[Foto’s en video] Groot ontdekking vir mensdom in Suid-Afrika gemaak

Prof. Berger paleontoloog van die Instituut van Evolusionêre Studie aan die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) bekyk H. naledi se skedel Foto via maropeng.co.za

Prof. Berger paleontoloog van die Instituut van Evolusionêre Studie aan die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) bekyk H. naledi se skedel Foto via maropeng.co.za

ʼn Ontdekking wat nuwe lig werp op die oorsprong van die mensdom is Donderdag publiek aangekondig as moontlik die “vermiste skakel” in evolusie.

“Dit is ʼn ongelooflike noemenswaardige vonds,” het Terry Garcia, hoof beampte van wetenskap en ontdekking van die National Geographiphic Society (NGS), gesê. “Ons het dadelik ons ondersteuning toegesê toe Lee Berger ons gekontak het om die fossiel se aanvanklike ontdekking aan te meld.”

Prof. Berger paleontoloog van die Instituut van Evolusionêre Studie aan die Universiteit van die Witwatersrand (Wits), en National Geographic het twee ekspedisies gelei. Berger en sy span van tussen 50 en 60 wetenskaplikes en grotkruipers is ondersteun en gefinansier deur onderskeie vennote soos Wits, die NGS, die Suid-Afrikaanse departement van wetenskap en tegnologie, die Nasionale Navorsingstigting (NNS), Gauteng se provinsiale regering en Gauteng se toerisme-owerheid, die Wieg van die Mensdom-wêrelderfenisterrein en Maropeng, en James Cook-universiteit.

Homo naledi se beendere op 'n tafel uitgepak (Foto: John Hawks, ANA)

Homo naledi se beendere op ‘n tafel uitgepak (Foto: John Hawks, ANA)

Altesaam 1 550 fossielelemente wat aan die spesie Homo Naledi (H. naledi) behoort, is gevind.

Die elemente is aanvanklik in 2013 in ʼn grot in die Wieg van die Mensdom Maropeng in Gauteng gevind en verteenwoordig minstens 15 individue wat verskil in ouderdom en moontlik manlik en vroulik voorstel.

Die vonds is ongeveer 90 meter van die ingang na die Dinaledi-kamer gemaak en daag wetenskaplikes se kennis uit oor dit wat hulle weet van die oorsprong van die mens en die menslike genus.

Die oorskot is bykans alleen in ʼn geïsoleerde kamer gevind en toon tekens dat daar bitter min toevallige besoekers was.

“Ons het elke alternatiewe scenario ondersoek, insluitend massadood, ʼn onbekende karnivoor, watervervoer van ʼn ander ligging of onnatuurlike dood in ʼn strik,” het Berger gesê. “Ons word gelaat met die doelbewuste liggaamsberging deur Homo naledi as die enigste moontlikse scenario.” Die rituele, herhaalde gedrag is uniek aan die mens.

H. naledi se mengsel van primitiewe kenmerke en genoeg menslike eienskappe plaas dit in die genus Homo, en daag bestaande teorieë oor die menslike stamboom uit.

H. naledi se hand soos dit gevind is (Foto: Marina Elliott, ANA)

H. naledi se hand soos dit gevind is (Foto: Marina Elliott, ANA)

H. naledi het ʼn klein brein, die grootte van ʼn gemiddelde lemoen, soortgelyk aan Australopithecus africanus soos Lucy en Mev. Ples. Die vorm van H. naledi se skedel met kenmerkende eienskappe soos definitiewe wenkbrouriwwe en die vernouing van die kranium agter die holtes dui ook aan dat dit aan die genus Homo behoort.

Interessant genoeg lyk H. naledi se voete meer soos menslike voete as dié van ʼn sjimpansee wat daarop dui dat dit regop geloop het. Die sterk geboë vingers dui egter daarop dat H. naledi gereeld geklim het.

Die ontdekking sal na verwagting, afhangend van die ouderdom van H. naledi en toekomstige vondse, ʼn invloed hê op die ontwikkeling van die Afrika-argeologiese rekord, interpretasie van die Suid-Afrikaanse argeologiese rekord, en die skeppers van steengereedskap laat bevraagteken.

Die span is oortuig die ontdekkingstog eindig nie binnekort nie. “Daar is moontlik nog honderde, indien nie duisende nie, oorskot van H. naledi,” het Berger bygevoeg. “Die kamer het nog nie al sy geheime verklap nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

20 Kommentare

jongste oudste gewildste
hiehie

Groot pot nonsens!!!!!!!!!!!!!!!!

Melt Olckers

As dit daarop neerkom dat die Homo Sapiens afstam van Homo Naledi af, dan is dit bewys dat alle mense uit Suid Afrika uitkom en geregtig is om hier te woon, nie net sekere rasgroepe nie.

Rooiman

Grootste grap van ons tyd. Hierdie spul sotte aanbid almal die vader van die leuen.

Hannerie

Hulle praat die grootste klomp bollie kyk een keer Genesis vs evolution en jy sien die waarheid op wit en swart plus verduideliking ook op wit en swart van waar hulle aan hulle stories kom. Niemand sal jou ooit weer ‘n rat voor die oë draai nie. As hulle begin met miljoene jare lag ek vir hulle. Eerstens fossilised iets wat met bv. Modder toe gespoel het baie vinnig anders sou dit verrot. En die manier wat hulle gebruik om ouderdom te bepaal is ook bollie. Hulle fossilised ‘n teddie beer in drie maande deur hom bo oor iets te… Lees meer »

Malinda

Dis nou n groot diep pot snert. God se Woord die Bybel se hoe die mens ontstaan het. Daar is nie so ding soos evolusie nie, die mens kan maar net wens daarvoor.