[Foto’s en video] Brande woed steeds in Wes-Kaap

Foto: WOF/Facebook

Foto: WOF/Facebook

Brandbestryders spook steeds om die veldbrand in die omgewing van Somerset-Wes onder beheer te kry.

Die brand woed sedert Dinsdagoggend in die Helderberg-area. Theo Layne, woordvoerder van Kaapstad se brand-en-reddingsdienste, het aan Maroela Media gesê nagenoeg 120 brandbestryders, 20 brandbestrydingsvoertuie en drie helikopters word ingespan om die brand te beheer. Volgens Layne is sewe eiendomme reeds in die brand beskadig, terwyl ʼn uitgebreide plantegroei-gebied ook reeds deurgeloop het.

Layne het gesê brandbestryders is naby residensiële gebiede ontplooi om inwoners se veiligheid te verseker. “Dit is baie warm vandag en ons verwag wind. Daar was gister omtrent 50 veldbrande wat in die Kaapstad-omgewing gewoed het. Die meeste van die brande is reeds onder beheer.” ’n Digte rookwolk het Dinsdagmiddag laat en Woensdagoggend oor Tafelberg gehang.

Volgens Layne het die brande die bekende Bezweni-lodge in puin gelê. Die eienaar, Peter Weideman, het op Facebook gesê die presiese omvang van die skade is nog nie bekend nie en niemand is tydens die brand beseer nie.

Die N2 by Sir Lowryspas is Dinsdagaand weens die brande gesluit, maar is intussen weer oopgestel. Cape Nature het intussen gesê die Hottentots Holland- en Kogelberg-natuurreservate is tot verdere kennisgewing weens die brande gesluit.

Intussen woed die brand by Hans-se-kop in Grabouw ook steeds en brandbestryders van die Overberg-munisipaliteit probeer om dit onder beheer te bring.

Daar was ook veldbrande by De Waal-rylaan, Oudekraal, Du Toitskloof, Kleinmond en Clanwilliam.

Die video volg onderaan die foto’s.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Carol ·

Aan Bok en Hanna, baie, baie geluk net die aankoms van julle baba. Mag Gesondheid en Vreugde elke dag Seevier! Mag die Here altyd by julle wees.

MC Van Zyl ·

Dank Vader vir waterbeperkings liewers so as wat water nie beskikbaar is vir brandbestryding nie.
Stem saam dat dit jammer is dat dit vir brandstigting of nalatigheid gebruik moet word.

bendons ·

Hoekom drinkwater mors skep uit die see. Die see is nader as die dam.
Ek dink hulle doen uit die see.
Sterke aan die manne wat die vure blus.

besorg ·

Dankie Heer U is altyd in beheer en wil U asb hier ingryp en die winde stil maak…wil U asb die brandbestryders krag en nodige energie gee en hulle ook beskerm. Dankie dat U omgee en beskerm en word die gebed na U Troonkamer gestuur. Dankie vir U bonatuurlike ingryp en die goeie uitkoms hiervan. Amen

amanda strauss ·

ek kan nie verstaan hoe kan brande net ontstaan agv hitte en sterk wind nie iemand moes dit seker begin het….as ek reg kan onthou is is van die W O F mense laasjaar gevang dat hulle die brande begin dat hulle dan deur dit kan werk in die somer maande…weet nie of ek verkeerd is nie.. sal graag ander se kommentaar hoor hier oor..

Sarie ·

Ja dis baie moeilik om hierdie brandstigters vas te vat. Twee jaar terug is daar brande gestig by Betties baai. Dis gedoen om die aandag van die perlemoenstropers af te trek wat altyd daardie agter pad Kaap toe vat. Dit het hand uit geruk en gelukkig was daar geen lewens verlies en geringe skade aan eiendom.

marius ·

mense wat sigarette by hulle karre uitgooi het dit begin mense’asseblief man as dit skrooi warm is en droog is brand dit nooit dan is daar geen brandstigters nie maar elke jaar klokslag as die wind verwoed waai is daar orals brande ‘ek sien elke daf mense gooi dit uit en ook as die wind waai maar suen dit in dis stad”dai persone weet wie hulle is wat daar hulle brandende sigaret stompies uitgegooi het’ek HAAT dit’volgens oorlewering was daar nooit sulke brande in die vroeee 18honderds hier nie want mense kon nie sigarette by hulle vensters uitgooi nie daaar was nie viertuie nie vir honderde jare het die kaap floreer sonder brande’as fit warm is sinder wind brand die sigaret stompies gewoonlik dood op die teer maar as die wind waai blaas dit vinnig in die droě ruigtes in en dan blaas die wind dit aan

CARINA ARCHER ·

Ek wil net sê n blikkie of stukkie glas in droeë gras kan ook ‘n brand laat ontstaan. ‘n Stukkie glas in die warm son werk soos ‘n vergrootglas en word baie warm en daarvan onstaan ‘n brand ook. Die mense moet ophou rommel strooi. Kyk hoe lyk dit op ons strande na ‘n oujaars aand. Sterkte aan al ons brandslaners en brandweer manne en vroue.

Spikkel ·

Hierdie brande word meestal gestig. Vang asb die skuldiges en laat hulle die nodige straf kry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.