Brandbestryders is steeds besig om vlamme te blus nadat die stadsaal in Bloemfontein Woensdagaand vermoedelik deur stakende munisipale werkers aan die brand gesteek is.
Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê ʼn groep van ongeveer 200 werkers van die munisipalewerkersvakbond Samwu het vanmiddag by die stadsaal vergader. Die polisie is egter later na die toneel ontbied nadat rook by die gebou uitgeborrel het. Volgens Makhele moes die polisie skokgranate afvuur om die woedende werkers uiteen te jaag.
“Drie mense is in hegtenis geneem op aanklagte van vermoedelike brandstigting,” het Makhele gesê. Hy het gesê die meeste werkers het van die toneel gevlug toe die polisie skokgranate afgevuur het. “Die brandweer is steeds op die toneel besig. Vlamme is steeds sigbaar waar dit by die dak van die stadsaal uitlek.” Makhele kon nie bevestig of die hele gebou of slegs ʼn gedeelte deur die brand geraak word nie.
Qondile Khedama, woordvoerder van die Mangaung-metro-munisipliteit, het aan Maroela Media bevestig dat Samwu vroeër ʼn vergadering by die stadsaal gehou het, maar sê hy weet nie wat tot die brand gelei het nie. “Die werkers staak al vir die afgelope drie weke omdat hulle salarisverhogings eis. Ons het geweet daar gaan vandag ʼn vergadering hier gehou word, maar wat presies vanmiddag hier gebeur het, is nog nie duidelik nie,” het hy gesê.
Die doel van die vergadering was glo om die werkers in te lig oor die vordering van die onderhandelinge tussen die vakbond en die munisipaliteit. “Ons wil nie bespiegel nie, ons wil net feite hê. Die polisie is tans op die toneel en sal die ware feite vasstel.” Khedama het gesê hy sal later meer kommentaar oor die voorval kan lewer.
- Foto: Twitter via Arrive Alive
- Foto: Twitter via Arrive Alive
- Foto: Twitter
- Foto: Twitter via Arrive Alive
- Foto: Twitter
- Foto: Twitter
Bloemfontein City Hall on Fire in Reported Protest Action https://t.co/JZ84WDpL7g #Fire #Bloemfontein #Protest #ArriveAlive @News24 pic.twitter.com/MYmtpIRQk5
— Arrive Alive (@_ArriveAlive) June 21, 2017
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
83 Kommentare
Die stad van rose val al hoe laer. Was nog altyd ‘n prag stad met goeie mense, maar met ANC se leierskap verkrimp dit tot gemors. As jare lange inwoner maak dit net seer.
En as ons weer kyk moet die belastingbetalers weer meer opdok met verhoogde fooie en meer belastings om hulle gemors reg te stel. Wat ‘n grap van ‘n nasie.
hoeveel skade kan hulle aanrig , hoeveel korrupsie kan hulle pleeg , hoeveel blankes gaan hulle uitmoor , hoeveel ….. hoeveel…. voor ons dit stop sit ? hoe ver is te ver ?
Groot verlies vir Bloemfontien
Wat wil hulle in elk geval met ń verhoging doen, wil hulle nou komberse koop om onder die bome te lê heeldag?
Hoekom als aan die brand gesteek moet word …verstaan ek nie.