[Foto’s en Video] Groot skade ná supermark vlam vat

Jumbo Cash & Carry brand. Foto: Via Intelligence Bureau SA op Facebook.

Jumbo Cash & Carry brand. Foto: Via Intelligence Bureau SA op Facebook.

Goedere van nagenoeg R100 miljoen het in die slag gebly nadat daar Donderdagoggend ʼn brand by ʼn gewilde supermark in Johannesburg uitgebreek het.

Die brand het omstreeks 05:00 by die Super Jumbo Cash & Carry naby die M1-snelweg in Crown Mines uitgebreek.

“Alle aandskofpersoneel is veilig ontruim en niemand word vermis nie. Geen beserings is aangemeld nie,” het Massmart, die supermark se bedryfsmaatskappy, in ʼn verklaring gesê.

Die Johannesburgse nooddienste is dadelik ontbied.

Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburg-metropolisie, het gesê brandbestryders het die brand in bedwang gebring. Dit het geen ernstige verkeersknope veroorsaak nie.

Die oorsaak van die brand is nog onbekend en sal ondersoek word sodra die gebou veilig verklaar is.

“Die brandweer, polisie en versekeraars sal die oorsaak ondersoek. Die waarde van die goedere behels sover beraam word omstreeks R100 miljoen. Die winkel, bates en handelsware is ten volle verseker,” het Massmart gesê.

Jumbo Cash and Carry in Crown mines is on fire all services on scene…

Posted by Intelligence Bureau SA on Wednesday, February 24, 2016

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Ben (:-) ·

Hier `n kapmpus, daar `n trein en `n stasie, daar anderkant `n supermark….dink ek weet hoe die brand ontstaan het

alida ·

Die EFF wou seker gratis kos en drank gehad het en toe dit geweier word toe brand hulle die plek af. Dit is mos Afrika styl.

Topster ·

Nee die kasiere het seker Afrikaans gepraat en het n wit vel gehat

nic ·

Brandstigting dis mos die in ding .hoe wil jy n land regeer met sulke studente wat die toekomsstige leiers moet word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.