[Foto’s en Video] Betogers maak amok in Sannieshof

Skade in Sannieshof. Foto: Verskaf

Sakeondernemings en skole is Dinsdag vir inwoners en leerders se veiligheid gesluit nadat honderde betogers na die eens rustige Noordwes-dorpie, Sannieshof, aangery is.

Carin Visser, DA-raadslid van die gebied asook die party se leier in die provinsie, het aan Maroela Media gesê honderde mense het omstreeks 11:00 “uit alle rigtings” van buite die dorp op die sentrale sakegebied toegesak en die paaie met rommel en bande wat aan die brand gesteek is, versper.

Visser het gesê vroeër die dag het oproer in die omgeleë nedersettings van Agisanang en Pelindaba uitgebreek. Die inwoners is glo ontevrede oor die wyke waarin hulle verdeel is.

“Die inwoners is al geruime tyd ontevrede met dié kwessie en dit is al op verskeie raadsvergaderings bespreek. Sover ons kan vasstel het ontevredenheid oor beloftes wat nie deur die premier [Supra Mahumapelo] nagekom is nie, tot vandag se onluste gelei.”

Sy het gesê hulle het sowat ʼn uur voor die betogers op die dorp toegeslaan het ʼn waarskuwing ontvang en hulle kon betyds ʼn noodboodskap op die plaaslike WhatsApp-groep uitstuur sodat sakeondernemings en skole veiligheidshalwe voorsiening kon tref.

“Hordes mense, almal jong mense in hul 20’s en 30’s, is glo met busse van so ver as Coligny, Lichtenburg, Biesiesvlei, Blydeville en Deelpan aangery.”

Die betogers het onder meer die hoofstraat, die N14, versper en die pad is vir verkeer gesluit. Die openbare orde- polisie moes intree om die situasie onder bedwang te bring.

Volgens Visser is minimale skade en plundering aangerig, maar is die grootste skade aan die nuutgeteerde padoppervlak van die hoofstraat aangerig. Sover vasgestel kan word, is geen voertuie beskadig nie, aangesien die sakegebied betyds ontruim is.

Visser het gesê die situasie op die dorp was teen 14:00 kalm, hoewel daar nog betogers rondgestaan het. Die situasie in Agisanang en Pelindaba is egter nog gespanne en word deur die polisie gemonitor.

Die N14 was steeds vir verkeer gesluit en motoriste is aangeraai om van alternatiewe roetes gebruik te maak.

Maroela Media het navraag oor die situasie by die polisie gedoen en wag vir terugvoer.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Jaco ·

Hierdie is kriminele en het niks met politiek uit te waai nie. Het n uur geweet voor betogers amok gaan maak, waar was polisie?

Ander Annie ·

So brand die land net al hoe meer. Kyk net na al die onnodige verwoesting en skade. Leierskap is ‘n enorme probleem.

brt vd merwe ·

Het FW de Klerk nie onlangs nog weer gese dat sou hy oorgegee het nie sou die land gebrand het? Wonder wat gebeur nou? Een groot verskil teenoor voor sy oorgawe, witmense is nou sonder weermag of polisie aan die amokmakers en brandstigters uitgelewer,

Tragies ·

Hoekom word protesgangers met busse aangery? WIE betaal daarvoor? Nou is hulle weer ontevrede oor die WYKE waarin hulle gedeel is. Arme klein dorpies kan nie die skade hanteer nie. Eers Coligny wat met ‘n diensleweringsbetoging begin het en toe BAIE ander aandag (en simpatie) ontvang het met die boere en die seun wat van die bakkie af gespring het, skielik is dit ‘n wereldwye racial issue, maar aanvanklik was dit oor dienslewering, soos dit hier oor Wyke gaan. Nou gaan iemand seker weer een of ander wit/swart insident in die dorp gaan ophaal om hulle vernielsugtige optrede te regverdig. Ai …is dit waarin ons land verander het? Die ANC belowe al hierdie mooi goed om stemme te kry, kry die mense nie dienste nie brand hulle ONSKULDIGE mense se goed af en rig oral skade aan. Nooit sal ek AFRIKA verstaan nie, behalwe die feit dat hulle nie veel het om te verloor nie.

Stem ·

Ontevredenheid oor wyke? En die wat aangery word? Van waar is hulle? En heeltemal tereg wie betaal daarvoor? Eff of ANC? Iemand steek die vuur aan van agter af dienste of wat ook al is net ‘n rook skerm

Anoniem ·

Daar moet definitief ‘n organisasie (Politieke Party) daaragter sit, want ontevrede inwoners het nie geld om busse te kan huur vir “rent a crowd” nie. Dit het in 2012 in Die Boland ook gebeur, daar is selfs kospakkies uitgereik aan die betogers.

Nicci ·

Vir wat kom beskadig hul die blankes se paruiaie en eiendomme. As hul ongelukkig is moet hul mos hul eie mense gebruik en nie mense aanry nie. Wat ‘n gratis Themp en brood nie alles kan doen nie.

Annie ·

Daar gaan hulle alweer – more is daar niks van Sannieshof oor nie nie – beskadig, besteel, brand – en wat doen Zuma en sy trawante net mooi niks – arme blanke mense !!!! Wonder of hulle vir busgeld betaal het ?????

CL ·

Sal mens nog hoegenaamd op plattelandse dorpe kan bly? En as almal in die stede is? Hoe hartseer.

Gert ·

Mense gaan soek bietjie en julle sal sien wie agter die dinge sit. Dis geen geheim nie. Doen die navorsing en jy sal skrik…

Lollie ·

Partye soos die EFF sit agter alles, om die witman te verdryf! Hulle sal aanhou en van dorp na dorp beweeg. Nou kamstig oor die wyke, môre oor dit en oormôre oor dat. Hulle soek rede as daar nie is nie. Oor ń week is dit omdat hulle nie ń skool het nie want hulle het hom gister afgebrand, ens.ens………. Dit sal nooit end kry nie want hulle is nie mense wat ooit tevrede sal wees nie. Indien ons net ń beter regering gehad het sou dit beter gewees het. Ons kon saam die land opbou, sterk weermag opbou ………. Ons kan die land nie eers beskerm indien hier moeilikheid kom nie. In die ”apartheids jare” het so baie van ons seuns met hulle lewe betaal om ALMAL in die land te beskerm en vandag voel mens dat alles verniet was want die vyand is nie daar buite nie maar hier binne tussen ons! Wonder wanneer gaan wie wakker skrik? Hoop net nie dit is dan al te laat nie! Vertroue in God en geloof is al wat ons hierdeur gaan dra want ons as mens is te klein om iets daadwerkliks te doen.

Maya Roon Joubert ·

Definatief ‘n kriminele georganiseerde aanval om te vernietig en persoonlik hoop ek NIKS word gereeld opgebou laat daai barbare weer in die bos gaan bly! Vir wat hulle ‘n toekoms offer as daar voortslepend afgetakel word! Net ‘n geld mors!

Cherokee ·

Opstande in Durban ook. Het werkers 1nm van diens laat gaan.

Piet ·

Gert, die hele ANC (Mandela inkluis) was lede van die SAKP sowel as die ANC en die EFF het afgestig van die ANC, nie agv beleids verskille nie maar agv n “power struggle” onder die leiers. In al hierdie partye is haatspraak algemeen. Waarom doen die ANC niks aan die EFF nie? Dit is omdat die EFF die ANC se vuilwerk doen. As daar eendag aanspreeklikheid gedoen moet word in n internasionale strafhof sal die ANC homself kan verontskuldig want hy is dan kastig n heel ander party. Zumpie weet dalk nie wat is 10 plus 10 nie, maar van Afrika politiek sal jy hom niks vertel nie!

Johan. H. ·

Ek werk met buitelandse toetuste. Ek raai hulle af om na die gemors land te kom . 80% bly dan weg. Kry te skaam vir die gemors

Theo Visser ·

Ek onthou net hoe die inwoners van Sannieshof gesorg het dat die swart woonbuurte drinkwater kry .Dis nou lojaliteit .

Boerseun ·

Nou wat het hulle gedink gaan die drink water oplos, Nguni was nog nooit die Boer se maaitjie nie en gaan ook nooit wees nie. Wanneer gaan dit besef word. Water tekorte wys net waar mense nie gewoon het nie

Justice ·

Waar is die SAP se knuppels en sambokke ? Ramaphosa se mos die ANC kyk op na Zimbabwe vir leiding.

Jos ·

Piet< jy is in die kol, dit is alles georganiseerde Afrika politiek Mugabe styl waarvoor nr1 10 uit 10 kry. Dis logika dat as daar probleem met primier Supra Mahumapelo is hulle met busse na sy woonplek sou aanry het en hom gyselaar hou soos in Lichtenburg gebeur het met die burgermeester.

Andre ·

Die aanhutsing word vanuit die buiteland gereël. Vrymesselaars ens.

Boerseun ·

Yip, hulle nie gelukkig met die kernkrag deel nie, en seker nog n paar ander wat ons nog van sal lees. Dan dink sekere mense nog dat hulle stem en n optog in sandton iets beteken

john samuel ·

“Wil” ….. Dit ‘gaan’ net gebeur as jy dit toelaat…. (jouself nie sterk genoeg ag om vir jouself op te staan nie….)

Koos ·

Maroela!
Hoekom stop julle nie liewer die kommentaar gedeelte van die nuus nie, en konsentreer liewer om julle berigte meer op datum te kry nie.

Phillip ·

Dagsê Koos

Laat weet gerus hoe jy dink die kommentaar beïnvloed die beriggewing en dan ook waar jy voel die nuus skort. Ons loer graag daarna

Groetnis

Phillip Bruwer, nms Maroela Media

O aarde ·

Koos, as daar nie die kommentare is nie, het ek geen rede om Maroela te lees nie. Die kommentare gee vir jou baie keer meer insig oor wat die werklike gevoel is. Jy moet net verby die teologiese kommentaar lees.

Cjan ·

Aan die een kant brand die land en aan die anderkant skep Zuma en sy trawante.

Lance ·

Andre hoe kom jy by vrymesselaars uit,dit is hulle wat jou moontlik gaan help in nood .Weereens kan van ons nie saam staan nie.

JA hoor ·

Darem is dit nie weer twee WIT BOERE Se skuld nie. Mos maklik om die blaam en oorsaak van brande en protesoptogte op die blankes te plaas. Wat se die ANC en al die ander makkers nou? Wie gaan hulle nou besoek en Tshirts, pette en ‘n halwe bruin brood uitdeel? Het net nog nooit die sense verstaan daaragter om iets AF TE BRAND en te verwag jy moet more DIENSTE he nie. Jy vernietig vandag ‘n klomp paai en geboue en motors, more het jy KRAG . hie ha ..~!~!

Johannes Meintjes ·

Mens, om Nuwe Ordes internasionaal te implimeteer verg kundigheid. Kulture moet verbaster word, ekonomiee moet geknel word, voedselsekerheid moet bevark word, kanonvoer en handige idiote moet elk as groep reg beheer word terwyl die apatiese hoofstroom net toekyk sonder om tot inmenging aangemoedig te word. Intussen moet Staatskaping bewimpel word, volksmoord moet selektief bevorder word, skyn verhore en valsvlag gebeure moet plaasvind en die internasionale arenas moet ge-orkestreer word. Presidente moet gedurig voorgelig word, angst moet uitgelok word en kontraste moet afgespeel word. Reg en verkeerd moet vertoebel word, skole moet dom kinders skep en die man in die straat moet afgesny word van inspraak, regspraak en geregtigheid. Die kerk moet verstar. Sannieshof is maar ‘n enkele dimensie daarvan. Dis ‘n hele gedoente wat beplan en bestuur moet word, – ook vir, onder en om die Afrikaner!

STAAN BY ·

en net gister waarsku ek oor die artikel colingny smeul nog, dat dit nie die laaste dorp sal wees nie, hulle sien dit werk en lok die meeste reaksie uit, nou gaan hul dit baie meer gereeld doen. ons veiligheids plan is in plek, tot ons buurdorpe kom help as dit nodig is, is julle plan in plek? tiek tok…….tiek tok……

Peter McCarthy ·

Hoekom laat hulle toe dat mense wat nie eers by die saak betrokke is met busse en taxis aangery word. Wat van pad blokkades hoekom werk dit nie. Onskuldige mense se goed word afgebrand en hulle besteel. Hoekom vra julle vir kommentaar as ons nie die waarheid kan praat nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.