[Foto’s en video] Gyselaarsdrama in Kaapstad

Foto: ANA

ʼn Gyselaarsdrama speel hom tans in die Kaapstadse sakesentrum af.

Volgens berigte het gewapende rowers mense in die Cash Crusaders-winkel in Strandstraat gyselaar geneem.

Daar is ʼn swaar polisieteenwoordigheid in die gebied, terwyl Strandstraat vanaf Loopstraat tot Langstraat afgesper is. Dit het verkeersopeenhopings in die gebied veroorsaak.

Talle mense staan agter die polisielint en hou die situasie dop, terwyl verskeie brandbestryders en ander nooddiensbeamptes ook op die toneel is.

Foto: ANA

Veiligheidswagte van die Central City Improvement District (CCID) op die toneel het bevestig dat mense gyselaar gehou word en dat gewapende rowers steeds binne die winkel is.

ʼn Vrou wat nie haarself wou identifiseer nie, het gesê sy het ʼn vliegtuigkaartjie by ʼn nabygeleë lugrederykantoor gekoop toe sy “net skielik mense en polisiebeamptes en vuurwapens gesien het”. Sy het gesê polisiebeamptes het hulle weg van die toneel af vergesel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Daleen ·

Christine,

Dis Kaapstad vir jou.. Die plaaslike regering werk daar.. ons almal weet natuurlik wie dit is.. terloops op die noot as jy ooit kans kry Die Karl Bremer STAATShospitaal in Bellville lyk beter as van ons land se privaat hospitale (insluitend diens).. diewe is oral maar virseker kan mens immer gebruik maak van die middestad. Ek weet nie of mens dit van enige ander stad sommer kan sê nie..

Vossie ·

Kaapstad? ‘N rustige toerisme Stad. Rowers in die middel van die Stad, helder oor dag. Wat het waar fout gegaan in SA?

Niks is meer reg in SA nie!

Wonder-maar-net ·

Miskien vergesog…. Kaapstad en omliggende areas word geteister deur die ergste misdaad ooit. Is dit net ‘n te maklike teiken? Is dit ‘n aanval op die DA?

Grens ·

Die goed gebeur in ander lande ook, nie net SA nie. Hoop die mense kom veilig daaruit.

Ashlee ·

Grens, jy laat dit klink of als okay is. Nee, wat tans in Suid-Afrika plaasvind kan jy nie naasteby vergelyk met die van ander beskaafde lande nie. Geensins. Ons lees graag een sin, en vergeet om die res van die boek te lees. En die boek is een afskuwelike riller, een van doodslag, moord, verkragting, vergryping van onskuldige burgers, en die ongeloofde ” traak nie” van die leierkorps. Alvoorens jy nie in n “ander” land was of woon nie, sal jy dit ook nooit verstaan nie.

SkarrelKind ·

Ashlee, jy het ‘n baie ware ding kwyt geraak. Ons het verlede maand Europa toe verhuis. Dit is waaragtig nie maklik om alles agter te laat nie, maar die misdaad is omtrent 85% minder hier en moord vind wel plaas, maar dis nie algemeen nie, en so ook nie gewapende roof or verkragting nie. Ons sluit alles en ons is versigtig, maar jou kans om nie deur misdaad geraak te word nie, regtig omtrent 90%. Veral op die Ierse platteland. Ds soos ons land eentyd was …

roger sheppard ·

This episode surely a constructed distractor. an attempt to undermine success of the Western Cape DA! Remember please: Under DA, >180 000 jobs created through DA & Agric Unions in WC. In their office thus far DA created over 490 000 jobs in WC (see Premier Zille’s SOPA [State of the Prov Address]) 80% of municipalities got clear audits!! Why have police suddenly been photographed in action when they have just been instructed to stay away from robbery, hijacking and potentially violent events? Is this Gupta tactics through Bell Pottinger? ie “Fake News” created!! Remember: Khayalitsha school results increased from 20% matric pass to 47% !! No province or Central Govt [ANC led!!!] comes near!! The facts are available, and anyone can check these!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.