[Foto’s en Video] Jhb-kantoorblok in ligte laaie

Die brand by Braampark. Foto: Isaac Mangena / Twitter

Talle brandbestryders is op die toneel waar ʼn brand Dinsdagmiddag by ʼn kantoorblok in Johannesburg uitgebreek het.

Synock Matobako, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, het aan Maroela Media gesê die brand het omstreeks 13:45 by die kantoorblok in Braamfontein uitgebreek.

“Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie en sal ondersoek word sodra die brand onder bedwang gebring is,” het Matobako gesê.

Volgens Matobako is almal betyds uit die gebou ontruim en is daar tot dusver geen beserings aangemeld nie.

Motoriste word versoek om die gebied te vermy aangesien digte rookwolke sigbaarheid belemmer.

FNB en die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens het onder meer kantore in die gebou.

Die video’s volg onderaan die foto’s.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

cr ·

MM, julle kan baie gou oor hierdie brand berig, maar die Pickfords brand op 10 Maart was geen woord oor gerep nie. 100 mense se lewens is verwoes in daai brand en niemand se niks. Nou brand n kantoorblok af en dis oral. Hoe dan nou?

Johann ·

Ons hoor oor die nuus, dat ‘n groot probleem was dat daar nie voldoende waterdruk was nie, en die brandslange het dus nie na wense gewerk nie.

Nou wonder ek net, Kaapstad en omgewing met sy waterprobleme, Patricia De Lille het mos as gevolg van die watertekort die waterdruk verlaag. Nou wat gaan gebeur as bv ‘n multiverdieping gebou in daardie gebied sou brand, sal die waterdruk genoeg wees om die brand te blus en menselewens nie in gevaar te stel nie?

Marietjie ·

Watter besigheid was in dié kantoorblok, weet iemand dalk?

afrikaans ·

Hier is ‘n manier om baie ryk te word…ken my in die saak asseblief. Waar is die dae van Brandinspekteurs wat hul werk met trots gedoen het. Die geboue word opgerig sonder enige brandweerregulasies…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.