[Foto’s en video] Goeie nuus: Mev. SA aangewys as Mev. Wêreld 2016

Candice Abrahams word gekroon as Mev Wêreld 2016 (skermskoot uit die video)

Candice Abrahams word gekroon as Mev Wêreld 2016 (skermskoot uit die video)

Mev. Suid-Afrika, Candice Abrahams, is Saterdag in China aangewys as die mooiste getroude vrou in die wêreld en sy is gekroon as Mev. Wêreld 2016.

Abrahams het Mev. Pole by die Goodview Hotel Tangxia in Dongguan uitgestof om die titel te verower. Mev. Amerika, Korea en Kanada was deel van die topvyf.

“Ons is oorstelp van vreugde dat Candice dié gesogte titel ontvang het,” het Joani Johnson, uitvoerende hoof van Mev. Suid-Afrika, gesê. “Dit is iets waaraan ons gewerk het sedert sy verlede jaar in Oktober as Mev. Suid-Afrika gekroon is. Ons was oortuig dat sy die titel kon wen en dit is ʼn oorweldigende oomblik vir die hele span dat Candice haar internasionale doel bereik het.”

Abrahams het die gehoor gaande gehad met haar Werner Dey-aanddraguitrusting. Sy was ook ʼn gunsteling in die nasionalekostuumkategorie danksy Anel Botha wat ʼn uitrusting ontwerp het wat simbolies was vir die Suid-Afrikaanse natuurlewe met ʼn besonderse hooftooisel deur Riana Conradie.

“Wat ʼn eer om die kroon huis toe te bring,” het Abrahams gesê. “Dit was nog altyd my droom om as Mev. Suid-Afrika aangewys te word en om my land op ʼn internasionale verhoog te verteenwoordig. Dit is die kersie op die koek van al my prestasies die afgelope jaar. Ek sien daarna uit om Suid-Afrika en die kontinent trots te maak, net soos Rolene Strauss tydens haar kroning as Mej. Wêreld gedoen het.”

‘n Video van die kroning volg onderaan die foto’s.


ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

EMK ·

Karolis en Theresa – gelukkig is julle nie die beoordelaars nie en dit gaan ook nie net oor “mooi” nie, maar baie ander dinge. Baie geluk Candice – jy is ‘n waardige wenner!

anne ·

Moet saam met julle stem, die dame met die rooi rok is beslis mooier. (Of die blond nou uit n bottel kom of nie) .

Fransie ·

Pragtige vrou en ook geluk aan Werner Dey en Anel Botha met die lieflike rokke. Sy het asemrowend mooi gelyk.

Gesiggie ·

Ons is vandag Trotse Suid- Afrikaners… vir 2 keer in n ry, vat ons Mej S.A die kroon. vir die titel .. ons baie trots op jou Candice… jy het pragtig gelyk.. Well Done…

Amelia ·

Baie mooi en geluk. En die 2 wat se die vrou in die rooi is mooi, jammer maar almal gee nie voorkeur aan blondines nie, veral nie as dit uit ‘n bottel kom nie. Ek is trots om te se sy is ons Mev SA.

Retha ·

Nee wat, die vrou in die rooi rok is veel mooier as Candice.

karen b ·

ek is geneig om saam te stem met die rooi rok bokkie opsie.

Ronnie ·

Pragtige vrou en rok. Die ontwerper is Werner DEY en nie DAY nie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Ronnie

Ons vra om verskoning vir die fout, die berig is gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Rina Kotze ·

Veels geluk Candice!
Jy maak SA trots in moeilike tye!
Darem ‘n stukkie goeie nuus!
Geniet jou jaar as Mev Wêreld!

Elfie ·

Sug… die een in rooi het nie eers die jaar deelgeneem nie; sy is ou nuus van laasjaar. Candice is smeulend mooi en waardige wenner

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.