Die saak teen Aurora se direkteure, onder wie Khulubuse Zuma, president Jacob Zuma se broerskind en Zondwa Mandela, kleinseun van oudpresident Nelson Mandela, is Maandagoggend in die Noord-Gautengse hooggeregshof uitgestel.
Die aangeklaagde Aurora-direkteure en -bestuurders word in hul persoonlike hoedanigheid daarvan beskuldig dat hulle twee voormalige Pamodzi-myne wanbestuur het. Skadevergoeding van nagenoeg R1,6 miljard word van die Aurora-direkteure geëis. Alle gelde wat ingewin word, sal aangewend word om agterstallige salarisse aan die 5 300 voormalige werknemers te betaal.
Lede van Solidariteit en Cosatu sowel as voormalige mynwerkers by Aurora het vanoggend voor die hof betoog.
Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit:
Die klankinsetsel is deur GROOTfm 90.5 vervaardig. Luister gerus na GROOTfm by 90.5fm. Die radiostasie bedien die groter Pretoria metropool.