[Foto’s en video] Brande naby Knysna: Drie dood

Foto: Koos Britz/WVS Wildfires/Twitter

ʼn Egpaar en hul seun is dood in ʼn brand naby Rheenendal in die Wes-Kaap.

Die Eden-distriksmunisipaliteit het bevestig ʼn plaaswerker, sy vrou en hul seun is in die brand dood. Die presiese omstandighede rondom die voorval en die oorledenes se identiteit en ouderdomme is nog nie bekend nie.

Die Knysna-munisipaliteit het ʼn gesamentlike operasiesentrum op die been gebring by die Knysna-brandweerstasie om alle voorvalle te koördineer.

Gerhard Otto, hoof van Eden-rampbestuur, het gesê alle beskikbare personeel is ontplooi en dat personeel wat hul afdae gehad het ook versoek is om oortyd te werk.

Talle brande woed in die Knysna-gebied, onder meer by Hooggekraal naby Rheenendal asook by Kruisfontein langs die N2 naby Nekkies. Vier huise het reeds afgebrand.

Foto: @clxversexo/Twitter

Die brande beweeg ook na Plettenbergbaai en die N2 is gesluit. Die brande het ook na Belvedere en Brenton-on-Sea begin versprei en volgens berigte is daar ook begin om mense na veiligheid te neem.

Talle inwoners van ʼn ouetehuis tussen Knysna en Plettenbergbaai moes die tehuis verlaat.

James Brent-Styan, woordvoerder van plaaslike regering, het gesê die brand in Knysna is buite beheer en dat 13 huise in die Springveld-area ontruim is.

Brandbestryders in George is intussen ontbied na ʼn brand in die Wildernis-gebied. Styan het gesê ʼn huis langs die N2-hoofweg is vernietig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

MissDemeanor ·

Dit reen ja. Maar nie daar waar die brande is nie. Ek wonder of die oorvloed reen en storms aan WesKaap se kus te danke is aan Angus en die miljoen wat gevra het vir reen. So beter wees as hul gevra het vir n spesifieke hoecewlheid wat verdeel word oor die hele land

Ai ·

Natuur rampe word erger en gebeur meer gereeld. Soos n vrou in barensnood…. Ons Vader slaap nie, Sy woord is waar.

Sterkte aan die familie van die oorledenes, en sterkte aan almal in daardie omgewing.

ERG ·

4 mense is dood want dai mamma was verwagtend :( Die brande is erg en GOD moet intree mense verloor alles die hospitaal brand af dis vreeslik dit brand tussen Jefferys en PE ook en met die wind wat vandag teen 70km/h waai gaan dit nie gou onder beheer gebring word nie.. Ons het gebede nodig .. DRINGEND

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.