Foto’s: En die nuwe Mej. SA is…

Mej. Suid-Afrika 2019, Zozibini Tunzi. (Foto: Miss SA)

Zozibini Tunzi (25) is Vrydagaand tydens ʼn glansryke geleentheid by Time Square in Pretoria as Mej. Suid-Afrika 2019 gekroon.

Dit het behoorlik ʼn naelbyt-stryd geraak nadat Tunzi, Kgothatso Dithebe, Sasha Lee Olivier, Eloïse van der Westhuizen en Nompumelelo Maduna as die top-vyf aangewys is.

Olivier (26) is as eerste prinses aangewys en sal die titel as Mej. Suid-Afrika oorneem indien Tunzi om watter rede ook al nie verder haar pligte as Mej. SA kan uitvoer nie.

Die gehoor was op hul voete toe ‪Tamaryn Green haar kroon aan Tunzi oorhandig het. Tunzi het gesukkel om die trane van blydskap terug te hou toe haar naam uitgelees is en die asemrowende kroon op haar kop geplaas word.

Catriona Gray, Mej. Heelal 2018 en een van die beoordelaars, op die verhoog saam met Bonang Matheba, aanbieder van Mej. SA 2019. (Foto: Miss SA)

Die kroon, genaamd Buhle, is deur die plaaslike juweliersontwerper Johan Louw ontwerp en deur “die skoonheid van ʼn reënboog” geïnspireer. Die kroon bevat meer as 2 500 sirkonium-stene wat altesaam 182 karaat weeg.

Behalwe die pragtige kroon ontvang Tunzi ook R1 miljoen kontant, asook ʼn reeks ander pryse onder meer die gebruik van ʼn luukse woonstel in Sandton tydens haar tyd as Mej. SA, ʼn splinternuwe Mercedes Benz-motor, skoene en klere, asook naelsorg, haarsorg en tandheelkunde-behandelings vir die volgende jaar. Olivier ontvang ʼn kontantprys van R250 000 en elk van die 16 finaliste ontvang R25 000.

Die top-vyf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Joey ·

Baie geluk aan die wenner. Wonder wie het op deelnemers se rokke besluit. Aaklig en onvleiend. Wenner enigste een van top vyf met mooi rok ook (vir my) .

Gert van Wierdapark ·

Moenie verbaas wees as die “woelig” OB die uitslag gaan ondersoek nie! He-he-he

Klakouse ·

Jy hoef nie afrikaans te praat om die titel te wen nie. Praat Tamryn Green of Demi xhoza of zulu?

Koos de Meyer. ·

Ek weet nie wat is pragtig nie. Mej. Heelal nóóit. Maar dis ons nuwe Suid-Afrika.

marco polo ·

Dit gaan maar moeilik wees vir haar om mee te ding met die skoonhede van Suid Amerika, Noord Amerika, Europa, Asie…

MARIE VAN GRAAN ·

Ek dink dit gaan moeilik vir haar wees in die WÈreld Kompetisie. My opinie is dat beoordeelaars daar DALK meisies kies met baie lang natuurlik hare en ligter vel.
Sy is petite en oulik maar DALK nie hul soort “look” nie. Nietemin sy is nou ons meisie en ek wens haar die beste toe.

DS ·

Nee wat ek dink ons het ons laaste mej Heelal (of selfs onder top 5) in ‘n lang ruk gehad. Nie eers die klere is mooi nie. Watse geel skewe gewaad het Eloise vd Westhuizen aan dit lyk of die ding nog nie klaar is nie en oral verkeerd hang. Nee wat bly ek het nie die twak gekyk nie.

kolla ·

Kan maar vergeet van mej. Heelal of wereld-kroon. ‘n Swart meisie van Afrika wen nie daai kroon nie, dis maar net soos dit is.

Lekker lag ·

Al gewonder hoekom? Dalk is die ander meisies net mooier of slimmer. Maak dit nou weer ‘n ras issue. Kwotas werk nie in beauty pageants nie kolla.

kolla ·

Mooier vir wie? So terloops – ek het beslis nie ‘n raskwessie hiervan gemaak nie, bloot ‘n feit gestel want ek glo nie ‘n swart meisie van Afrika het al ooit gewen nie. Jou reaksie is egter rassisties siende dat jy insinueer dat ander meisies altyd mooier en slimmer as swart meisies van Afrika sal wees. Jou rassistiese onderrok hang uit.

Lekker lag ·

Mooier en slimmer soos dalk waargeneem deur beoordeelaars in internasionale kompetisies. So ipv om te se meisies van Afrika wen nie internasionale kompetisie nie het jy ooit gedink daar is ‘n wereld daarbuite wat nie stop buite die kaapse vlaktes nie ? Of moet die internasionale beoordelaars afrika jammer kry en laat wen ? Kwotas werk nie in internasionale skoonheid nie net die beste maak dit tot bo. So om weer bakhandjie te staan gaan jou en jou tipe nerens kry nie. Of hulle maak dit of nie. Punt. En reg so ook.

kolla ·

Daar is beslis bevooroordeeldheid. As die paneel beoordelaars meer teenwoordigend van alle rasse was, het ‘n swart meisie van Afrika al lankal gewen.

Kriek ·

Ek het gewonder hoekom die kroon so mooi beskryf word maar geen foto nie. Want dit mag duur wees maar dis vrek lelik.

Strandloper ·

Wel…een troos…as hy jou oe toe maak sien jy diesefde…

Bolla ·

Die regte mooi meisies skryf nie in. Wonder hoekom nie. Sy’s regtig nie mooi dalk is sy slim hoe sal ons nou weet.

Johan Swart ·

Ons het MOS gesê in Maroela Media se POLL ons STEL NIE BELANG NIE……..

Kallie ·

MM bly maar behep met die saak. Amper soos Afrikaanse sondagkoerante in die ou dae.

Foxi ·

Goeie aarde……daardie klere! Bugie geel? Bond kleure? Siesa…..
Dit was vrouedag……wie het vir wie gekies? Asseblief sit volgende keer manne terug in die span om n beoordeelaar te wees. Sekerlik sien hulle iets anders……….

Sharon ·

Stem saam…. Van daai rokke is YUCK!!!! Geluk aan ons nuwe mej SA. Ek hoop nie ons verdraaide politiek maak jou lelik binne nie en jy hou by die doel van WAAROM jy SA se kroon dra.

TLC ·

Kyk lankal nie meer nie
Weet teen die tyd dit gaan nie meer oor skonheid nie
Dit gaan oor ………

George in Bloem ·

Gaap………..hmmmmm……….geen verrassing……..gaap………

Sophie ·

Jigg kon hulle nie vleiender outfits gekies het nie, wie ook al die klere en kleure gekies het

ano ·

Nee wat, daar was baie mooier meisies (Die klere was aaaaaklig) Ek het erens gehoor sy probeer al van 2017!

Terry ·

Asseblief! Kan ons nie net n Mej Blanke SA kompetisie kry nie.

Chiddy ·

Verseker die lelikste rokke in jare! Ons het soveel uiters talentvolle ontwerpers. Waarom hulle nie gebruik nie? Daai lang sterte op elke rok wat aangeplak was, was waarlik lelik.

$ ·

Ek kan net dink hoe die meisies agter toe deure hul oë rooi gehuil het oor die lelike rokke wat hulle moes dra op hul grootste aand. Hoe moet jy nou straal en jou mooiste glimlag opsit as jy so ´n vreklelike rok moet dra? Hoe moet jy met selfvertroue op die verhoog stap?

Dit herinner my aan die arme SA Olimpiese span wat ´n paar jaar terug in sulke aaklige uitrustings met hul koppe omhoog hul rondte by die openingseremonie moes stap, terwyl die res van die wêreld se spanne almal behoorlik kon pronk met trots.

As die organiseerders agter die skerms tog net wil besef wat hulle aan die persone doen oor wie dit werklik gaan.

kolla ·

Die probleem met hierdie kompetisies deesdae is dat daar te veel kategoriee van beoordeling is. Nou kry jy ‘n meisie met ‘n baie mooi persoonlikheid maar wat nie noodwendig uitstaan as fisies die mooiste nie. Die antwoord sou wees verskillende kompetisies wat slegs een aspek beoordeel. Dan kan mens die betrokke kompetisie ondersteun wat jou belangstelling prikkel.

Lekker lag ·

Wat ‘n belaglike voorstel. So hoe gaan jou kompetisie lyk, wit, vet lelik met ‘n great persoonlikheid, of kleur maer slim met ‘n graad ? Dis tipiese klassifisering. Die meisies is nie daar om jou smaak tevrede te stel nie. Jou seksistiese ondertone is duidelik. Skaamteloos.

Lekker lag ·

Kobus dit was nou ‘n crack aanmerking. In vandag se samelewing waarskynlik binnekort. Daar is sulke kompetisies in Thailand. Waar die judges baie meer “verteenwoordigend” is. Sal kolla happy hou.

George ·

Wonder maar net of die kompetisie deesdae gaan oor kleur of ….

gatiep ·

Ek weet nou nie of die wenner mooi is nie want sy is nie my smaak nie, maar hulle rokke is verskriklik, veral daai geel rok.Het sy daai rok aangetrek om opsetlik te verloor.Alles is elkgeval fake want die wenner moet nou voorgee sy is iemand wat sy nie regtig is nie.

Annemari ·

Ek dink op die aand was sy die mooiste en natuurlikste dame op die verhoog. Wat haar laat uitstaan het, was duidelik te sien in die baai kostuum kompetisie. Sy het die mooiste lyf en pragtige bene. Die feit dat sy op hierdie grootste aand haar natuurlike hare met trots gedra het, was vir my ook ‘n bydraende faktor. Ek dink sy is ‘n waardige wenner en ek hoop sy het ‘n wonderlike en suksesvolle jaar as Mej SA. Dieselfde kan egter nie gesê word vir die eerste prinses nie, sy het net ‘n mooi gesiggie en verstand, res van die lyf is definitief nie Mej SA kwaliteit nie!

Martie ·

Jou belandstelling prikkel ……dis seksisties en subjektief. Swak opgevoed. Jy kan websites gaan besoek om jou belangstelling te prikkel.

JohanR ·

Geluk aan die wenner. Wat meer moet bekommer, is hoe al die vorige Mej SA’s en die getitel SA celebrities, probeer om hulself as beoordelaars te laat kies, of will almal voor die kameras pronk. Tyd dat hierdie kompetisie vry van bekendes is! Laat die meisies wat meeding soos gese is in Engels “be the center of attention”, en laat die beoordelaars ek en jy wees!

Elsie ·

Dis n Miss SA..???? . Rokke onvleiend…. Swak ontwerp en passing is aaklig!…. Nee maggies!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.