[Foto’s en video] Groot dwelmklopjag in Soweto

Dwelmklopjag in Dobsonville, Soweto (Foto: Fikile Mbalula, minister van polisie)

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het Dinsdag ʼn groot dwelmklopjag uitgevoer in Dobsonville, Soweto.

Fikile Mbalula, die minister van polisie, het by die beamptes aangesluit. Hy het op Twitter die toneel vergelyk met ‘n toneel uit die televisiereeks Breaking Bad.

Die perseel is gebruik vir dwelmvervaardiging en daar is beslag gelê op chemikalieë en ander dwelmvervaardigingstoerusting.

Mbalula het die bure toegespreek wat nie bewus was dat dwelmmiddels in hul buurt vervaardig word nie. Hy het gesê daarom is buurtwagte belangrik, sodat die bure kan weet wie langs hulle bly. “Vra hulle om die deur oop te maak, jy wil kom koffie drink. As jou buurman verdag optree, kontak die polisie,” het hy gesê.

“Ons het vandag miljoene mense se veiligheid verseker, danksy die Mandrax-tablette waarop daar beslag gelê is,” het hy aan die media gesê. Hy het die beamptes geloof wat by die klopjag betrokke was en gesê dit is waarna hy verwys as hy praat van “misdaadintelligensie-gedrewe operasies”.

Hy het verduidelik die dwelms word in Soweto vervaardig en daarna na Kaapstad vervoer waar dit verkoop word.

Hy kon nog nie die nasionaliteit bekend maak van die persone wat met die dwelmlaboratorium verbind word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

lynni ·

Breaking Bad was baie goeie reeks. Baie toekenings gekry. Dit wys hoe ‘n goeie mens se hele lewe verander en dit om geld uit dwelms te maak en dat dit pad na selfvernietiging is.

Boswyk ·

Is dit die Sport Minister van Korrupte Polisie of n speurder konstabel?

Johann Marx ·

AAAAGGGHHHH……simpel blêrrie polisie wat hulle neuse ook orals indruk waar dit nie nodig is nie. Nou moet ek van voor af ‘n nuwe “dealer” gaan soek!! Hahahahaaa…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.