Foto’s en klank: “Los ons taal uit,” sê Pukke met optog

Lees ook:
Video: “Ons monde sal nie gesnoer word nie,” sê Puk-student‏e

photo 3Meer foto’s volg onderaan die berig.

Sowat 3 500 studente van die Noordwes-Universiteit het Donderdag ‘n vreedsame optog by die universiteit se Potchefstroomkampus gehou om ʼn memorandum met eise aan Dan Kgwadi, visekanselier van die NWU, te oorhandig.

Studente het plakkate met boodskappe soos “Los ons kampus uit” en “My taal, my keuse” gedra tydens die optog. Die studente eis onder andere dat die voortbestaan van Afrikaans as onderrigtaal, binne ʼn meertalige en multi-kulturele konteks, op die Puk-kampus verseker sal word.

Die studente eis ook fermer optrede deur bestuur teenoor die media ten opsigte van onbillike beriggewing.

AfriForum Jeug het sy steun aan die optog toegesê. Henk Maree, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug, het met GROOTfm gesels om hulle mening oor die optog te gee.

Die klankinsetsel is deur GROOTfm 90.5 vervaardig. Luister gerus na GROOTfm by 90.5fm. Die radiostasie bedien die groter Pretoria metropool.


ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Trippie ·

BRAVO PUKKE !

Dis wonderlik om ons jong geslag Afrikaanssprekendes te sien standpunt inneem.

AFRIKAANS – ons MOOISTE TAAL !

Johann ·

Trippie.

Uitstekende kommentaar!

Ek en baie wat so lief is soos jy vir ons Moedertaal, staan langs jou en skree so hard as wat ons kan wat in jou skrywe staan, dat die kranse antwoord gee!

Trippie ·

Dankie jy !

Dit laat mens sowaar met ‘n traan in die oog – “dat die kranse antwoord gee” !

NS: Het Maroela jou gekontak ?

anita ·

Ek is trots dat daar jong mense is wat so voel oor die taal, miskien kan hulle ook aandring dat die TV ook aan ons meer afrikaanse programme bied, maar dit is ‘n feit dat die taal stil-stil moet verdwyn.

Dit sal waardeer word as elke afrikaans sprekende aandring om ook in Afrikaans bedien te word
maar ons self gaan gewoonlik vir eie gemak voort in Engels..veral hier in die Kaap.

Jongmense van ons groep dankie vir julle betoog…miskien kom ‘n egte leier te voorskyn, ek bid steeds vir hierdie wonder.

Marcus ·

Ek was ‘n student wat deel was van die optog en een van die dinge wat my die meeste gepla het was dat ons in ander tale gesing het terwyl daar gese was die optog is vir Afrikaans. Om dit duidelik te maak, dit gaan nie vir my oor dat dit in swart tale gesing is nie, as dit in Engels, Frans of selfs Russies gesing was sou ek nogsteeds ontsteld gewees het omdat ek verstaan dat die optog vir “Afrikaans” was en om te baklei dat die PUK Afrikaans sal bly.

CP van Blerk ·

Maar kyk ek na die fotos , Sien dan die toneel , dan sien ek heelwat pimpernel tussen die koringkorrels . Ook trots Afrikaans te praat ? Die pimpernel ? Dan later en nog wat later . Wat is dan op die land as ons nou so trots op die praat maar nie kyk wy langes my en nie selekteer die saad . Saad waar gesaai ? In Seekre taal te praat ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.