevang word vir die misdaad van ‘veediefstal’, sal hulle hopelik nie net tronkstraf (gratis verblyf) kry nie. Hul oortredingkie was seker net vleisdiefstal omdat hulle ‘honger’ was. Twak! Om iemand anders se lewendige beeste se liggaamsdele so onbeskryflik wreed te verwyder, dui op totale ongevoeligheid. En is die boer se beeste hul eerste slagoffers of is hulle gewoontemisdadigers wat ons wakker polisielede ontwyk.

jean ·

En is daar nie iewers gemeld dat sommige geen geestelike en emosionele vermoëns ervaar teenoor diere en mense nie?…en het Ghandi nie gesê “the greatness of a nation and it’s moral progress can be judged by the way it’s animals are treated”? So wat bewys bovermelde geval…..geen vooruitgang…steeds die oermens soos wat hy gebore is…

Vryheid ·

My hart gaan uit na my mede boere. Ons is werklik alleen in die land. Ons sal onself beveilig en soos een man saam staan. Ons sal nie toelaat dat ons mense en ons grond van ons gesteel word nie. Ons is nie “sitting duck’s “nie.

Chris ·

Werkloosheid lei tot hongersnood. 36% Werkloosheid in SA beteken dat maklik een derde van die bevolking meesal honger gaan slaap. Honger is n verskriklike ding. Dit laat mens bykans enige iets doen om dit te oorkom…Diefstal en selfs moord kan verwag word. Skep werk vir die werkloses en misdaad en die geweld en die verminking van diere behoort te verminder.

Martie ·

Chris,
As iemand en sy familie honger is, sal hy nie eerder AL die vleis gebruik nie? En waarom sal ‘n honger persoon die beeste se boude en blaaie lewendigafsny? 14 van beeste s’n?

Psylincer ·

As self ‘n boer, bid ek dat God se wraak neersak op die mense wat hierdie onmenslike dinge doen teen oor Sy skepping se diere. Die mens is aangestel oor die welsyn van die diere. Ek het my beeste deur hierdie droogte gedra en na ieder en elk van hulle omgesien en versorg. Die droogte is nog nie verby nie, maar ek versorg hulle nogsteeds. Mog die Liewe Vader my nooit oor die pad bring van so ‘n wese wat sulke goed aan enige dier doen nie. Dit wat ek sal doen sal nie Christelik wees nie.

Willie ·

Jy weet , hierdie aasvoel nasie. Hulle bly hongorrr en is werkloos, want hulle enjoy grants, hulle is 12-20 jaar oud, maar apartheid bly hulle struikelblok. Aaa ai klink my meer na a rewind nation. Always in the past

Mr P ·

Hulle slag dan die wit boere en gemeenskap ook so. Wat sal hulle voel vir n koei. Al gehoor hoe hulle n bees offer. Sny die dier se keel oop sodat hy kan dood bloei en terwyl hy sterf dans toi toi hulle tot die dier dood is. Onmenslik.

Dewald ·

Gaan my verstand te bowe dat mense dink die is wreed maar het geen probleem om vleis te eet nie. Die kalfies wat gebore word by die slagpale word seker soos konings behandel voor hul kele elkgeval gesny word? En die van melk plase flieg rond soos op advertensies terwyl hul kos gesteel word

Johanna ·

Dewald: By die slagpale word diere se liggaamsdele nie stuk vir stuk afgesny terwyl hulle nog lewendig is nie. Was jy al by ‘n abattoir? Was jy al teenwoordig wanneer diere daar doodgemaak word? Om ‘n dier vir die pot dood te maak (op ‘n verantwoordelike en simpatieke wyse) is iets anders as sommer met allerhande voorwerpe die dier ‘n marteldood sy lewe te ontneem. Respek vir die natuur, diere, is blykbaar iets wat baie mense nooit aan moedersknie geleer het nie.

jennefer ·

Ek moet n jaar wag vir n kalf, glo my, byna geen dragtige diere word voor die voet geslag nie.

Chris de Bruyn ·

Dit is afskuwelik. Die Boere moet ‘n trustfonds stig en alle oud soldate van die ou SAW wat nog ‘n wapen kan hanteer moet aanmeld en die Boere moet mobiliseer sodat ons die Boere, hulle Werkers en Diere kan beskerm. Die huidige SAPD kan en wil dit nie doen nie. Gaan haal die oud-soldate van Koevoet in Pomfret en bied hulle ‘n werk aan op plase. Hulle sal dit uitstekend kan doen.

Jan Pierewiet ·

Mense wanneer gaan ons bymekaar staan en begin betoog en brand en skiet as hulle ons doodmaak? As dit met ons gebeur? As dit jou persoonlik tref? As iets met net een van hulle gebeur dan brand hulle n hele dorp af. As 100 000 van ons boere al doodgemaak is en ons doen niks….wat n lafaard nasie het ons geword. Ons voorvaders wat in die twee boere oorloë geveg het so hulle doodgeskaam het vir ons. En ons gaan nog by die miljoene na ń kerk byeenkoms wat bid vir vrede. Hoekom bid ons nie vir die Here om ons by te staan om die wat ons wil doodmaak self dood te maak nie. Dis wat ons voorvaders gedoen het …en dis wat ons moet doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.