[Foto’s en video] Dit lyk byna of dit sneeu op Melkbosstrand

Foto: Morris Pieterse.

Die storm in die Wes-Kaap het groot hoeveelhede skuim tot gevolg in Melkbosstrand, wat dit amper laat lyk of daar sneeu geval het.

Morris Pieterse, ʼn inwoner van Melkbosstrand, het vir ons dié foto’s ingestuur en gesê die wind waai steeds baie sterk.

“Ons het verlede nag baie goeie reën gehad, vandag kom en gaan dit maar so. Ons het vandag tuis gebly en mense ry maar in die strate rond en kyk na die see, niemand speel op die strand nie,” het Pieterse laat hoor.

Volgens hom het daar ook advertensieborde in die slag gebly en is seile wat mense se stoepe bedek ook geskeur.

Storm Report SA het ook dié video van Seepunt gedeel:

Jan Cronje – Sea Point Pavillion parking lot at 12.30.

Posted by Storm Report SA on Wednesday, June 7, 2017

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

LL ·

Nou wat soek die motors op die strand??? Is dit nie onwettig nie?

NN ·

LL – Die mense ry op die S T R A T E en kyk na die skuim op die S T R A N D E…………

Stephanie ·

“Nevermind waar hulle ry…. Vandag se ons net baie dankie liewe Heer vir die reen!!!
My kinders (en hul skape) in Calvinia kry ook reen. Dankie, dankie, dankie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.