Foto’s en video: Babagorilla gered deur operasie

Die dieretuin het die foto op hul Facebook-blad gelaai.

Die dieretuin het die foto op hul Facebook-blad gelaai.

ʼn Span dokters en veeartse het op ʼn twee dae oue babagorilla geopereer nadat sy asemhalingsprobleme ondervind het kort nadat sy deur ʼn keisersnee gebore is by die San Diego-dieretuin.

Volgens die dieretuin is die babagorilla Woensdag deur middel van ʼn keisersnee in die lewe gebring en het sy sowat 2kg by geboorte geweeg. Dit het egter geblyk dat sy asemhalingsprobleme het. Sy is Vrydag geopereer nadat daar vasgestel is dat haar een long tydens die bevalling platgeval het. Die mediese span het veeartse ingesluit, maar ook twee dokters wat gewoonlik net op mense opereer.

Die dieretuin het die foto op hul Instagram-blad gelaai.

Die dieretuin het die foto op hul Instagram-blad gelaai.

ʼn Neonatale spesialis en narkotiseur het die veeartse bygestaan. Dawn Reeves, die neonatale spesialis, sê die pasiënt was anders as menslike babas aangesien sy onder andere met haar handjies en voetjies kan gryp. Die babagorilla se ma, die 18-jarige Imani, herstel intussen na die noodkeiser. Die dieretuin sê die noodkeiser is genoodsaak aangesien Imani in nood verkeer het toe sy in kraam gegaan het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Ria Maritz ·

Dis nou ‘n lekker goedvoel-berig. Sterkte vir die mamma en baba. Word gou gesond. Ook baie dankie aan die hele span wat albei se lewens gered het.

Gorilla-groete.

Melani ·

Ag mammie maar sy is pragtig. Wens ek kon haar ‘n soentjie gee.

Ria Maritz ·

Jasper – ek sal heeldag met hierdie “mensies” deurbring ! Die mamma’s wil ek sê, is amper beter mamma’s as mense-mamma’s.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.