[Foto’s en video] Betogers saai chaos by Lichtenburg

Foto: Twitter

Minstens drie vragmotors, waaronder een waarin lewende kuikens vervoer is, is tydens betogings op die R503 by Lichtenburg aan die brand gesteek.

Die polisie het motoriste wat van Ventersdorp ry aangeraai om van die N14 na Biesiesvlei gebruik te maak en van daar die R52 na Lichtenburg te neem. Motoriste wat van Lichtenburg na Johannesburg wil reis moet van die pad oor Koster gebruik maak. Motoriste wat na Potchefstroom of Klerksdorp wil reis moet dan die R53 gebruik.

Betogers het sedert vroegoggend amok gesaai deur voertuie en vragmotors met klippe te bestook en vragmotors aan die brand te steek. Een van die vragmotors wat aan die brand gesteek is, het lewende kuikens vervoer en video’s op sosiale media wys hoe die kuikens in die pad rondhardloop. Dit is nog nie duidelik wat van die kuikens geword het nie.

Die polisie het intussen bevestig dat vyf verdagtes, tussen 26 en 43 jaar oud, in verband met die geweld in hegtenis geneem is. Die polisie gaan voort om die situasie te monitor.

Die NWK-groep het bevestig die Agri Noordwes Jongboer-konferensie wat in die dorp plaasvind is ook ontwrig weens die voorval. Ertjies Jacobs, hoofbestuurder van strategiese projekte by die NWK, het ʼn beroep vir kalmte gedoen. Hy het gesê die ekonomiese trefkrag wat die vernietiging van eiendom het ondermyn die beroep op dienslewering wat die betoging probeer bewerkstellig.

Die video volg onder die foto’s:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Maretha Wiese ·

Dit is skokkend – en dat dit toegelaat word, daai kuikens kon honderde mense voed, ek wonder net wanneer is genoeg genoeg, gaan dit ooit ophou, en met al die stakings en betogings gebeur daarop die einde van die dag tog niks so hoekom moet ons verniel om ‘n “statement” te maak. Hierdie is net besig om vir my te veel te raak dat ons sulke gedrag kan toelaat, al wat ordenlik is word afgebrand oor mense wat nie eers gehelp het met die opbou daarvan nie!! En die Regering … “missing in action” …

Annelize ·

TIPIES!!! GEEN agting vir ENIGE vorm van lewe of ‘n ander se eiendom nie. Red nou hierdie land, RED HOM!!!

lorraine ·

vandaliste, ek n beter woord vir hulle, en het geen breine nie!!!!!

Penellope Jones ·

Hulle praat en leef deur middel van klippe en vuurhoutjies.

wielie ·

Saai verwoesting. Ons keer terug na die oertyd waar niks is want hier gaan niks oorbly.
Boere word vermoor daagliks, skole word gebrand, besigehede word geplunder, diere word vergiftig. Die kriminele is meer as die wetgehoorsames. Ek skaam my om te se ek bly in Suid Afrika ……..

snoefie ·

die hof het n paar jaar gelede beslis dat die vakbond/organiseerders van enige staking verantwoordelik is vir die skade wat tydens n staking/betoging aangerig word. tot tyd en wyl hulle opgeskroef word en gedwing word om te betaal sal hulle aanhou om stakings te reël. die “slagoffers” van die stakingsgeweld is ook te slapgat om eise teen die stakers in te stel. daarom hou dit aan.

Johan Maritz ·

Dit is hoe die ANC betoog vergelyk dit met DA optog en dit is seker weer Jan van Riebeeck se skuld

Erick ·

Lichtenburg, Derby en Koster was sulke puik dorpe gewees in vervloë jare. Nou net ‘n skaduwee. Hartverskeurend.

Johan Bezuidenhout ·

Vandag was seker een van die laagtepunte in my lewe. My hart bloei vir my maatskappy en die ander maaatskappye wat skade en verliese gely het. Na soveel insette in die gemeenskappe deur die maatskappye wat werkverskaffing, opleiding, en sosiale verantwoordelikheidsprojekte aan die inwoners bied, moet ons nou die skade ly. Wat gaan die uiteinde wees?

Sputnik ·

Wat gaan die uiteinde wees? Verskroeide, dorre aarde! Ons word “afgetrek” tot die oertyd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.