[Foto’s en video] Groot ontdekking vir mensdom in Suid-Afrika gemaak

Prof. Berger paleontoloog van die Instituut van Evolusionêre Studie aan die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) bekyk H. naledi se skedel Foto via maropeng.co.za

Prof. Berger paleontoloog van die Instituut van Evolusionêre Studie aan die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) bekyk H. naledi se skedel Foto via maropeng.co.za

ʼn Ontdekking wat nuwe lig werp op die oorsprong van die mensdom is Donderdag publiek aangekondig as moontlik die “vermiste skakel” in evolusie.

“Dit is ʼn ongelooflike noemenswaardige vonds,” het Terry Garcia, hoof beampte van wetenskap en ontdekking van die National Geographiphic Society (NGS), gesê. “Ons het dadelik ons ondersteuning toegesê toe Lee Berger ons gekontak het om die fossiel se aanvanklike ontdekking aan te meld.”

Prof. Berger paleontoloog van die Instituut van Evolusionêre Studie aan die Universiteit van die Witwatersrand (Wits), en National Geographic het twee ekspedisies gelei. Berger en sy span van tussen 50 en 60 wetenskaplikes en grotkruipers is ondersteun en gefinansier deur onderskeie vennote soos Wits, die NGS, die Suid-Afrikaanse departement van wetenskap en tegnologie, die Nasionale Navorsingstigting (NNS), Gauteng se provinsiale regering en Gauteng se toerisme-owerheid, die Wieg van die Mensdom-wêrelderfenisterrein en Maropeng, en James Cook-universiteit.

Homo naledi se beendere op 'n tafel uitgepak (Foto: John Hawks, ANA)

Homo naledi se beendere op ‘n tafel uitgepak (Foto: John Hawks, ANA)

Altesaam 1 550 fossielelemente wat aan die spesie Homo Naledi (H. naledi) behoort, is gevind.

Die elemente is aanvanklik in 2013 in ʼn grot in die Wieg van die Mensdom Maropeng in Gauteng gevind en verteenwoordig minstens 15 individue wat verskil in ouderdom en moontlik manlik en vroulik voorstel.

Die vonds is ongeveer 90 meter van die ingang na die Dinaledi-kamer gemaak en daag wetenskaplikes se kennis uit oor dit wat hulle weet van die oorsprong van die mens en die menslike genus.

Die oorskot is bykans alleen in ʼn geïsoleerde kamer gevind en toon tekens dat daar bitter min toevallige besoekers was.

“Ons het elke alternatiewe scenario ondersoek, insluitend massadood, ʼn onbekende karnivoor, watervervoer van ʼn ander ligging of onnatuurlike dood in ʼn strik,” het Berger gesê. “Ons word gelaat met die doelbewuste liggaamsberging deur Homo naledi as die enigste moontlikse scenario.” Die rituele, herhaalde gedrag is uniek aan die mens.

H. naledi se mengsel van primitiewe kenmerke en genoeg menslike eienskappe plaas dit in die genus Homo, en daag bestaande teorieë oor die menslike stamboom uit.

H. naledi se hand soos dit gevind is (Foto: Marina Elliott, ANA)

H. naledi se hand soos dit gevind is (Foto: Marina Elliott, ANA)

H. naledi het ʼn klein brein, die grootte van ʼn gemiddelde lemoen, soortgelyk aan Australopithecus africanus soos Lucy en Mev. Ples. Die vorm van H. naledi se skedel met kenmerkende eienskappe soos definitiewe wenkbrouriwwe en die vernouing van die kranium agter die holtes dui ook aan dat dit aan die genus Homo behoort.

Interessant genoeg lyk H. naledi se voete meer soos menslike voete as dié van ʼn sjimpansee wat daarop dui dat dit regop geloop het. Die sterk geboë vingers dui egter daarop dat H. naledi gereeld geklim het.

Die ontdekking sal na verwagting, afhangend van die ouderdom van H. naledi en toekomstige vondse, ʼn invloed hê op die ontwikkeling van die Afrika-argeologiese rekord, interpretasie van die Suid-Afrikaanse argeologiese rekord, en die skeppers van steengereedskap laat bevraagteken.

Die span is oortuig die ontdekkingstog eindig nie binnekort nie. “Daar is moontlik nog honderde, indien nie duisende nie, oorskot van H. naledi,” het Berger bygevoeg. “Die kamer het nog nie al sy geheime verklap nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Melt Olckers ·

As dit daarop neerkom dat die Homo Sapiens afstam van Homo Naledi af, dan is dit bewys dat alle mense uit Suid Afrika uitkom en geregtig is om hier te woon, nie net sekere rasgroepe nie.

Rooiman ·

Grootste grap van ons tyd. Hierdie spul sotte aanbid almal die vader van die leuen.

Hannerie ·

Hulle praat die grootste klomp bollie kyk een keer Genesis vs evolution en jy sien die waarheid op wit en swart plus verduideliking ook op wit en swart van waar hulle aan hulle stories kom. Niemand sal jou ooit weer ‘n rat voor die oë draai nie. As hulle begin met miljoene jare lag ek vir hulle. Eerstens fossilised iets wat met bv. Modder toe gespoel het baie vinnig anders sou dit verrot. En die manier wat hulle gebruik om ouderdom te bepaal is ook bollie. Hulle fossilised ‘n teddie beer in drie maande deur hom bo oor iets te hang. Kan nie meer mooi onthou nie. Maar een ding is ek dood seker oor en dis hulle praat bollie. Sorry vir die speling. Hulle se my voor ouers was ape haha.

Malinda ·

Dis nou n groot diep pot snert. God se Woord die Bybel se hoe die mens ontstaan het. Daar is nie so ding soos evolusie nie, die mens kan maar net wens daarvoor.

Melt Olckers ·

Genesis moenie gesien word as ‘n geskiedenis en wetenskap handboek nie. Dit is ‘n hulpleiding om saligheid te verkry, nie om die natuur te verklaar nie.

SNEL ·

Grootste pot nonsies. Ek sal 1 April (April fool’s day) spesiaal aan hierdie klomp dink. Psalm 14:1 Only fools say in their hearts. “There is no God” They are corrupt, and their actions are evil; not one of them does good! Wys net, daar is n ou daggie vir hulle ook.

Dit is presies wat die “vyand” wil hê; as daar n “bewys” is dat Genesis nie bestaan nie, hoe moet die res van die Bybel dan geglo word. Dis jammer dat as n wetenskaplikes sy mond oopmaak en sê; ons “vermoed/moontlik” , dan word daai vermoed of moontlik heeltemal weggegooi en almal se “dit is so”. Ek is geskape en kom beslis nie van n aap af nie, maar ek wonder nou hoe lank volgens die wetenskaplikes sal ons ” mense” bly voor ons weer in iets anders ontpop.

Suzette ·

God het die mens geskape nie n kruising tussen n aap en mens nie…. Regtig??!!

Lynt ·

Baie interessante vonds. Sal die vordering van die wetenskaplikes dophou om te sien hoeveel ouer hulle dit bevind as die vorige oudstes. Lykmy die lesers wat hierop kommentaar gelewer het glo die aarde is 6000 jaar oud……

Paul de Beer ·

Ons glo nie dat dit 6000j oud is nie, Lynt. Dit is nie so eemfoudig nie. Moet dus nie omdat ek, of die “ander” waarna jy verwys, nie met die miljoene of biljoene jare teorie saamstem nie, ons as dom probeer afmaak deur dit te vereenfoudig na ‘n absolute syfer soos 6000 nie! Wat wel korrek is, is dat ek nie glo, of deffenetiewe of absolute “bewyse” kan find vir die biljoene jare teorie nie en dat dit niks anders as teorie is nie! Iewers tussen in is die antwoord, maar waarskynlik nader aan 6000 as paar biljoen…

HEVW ·

God het beslis nie die mens geskape om in onsekerheid oor homself te verkeer nie. Die grootste gawe wat die mens ontvang het, is die sekerheid van sy OORSPRONG en sy eindbestemming. Dit verleen in sigself betekenis en sin aan sy lewe (nie bestaan). Voeg daarby dat hy n roepingsbesef het. Geroepe om te antwoord aan die hand van sy Oorsprong en opdrag. En dan ook om te verantwoord. Dit verleen rykdom en sin aan die lewe van die mens. Buite hierdie waarhede is die mens gedegradeer tot die evolusiebegrip wat geen motiveringsbron vir werklike lewe is nie.

Chris du Plessis ·

Is dit nou so moeilik om te aanvaar dat evolusie wel plaasgevind het (die bewyse is immers fisies sigbaar) en moontlik steeds plaasvind terwyl dit ewe duidelik is vir die Bybel gelowige dat daar ‘n mens na die beeld en gelykenis van die Almagtige geskape is. Die Almagtige was immers reeds vanaf voor Genesis en kon moontlik in daardie tydperk ook geskape het, saam met die Dinosaurusse en ander wat dan deur die evolusie verder kon ontwikkel. Miskien sal dit veel makliker wees om te aanvaar dat daar verskillende skepsele is; sommige vanuit die evolusie en ander vanuit Genesis vir die Bybelgelowiges.

Chris ·

Ek het al baie preke in my lewe gehoor en hoe verskillende predikante dieselfde gedeelte op ‘n ander manier vertolk. Die 6 dag skepping kon 6 tyd eenhede gewees het, miljoene jare uitmekaar. Die nuwe vertaling meld dat God op die 6 de dag die “mense” geskape het, nie die mens nie. Wie was hulle? Indien die aarde werklik 6000 jaar oud is soos wat sommige glo, waarom word daar dan nie in die Bybel van dinosaurs melding gemaak waarvan die beendere miljoene jare oud is nie? Ek glo nie dat evolusie die Godheid weerspreek nie, volgens my is dit ‘n bewys dat God al hierdie dinge geskape het, oor ‘n lang tyd. Die chronologiese volgorde v/d skepping stem volgens my, saam met die wetenskap.

Chris du Plessis ·

Hi Chris. Lyk of ons oor die evolusie en die Genesis geskiedenis redelik dieselfde siening handhaaf. Wees net versigtig vir die Nuwe vertaling; dit is doelbewus so vertaal om die moderne kerklike siening te promoveer. Gebruik liewers die 1953 Afrikaanse vertaling en die Engelse King James version saam met Strong’s se konkordansie. Dit word dan ook baie duidelik dat die aarde nie “woes en leeg” was nie, (Genesis1) maar “woes en leeg” geword het, m.a.w. “herskep” is. In Genesis lees ons dan ook dat die Almagtige die mens geskape het na ONS beeld en ONS (die Drie-Eenheid) gelykenis en Hy het hulle geskape as man en vrou (mense). Dit staan egter duidelik teenoor die ander nasies wat buite die Paradys was oor die res van die aarde. Kain het tog na hy uit die Paradys geban is vir hom ‘n vrou in die Ooste gaan neem. Daar was dus ander sg. mense daar wat voor die Genesis gebeure geskape moes wees en nie na die “beeld en gelykenis” van die Almagtige nie. Groete.

neelsie ·

Een ding wat ek nie verstaan nie, is, as die ape ons voor-familie is , hoekom het die huidige sjimps vergeet om te verander?
Vra maar net….

Rudi ·

Ek vertrou die mens maar uiters min. Gevolglik het ek geen vertroue in die wetenskap nie. Hulle maak hoogs intellegente gevolgtrekkings en slaan scenarios aanmekaar, ‘n denkbeeldige legkaart en verkoop dit aan die wêreld as feitlike gebeure.
Hoogs onbetroubaar.

As hulle net skoon by feite bly, soos dat hulle nuwe skelette ontdek het wat nog nooit voorheen gesien was nie, sou dit soveel interresanter wees. Maar net nog ‘n genetiese variant soos honderde ander, wat gekom het en toe weer uitgesterf het.

Paul de Beer ·

Ek wil graag met jou saamstem, Rudi. Palieëntoloeë sal meer geloofwaardigheid hê, Indien hulle die feite en hulle teorieë beter beklemtoon. Feite, wetenskaplik gegrond en deeglik ondersoek en omskryf, is anders as saamgeflandse teorieë wat met vooropgestelde motiewe besmet is! Die twee dinge moet ver van mekaar verwyder word!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.