ʼn Brand het Dinsdag by Durban Christian Centre se Jesus Dome uitgebreek en die gebou verwoes.
Die oorsaak van die brand is nie dadelik bekend nie, maar daar was glo herhaaldelike kragonderbrekings in die gebied net voor die brand uitgebreek het.
Die koepel, wat van die N3-snelweg gesien kon word, was teen 18:00 afgebrand.
Talle motoriste het op die N3 stilgehou om te sien hoe eThekwini-brandbestryders poog om die brand te blus. Daar is ook ʼn paar persone wat na die kerk gery het om na die brand en verwoesting te kyk.
Daar was vroeër berigte van ʼn ontploffing wat deur die gebou geruk het. Lt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie het reageer op berigte van ʼn ontploffing. “In hierdie stadium kan ons nog nie sê wat die oorsaak van die ontploffing of die brand is nie.” ʼn Ondersoek duur voort.
Een getuie het aangevoer dit is ʼn kortsluiting by ʼn kringtelevisiekamera wat die brand veroorsaak het.
Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, het gesê niemand is in die brand beseer nie. Hy het gesê een metropolisiebeampte is beseer toe ʼn motoris hom getref het terwyl hy verkeer in die gebied gereguleer het.
Robert Mckenzie, woordvoerder vir KwaZulu-Natal se provinsiale nooddiens, het gesê die vlamme was om 20:00 geblus, maar die brandwees was steeds besig om die struktuur met water nat te spuit terwyl dit gesmeul het.
Konstruksiewerk aan die Jesus Dome, met ʼn kapasiteit vir 5 500 persone, het in 1997 begin en is in 1999 afgehandel.
Die kerk het op sosiale media aangedui gebedsgroepe kom Woensdagoggend om 05:30 bymekaar.
https://youtu.be/_-M6CMuv4v0
Jesus leef nie in geboue nie, maar in Sy kinders se harte.
Die aanbiddingsplek sal weer herstel word.
Die Evangelie van Jesus word nie so stilgemaak nie.
As dit nou maandag gebeur het, dan sou ons geweet wie dit was (2016-6-6)
‘n Onvergenoegde werknemer?