Talle inwoners van Bela-Bela (Warmbad) in Limpopo moes Donderdag met helikopters uit die gebied gered word nadat massas water chaos in die dorp veroorsaak het.
“Daar is water orals, reddingspogings deur die polisie en die munisipaliteit se nooddienste is onderweg,” het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie, gesê. Mulaudzi sê die oorstromings in die dorp is veroorsaak deur ʼn damwal wat meegegee het. Hy sê geen beserings of lewensverlies is al aangemeld nie. Mulaudzi sê die pad tussen Bela-Bela en Modimolle (Nylstroom) is met rommel bestrooi en nie geskik vir gebruik nie.
Lees ook:
Tweede vloed tref Klein-Kariba-oord
Klein-Kariba: Vrou steeds vermis; oord gesluit met miljoene rand se skade
Klein-Kariba-vloed: Bejaarde vrou word steeds vermis
Video: Vloedwater by Klein-Kariba-oord
Klein-Kariba-vloed: Bejaarde se liggaam gevind
Foto’s: Twee bejaardes vermis ná vloed by Klein-Kariba