[Foto’s en video] Hatfield brand

Foto: Twitter

Foto: Twitter

Chaos het Maandagoggend in Hatfield in Pretoria uitgebreek nadat betogende studente die strate ingevaar het.

Brig. Sally de Beer, woordvoerder van die polisie, het gesê die studente het ʼn nagwaak gehou en vanoggend die ingang na die Universiteit van Pretoria se Hatfield-kampus versper.

“Voertuie op die kampus is beskadig. Lede van die polisie se eenheid vir openbare orde is op die toneel. Die polisie sal die situasie monitor en die nodige stappe doen waar nodig,” het De Beer gesê.

Dit was nie onmiddellik duidelik of iemand al in hegtenis geneem is in verband met die voorval nie. Motoriste is intussen gewaarsku om die gebied te probeer vermy.

Anna-Retha Bouwer, woordvoerder van die universiteit, het bevestig daar is skade aangerig aan geboue in Prospect- en Festivalstraat. “Die polisie hanteer die situasie en die beperkte akademiese program gaan voort soos beplan.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

62 Kommentare

wilweet ·

Ai, kan ongelukkig nie hier sê wat ek van die klomp dink nie :-( . Kan net sê NIKS gaan oorbly nie!!!!!

Celeste ·

Dis net soos kinders. As mens hul nie vroegtydig vasvat en dissiplineer met toepaslike strafmaatreels nie sal hul net aanhou om die reels te oortree!

Jaques ·

Die probleem het in 1996 / 1997 begin toe die arme bloedjies se mense regte te veel geskend is as hulle moes buk vir drie van die bestes, of te wel toe maniere leer onttrek is uit die skole en samelewing.
Ek het ‘n plan, kom ons pas die nuwe sielkunde toe, se almal wat so amok maak moet in ‘n hoekie gaan staan en gee hulle time out, dit is mos die regte manier, of wat se ek?

Schantell ·

Hierdie blad moet beslis ‘n like knoppie kry onder die kommentaar :) iewers sal iemand ‘n rugstring moet groei en hierdie dinge stop sit, SA gaan dit nie maak nie. Hierdie gedrag dink hulle is reg en so sal hulle aangaan, want hulle kom weg daarmee, polisie en staat beteken niks. #useless

Ansie ·

Ek sal graag wil weet “hoe hanteer die polisie” die situasie.Die “studente” het op die oomblik meer blêrrie regte want hulle mag mos nie hardhandig behandel word nie,maar hulle mag eiendom en ander mense hardhandig gebruik en behandel.

Lizelle ·

Hierdie is beslis nie studente nie, sou eerder sê dis kriminele!

Eish ·

Waar gaan dit stop. Hulle het reeds ons Honeurs graad kursus vir volgende jaar kanseleer. Geen fondse. Nou moet ons almal daaronder lei

DD ·

Eish, omdat hulle geen toekoms het nie, gun hulle niemand niks.

Deon Koegelenberg ·

Gaan daar dan nooit n einde kom aan hierdie afbrand afbreek vernietegende jeug/studente nie. Hulle is besig om die land te verarm en nog minder geleenthede vir hul toekoms . Waarom sit die regering agteroor en doen niks nie Is daar n ander agenda waarvan ons niks weet nie ?

Jean ·

Ek stem, daar gaan nie opgetree word nie, ek hoor niks van regeringskant af behalwe dat Zuma gese het die optogte beteken dit is ‘n lewendige demokrasie?? ?nie .. EFF word nie in die bek geruk nie, die studente word in hegtenis geneem en dan weer vrygelaat om weer te gaan afbreek en afbrand. Hulle gee nie om of daar nog universiteite staan nie, hulle wil dit ook van al die ander mense ontneem, dis die probleem … solank niemand niks het nie, is dit alles VERNIET!

Johann ·

Studente? Anargiste en terroriste! Moes al LANKAL met dieselfde disrespek wat hulle vir ander het uit die samelewing verwyder word. Maar dan sit ons met n “president” wat hulle prys en loof as deel van n gesonde demokrasie!

Karma ·

@Johann – dit is nie net die ANC en “President” Zuma wat dié anargiste beskerm nie, maar ook links- en liberaal-gesindes wat weet te vertel het dat dit nie die spul onwettige immigrante (of diegene met sg. studie-beurse wat deur hul tuislande betaal word) wat die afbreek en afbrand werk doen nie. Dit is glo “ons eie mense”. “President” Zuma sê dan dit is ‘n werkende demokrasie wat ons nou sien; die ANC sit agteroor en bekyk die spul van bo tot onder sonder om ‘n vinger te roer en die EFF sit agter alles. Ek wil jou amper wed dat 90% van dié protesterende ‘studente’ nie naastenby verbonde is aan die kampusse of universiteite nie; dit is EFF-gewerfdes wat doen wat hulle lánkal beloof het om te doen: nl., om die land af te breek en te vernietig. Want hoekom is Mallemannetjie so stil oor die hele aangeleentheid? Trouens, hoekom is ALMAL so stil oor die hele aangeleentheid; van die ANC tot die EFF tot die DA en VF+? G’n enkele politikus het hom/haarself al hieroor uitgespreek nie. Of is die Universiteite vir die wolwe gegooi en word daar gesê: “sorter jul eie gemors uit”? Ek vra maar net ……

idi ·

Nie een van daai is student nie, Dis meestal EFF members en maaitjies.

Tanya ·

Ek het twee studente op Tuks n finale jaar en eerste jaar. My eerste jaar student moes ha Universiteit begin met optogte geen vrolike musiek en opgewondenheid nie maar wel vrees wat gaan gebeur as ma en pa hier wegry, ons kinders word ontneem van n Universiteits studente lewe en hul loopbaan. Die mense wat so betoog wat is jou matriek gemiddeld verdien jy dit om verder te studeer? Indien ja sê ek ook help die studente wat n hoë gemiddeld het wat dit nie kan bekostig maar julle wat betoog en nie eens matriek het nie julle hoort agter tralies julle ontneem studente van hul toekoms!

hoe nou ·

Brand maar af die belastinggeld Sal alles weer hetstel. Daai put droog nooit op nie

Hendrik ·

hoe nou.
een van hulle het heelwat lank gelede aan my gesê daardie plek in PTA sal vir ons geld maak as daar nie is nie.

Linda ·

Hulle moet jong mense weer verligting om diensplan te doen, te verpleeg of SAP toe stuur vir 2 jaar. Baie sal dan rigting-georeënteerd raak en meer weet wat hulle wil en kan doen. Bietjie meer ambags-gerigde motiveringspraatjies en regeringdhulp sal hulle ook laat besef daar is soms meer geld in eerlike hande arbeid is as om ‘n graad te hê en nie werk te kry nie omdat die mark versadig is. Wie regtig wil kan steeds na-uurs studeer om beter gekwalifiseerd te raak en terselfertyd ‘n inkomste verdien. Dit het net te maklik geraak om lui te wees en ‘te veg vir jou menseregde’

Liza ·

Linda, jou eerste sin maak nie sin nie, as jy bedoel jongmense moet weer verplig word om diensplig te doen het jy seker nie ‘n jongmens in jou familie nie…. Tye het totaal en al verander en ‘n wit kind sal dit nie maak in ‘n swart weermag nie!

mm ·

Die Rektor moet die punte van die betogendestudente bekend maak en dan kan ons sien met wat hulle te doen het.Dit is nou as sy die rugraat daarvoor het.

twakkies ·

Hulle gaan nie stop voor alles plat is en hulle betaal word om te studeer. Waar kry hulle al die klippe?

Wilma ·

Wilma, ja daar is nog ‘n weermag, maar ongelukkig is die betogings nie in hulle verantwoordelikheids raamwerk nie, tensy ‘n noodtoestand afgekondig word.
Die verantwoordelikheid is die van die SAPD, maar danksy die media en menseregte is hulle hande ook baie gebind. As hulle hardhanding optree dan lyk die studente soos die slagoffers en die media rapporteer dit so, as hulle niks doen nie, dan is hulle weer useless volgens die media. Die SAPD lede werk baie lang ure maar is beperk met mannekrag, en dit wil vir my lyk asof die regering nie daadwerklik wil optree tee nie studente nie.

Raadop ·

My bloed kook. Wanneer gaan die regering in gryp? Wat van die studente wat regtig wil leer? Wat gaan word van hulle toekoms? Al wat ek kan sê is bid vir Sodom en Gamorra. Geen wonder so baie van ons professionals gaan land uit nie.

YouOne ·

Hierdie is die werk vd ANC jeugliga..wat chaos veroorsaak..om die DA sleg te laat lyk ens..

Johan van Niekerk ·

Ek sien nog ‘n jeug dag kom, so paar vandale word weer geskiet, en die probleme hou op en ons het nog ‘n vakansie dag!

Santie ·

In ons tyd, is jeugmisdadigers met die “latjie” gevonnis. 3 Houe netjies langs mekaar op die agterstewe, met ‘n rottang wat in saltpeter gelê het ( vir ontsmetting). Meeste van hierdie jongmense het ten goede verander. want dit was ‘n skande en geen piekniek nie. Mens kan nie alle jeugmisdadigers in die tronk stop nie, maar daar is tog ander strawwe wat kan werk. Hulle is doodbang vir ‘n pak slae. Sommige kinders het net leiding nodig gehad en is na verbeteringskole gestuur, waar hulle die nodige leiding en begrip ontvang het. Waar is daar nog sulke instellings? Spreuke sê: ” ‘n Pak slae kan jou lewe red”.

Raadop ·

Wanneer gaan die regering in gryp? Wat van die studente wat regtig wil leer? Wat gaan word van hulle toekoms? Al wat ek kan sê is bid vir Sodom en Gamorra. Geen wonder so baie van ons professionals gaan land uit nie.

Lourens ·

Die regering gaan nie ingryp nie,dis tyd dat die weermag ingaan en dit stop, ek dink ons almal is al gatvol

Joe ·

Niemand gaan ingryp nie,hierdie klomp is almal kop in een mus. Kyk na die res van Afrika, sien jy lande vreedsaam met goeie universiteite en vooruitgaan, nee, daar moet ghaos wees en almal moet gelyk wees, op die onderste trap van welvaart!!

Raadop ·

My bloed kook. Wat se toekoms is daar vir studente as sommige net af brand? Geen wonder so baie Jong professionele Suid Afrikaners gaan land uit. Een van die dae sal bome nuwe kampusse word.

Jean ·

Sonder om nou negatief te wees, ons kyk heeltyd na die afbreek en afbrand van ons instellings, daar word niks aan gedoen nie, hier en daar word ‘n ‘student’ in hegtenis geneem en dan weer vrygelaat. Gaan kyk asb hoe lyk dit in Kampala . in hoofstede van ander Afrika lande, ons is net bekommerd oor hoe ons weer hierdie goed gaan herstel en opbou, kyk hoe lyk dit daar .. afgebreek, afgebrand, ruines.. hulle leef daar . hulle is ‘gelukkig’ .. hulle is vry . alles is FREE!!

Akram ·

Jean, ek is al n geruime tyd in die buitenad, Tanzania< en hier gaan dit nie so sleg nie. Indien die klomp wil protes, word die polisie , weermag en reaksie eenhede ingestuur. Dit geen klein geveggie af, traanrook en rubber word gebruik en dan klim hulle sommer in met knuppels en ander hulp middels. Die regering hier duld nie sulke dinge nie. Die studente en die mense het respek vir die polisie. hulle vat nie twak nie. Hulle skroom ook nie sommer om die leiers te arresteer nie. As jou trawante aanjaag, is dit jou skuld. Ek moet se hulle is vinning po die toneel en maak skoon. trokke vol word weg gevat selle toe. Hulle het geen simpatie nie en as die mense aanjaag, word hulle kort gevat. Dit is iets wat in SA nie gedoen word nie. Die wets toepassers se hande is so gebind, en sou hulel iets doen, word hulle aangekla. maak en breek is aan die orde van die dag en misdadigers besef dat hulle soos kroonwild behandel sal word indien hulle ooit gearresteer word. Ek voel jammer en my hart bloei vir die land. My mede werkers kan nie verstaan waaroor dit gaan nie. Hulle praat hulle probleme uit, maar is SA werk dit nie.

CAV ·

Dit is die gedrag wat die ANC gekweek het, en nou kan hulle niks daaromtrent doen nie. En JZ praat dit dan goed want dit is kwansuins ” demokrasie in sy volle reg “.

charlotte ·

waar is die DA nou, hoekom doen hulle nie iets nie,
waar is die regte van ons kinders om onderrig te kry,

willem vorster ·

Het al die kommentaar hierbo gelees en kan nie anders om saam te stem nie.

As ‘n oud oud Tukkie, laat dit die bloed kook om te sien wat huidiglik gebeur !

Maar die vraag moet gevra word waar het dit begin ?

By Zuma ? Nee wat hy verleen net sy ondersteuning aan wat jare gelede duer die ‘held’ van die ‘struggle’ verkondig is, naamlik ‘struggle before education’.

Die ouer garde sal weet na wie ek verwys, nl die hoog geagte Mandela.

Hierdie startegie is so ingewortel in die massas dat enige verskil van hulle mening of wat hulle wil he, bakstene en vuurhoutjies die enigste middel van onderhandeling daarstel.

Dit kom nie van vandag af nie al jare en jare, ons sien dit ook nie net tussen die gepeupel, quasi studente ens nie maar selfs in die Parlement !

Daardie geykte basis van die sg ‘struggle’ het veroorsaak dat daar geen self-respek meer is nie, derhalwe ook nie respek vir ander of ander se regte inderdaad respek vir niks. Ek verwys nie eers na dissipline, gehoorsaamheid aan die Reg nie.

Luister ‘n persoon na RSG of enige ander stasie dan word alle onsin verkondig deur die sogenaamde ‘geleerdes’ en word verskonings opgetower wat so lagwekkend is dit is nie waar nie, veral as die ‘sielkundiges’ of die kommentators ook nog ‘n eiertjie wil le.

Heidi Muller ·

Die militêr word deur die president ingeroep. En ons weet almal dit sal hy nie doen nie. Arresteer die betogers, moenie vir hulle kos of water gee nie, laat weet hulle familie hulle moet die kos en water voorsien. Die hof moet die betoger skuldig bevind sodat hy/sy ‘n kriminele rekord het. Gee vir hom/haar tronkstraf vir ten minste 1 jaar. Geen opsie van ‘n boete nie. Daar is nie meer geld in die land nie, laat die familie lede van gevangenisse verantwoordelik wees vir hulle kos, water, medies, toiletries,ens, so nie gaan hulle daar sonder. Miskien as die ouers van die betogers dit aan hulle sakke voel, sal hulle, hulle kinders meer beheer.

Markus Whelan ·

Dis wat jy kry as jy net 30% nodig het om te slaag.

MG ·

Gratis behuising : check
Staats befondsing vir elke kind : check
Gratis laerskool onderrig : check
Gratis hoerskool onderrig : check
Gratis universiteits onderrig : getting there
Good job paying my way : NO WAY
Unemployment grant : Pending

Hendrik Combrinck ·

As ek sien watter navolgenswaardige voorbeeld (chaos) die ANC Raadslede in die Metros waar die DA regeeer, stel, is die optrede van hule juigkommandos in die strate, te verstane.

Mariaan ·

Vir ons as grootouers van ons kleinkind wat vroegoggend fotos gestuur het van die brande is dit hoogs onstelled. Wat gaan van ons kinders word hulle is tussen 18 en 23 (gemiddelde ouderdom e) waar is die overhede met mamne krag om hierdie moeilikheidmakers te verwyder. Waar gaan dit eindig ???

Gemsbok ·

Een van die dae lyk Pretoria soos Bophuthatshwane.

Orania is die enigste langtermynoplossing vir ons bestaanskrisis.

Kano ·

Met tyd sal daar niks oorbly nie en oorlog is onvermydelik, Zuma et al en sy nageslag sal floreer buite SA. Hopelik sal die lig die donker uit SA verdryf as dit God behaag

Anoniem ·

My kind skryf vandag 2 toetse op Hatfield kampus. Ek bid dat hy vanaand veilig sal huis toe kom. En ek hoop dat hy tydens die toetse sal kan konsentreer en weergee wat hy geleer het.

Ben ·

Ek stem saam met my president. Van sit en staan is lê die lekkerste. Van slaap op jou bed en slaap op jou dagbed bly slaap in die parlement die lekkerste. Shame hy verstaan demokrasie so bietjie anders as ek en jy.My kleinkind is ook in standerd 3 en verstaan darem al amper.Lekker doedoe Mnr. Zuma.

Ben ·

Maroela kom ons probeer weer. Ek los Mnr. Zuma nou uit maar as my kind een van daai betogers is kry hy vannaand ‘n helse pak slae!

Cobus ·

Hierdie belhammels is lankal nie studente nie maar EGTE terroriste en moet met die weermag vervrommel word . Ons het n kleinkind in haar vierde jaar by daardie kampus !

Stephnie ·

Plaas hulle betoog om Zuma uit die kussings te lig, tenminste sal die hele SA daarby baat!

Ester Du Toit ·

Hulle kon nie eers vrye opvoeding handhaaf nie, want van opvoeding is daar niks. Wat wil hulle verder leer as hulle nie eers die basiese vrye goed kan waardeer nie. Dus wat gaan hulle in elkgeval met vrye skoolgelde doen of met dit wat hulle dan sodanig geswat het? Waar gaan hulle die swat met die vrye studiegelde as al die universiteite, skole en geboue afgebrand en geplunder word. Demands, demands, demands en wat kry die betalers terug vir hulle sogenaamde beleggings. Wie gaan die onderwysers betaal! Dis pateties, idioties en barbaars verby! Dit vat ‘n swak mens om ander te wil intimideer met geweld en demands! Gemaksigtig….wil vir niks werk nie en wil vir niks betaal nie…..sit NIKS in en kry NIKS uit….. waar hou dit op!!

Sam ·

Maroela Media as deel van die Solidariteit beweging, kan ek as inwoner van PTA wat daagliks verby en deur die gemors ry, nie die staat hof toe vat omdat ek elke dag moet vrees vir my lewe nie? Is dit nie tog die staat se werk om ons velig te laat voel nie? Dis een ding om hieroor te lees, maar vir ons wat daar moet verby ry word dit ‘n elke dag se bang werk toe en huistoe.

Jan ·

Dit is tragies tragies tragies tragies verby om die eens statige atmosfeer van die kampus en omstreke in so’n chaotiese wanordelike toestand te sien aan die hand van ………. laat ek liewer my bek hou.

andre ·

en dit is hoekom ek twee kinders in Praag op universiteit het, dis goedkoper, veiliger en hulle kry meer erkenning omdat dit n USA linked universiteit is.

John ·

Mense wat dag en nag toneelspeel om iets te probeer wees wat hulle nie is of kan wees nie, se onderbewyste het moeg geword vir die Westerse verhoog. Daar was feitlik niks in die geskiedenis van Afrika voor Westerlinge aangeland het en dus niks om op terug te val nie. Voorvadergeeste-aanbidding en bygelowe was die crux. Afrika is in krisis en Westerlinge kan hulle nie help nie. Hulle is kwaad vir hulself omdat hulle geval het vir die rolle van akteurs in opvoerings van ander rasse en vir ‘n paar mooi blink krale as betaling.

Catryn ·

Al hierdie “protesaksies” geweld en moorde is al lankal beplan in die anc se NDR, dit het begin in 1994 en in ongeveer 2011 het dit oorgegaan na die tweede fase… elkeen wat hier deelneem word ruim vergoed deur kommunis George Soros, wat alle politieke partye basies ook ondersteun .. Soros werk al in SA vanaf 1979 en vanaf 1993 met OSF.SA, werk Zille, Ramphela en ander vir hom .. Hy was ook betrokke met onderhandeling met kommuniste in Dakar en Mells huis 1983-1990, saam al die verigtes, broederbond, kerk organisasies, landbouverenigings, ens. om ons te oorhandig aan kommunistiese bolsjevisme.

Angel ·

Hul moet almal vasvat en in trunk gooi, sal dan sien hoe vining die ander dink voor hul verder gaan.

Michelle ·

Dis absoluut n voorreg om te kan studeer nie ‘n reg nie. Sommige ouers het meer as een werk om kinders op universiteit te hou. Dis tyd dat die ouers optree en eise instel teenoor die universiteit oor verlore klasse en onderrig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.