Brig. Sally de Beer, woordvoerder van die polisie, het gesê die studente het ʼn nagwaak gehou en vanoggend die ingang na die Universiteit van Pretoria se Hatfield-kampus versper.
“Voertuie op die kampus is beskadig. Lede van die polisie se eenheid vir openbare orde is op die toneel. Die polisie sal die situasie monitor en die nodige stappe doen waar nodig,” het De Beer gesê.
Dit was nie onmiddellik duidelik of iemand al in hegtenis geneem is in verband met die voorval nie. Motoriste is intussen gewaarsku om die gebied te probeer vermy.
Anna-Retha Bouwer, woordvoerder van die universiteit, het bevestig daar is skade aangerig aan geboue in Prospect- en Festivalstraat. “Die polisie hanteer die situasie en die beperkte akademiese program gaan voort soos beplan.”
#hatfield #tuks #FeesMustFall2016 #Fees2017 @afriforum @UPTuks @PretoriaFM @Abramjee @eNuus @JacaNews pic.twitter.com/eIFB7AijvS
— Ian Cameron (@IanCameron23) October 31, 2016
- Foto: Twitter
- Foto: Twitter
- Foto: Twitter
- Foto: Twitter
- Foto: Twitter
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
62 Kommentare
Ai, kan ongelukkig nie hier sê wat ek van die klomp dink nie :-( . Kan net sê NIKS gaan oorbly nie!!!!!
Waar gaan dit stop. Hulle het reeds ons Honeurs graad kursus vir volgende jaar kanseleer. Geen fondse. Nou moet ons almal daaronder lei
Gaan daar dan nooit n einde kom aan hierdie afbrand afbreek vernietegende jeug/studente nie. Hulle is besig om die land te verarm en nog minder geleenthede vir hul toekoms . Waarom sit die regering agteroor en doen niks nie Is daar n ander agenda waarvan ons niks weet nie ?
Studente? Anargiste en terroriste! Moes al LANKAL met dieselfde disrespek wat hulle vir ander het uit die samelewing verwyder word. Maar dan sit ons met n “president” wat hulle prys en loof as deel van n gesonde demokrasie!
Die wet van die oerwoud het ongelukkig oorgeneem.