Foto’s en video: Nog geen inhegtenisnemings ná betogings by H&M

EFF-betoging by H&M (13 Januarie 2018) Foto: @mtshwaku (EFF Wes-Kaap), Twitter

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met betogings wat Saterdag by verskeie H&M-winkels landswyd plaasgevind het nie.

Kol Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie in Gauteng, het aan Maroela Media gesê betogers het by East Rand Mall die winkel betree en verskeie items gesteel. “Die polisie moes ingryp en het die groep betogers met rubberkoeëls verjaag.”

Maroela Media het vroeër berig ʼn groep betogers het klere by die H&M-winkel in Menlyn rondgestrooi en winkelpoppe omgestamp. “In hierdie stadium is niks nog gesteel aangemeld uit die winkel in Menlyn nie.”

Olive Ndebele, algemene bestuurder van Menlyn-winkelsentrum, het in ʼn verklaring gesê die gebied is beveilig deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens. “Die veiligheid en sekuriteit van ons klante, personeel en huurders is van die grootste belang,” het Ndebele gesê. “Normale handelsaktiwiteit het in die sentrum hervat.”

Volgens Dlamini het H&M sy deure ook in ander gebiede gesluit. “Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorvalle nie.”

Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het minstens ses H&M-winkels in Gauteng geteiken.

Die Sweedse klerewinkelgroep het vroeër vandeesweek ʼn verskoning uitgereik vir ʼn omstrede advertensie waar ʼn swart seun ʼn oortrektop dra met die woorde, “Coolest monkey in the jungle”. Die winkel het ook reeds alle bemarking en die oortrektop van sy rakke verwyder.

Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder vir die EFF, het egter gesê dit is “te min, te laat”. “Die tyd vir verskoning vra vir rassisme is verby. Daar moet gevolge wees vir teen-swart-rassisme!” het hy op Twitter geskryf.

H&M Suid-Afrika het intussen die voorvalle by verskeie van sy takke bevestig. “Die veiligheid van ons werknemers en klante is die belangrikste. Ons het tydelik ons takke in Suid-Afrika gesluit. Niemand van ons personeel of klante is beseer nie.”

Die winkel het gesê hy monitor die situasie en sal die winkels weer oopmaak sodra dit veilig is.

“Ons glo dat rassisme en bevooroordeling op enige manier, of dit nou doelbewus of per ongeluk is, eenvoudig onaanvaarbaar is. Ons wil dit benadruk dat ons wonderlike winkelpersoneel niks te doen het met ons produk of beeld nie,” het H&M bygevoeg.

Die polisie monitor intussen die betogings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

Carel 2 ·

Almal het seker die reg om te betoog, maar die was nie betoog nie dit was opsetlike saak beskadiging – waar is SAPS? Kom Sap doen jul werk daar is video material want die oortreding. ……

pieterdp ·

Wat sou nou gebeur het as hul n blanke seuntjie gebryk het.

map ·

Yes, down with all job’s so that South Africans can suffer more…

Stella ·

My “monkey” is wild en het báie hempies wat hom “beskuldig ” as ‘n apie en dis vír my so dierbaar want hy is soos ‘n apie wat mal is oor klim en klouter.

Dinarie ·

Reg so.
Hou aan betoog en more oormore het julle alleenma’s nie meer werk nie.
Wie gaan dan vir hulle sorg?

chrisp ·

Gebruik volgende keer maar ‘n witkind as model.
Dit sal baie goed opgeneem word en julle sal baie hemde verkoop sommer ook aan swartkinders.Geen rassisme(wys jou die mentaliteit en fyngevoeligheid van die mense).
Probleem opgelos.
Maar nee wil so graag die rassistiese BEE ens nastreef nou byt dit jou lekker ne?

Kry vir julle.

Just Saying ·

Uiters patetiese gedrag van die eff. Het geen respek vir hulle nie.

Eish ·

Nes ek verwag het, is daar diefstal gepleeg deur die EFF ondersteuners. Weereens n bewys dat politiek bedryf word as rookskerm vir onheilighede.
Ek wonder wanneer gaan akademici geteiken word wat die evolusie leer aanhang. Hul het Cyril selfs Homo Naledi se skedel laat soen.

honourable member ·

Bestaan daar nie meer iets soos saakbeskadiging nie. Die goed voel tog so gou bedreig. Flippen pateties

Charlotta ·

Ag foeitog. Hulle kry hulle self so jammer. Dis om van siek te word.

Joe ·

Ek stem, hulle is so fyngevoellig, ook net wanneer dit hulle pas.

Huskey ·

My keel trek toe… Kan iemand my asb sê waarheen? Gaan dit erger word?

Johann Marx ·

Huskey? Niemand kan vir jou sê waarheen nie……….maar dit gaan beslis erger word. Gaan kry jou asma-pomp en google “Freedom Charter” en lees die hele ding…….en gaan koop vir jou ‘n stel tasse en kry jou paspoort reg……..Hierdie nuwe “Vryheid sonder verantwoordbaarheid” kan nie meer gestop word nie, dis te laat.

Elvira ·

Wat op aarde gaan in hierdie land aan? Die kind is n MODEL
Wys net die mentaliteit. Donald Trump se oe het oopgegaan. Dankie Donald.
Liewe aarde waars julle verstand EFF

jaco ·

Uiters vreemd dat ‘n Sweedse besigheid so ‘n blaps kan maak. Hulle was dan die groot lawaaiers teen apartheid en hulle gee dan so maklik “political asylum” en'”refugee status” aan mense uit die derde wêreld.

HPV ·

Jaco, dit was nie ‘n blaps nie, in eerstewêreld lande woon normale mense en sulke advertensies is aan die orde van die dag. Hulle is nie gewoond aan mense soos die EFF nie. Hulle gee asiel aan die mense want hulle weet nie van beter nie. Mens verstaan Trump se houding nou beter.

Johann Marx ·

Dit bly teleurstellend dat die EFF die “winkelgroep” takel maar nie ‘n WOORD rep oor die ma van die “model” wat uit vrye wil die kledingstuk aangetrek en hom laat afneem het nie? Moes die EFF nie teen die tyd die ma in die openbaar op ‘n brandstapel gesit het nie? Hoekom nie? Wat gaan aan EFF? Het julle die moed van julle oortuiging nie? Dis nie NET die ontwerper wat julle so verkleineer het nie? Wat van die ma en die kind wat hieraan meegedoen het??

Pieter ·

Ag siestog maar die eff klomp se ego is tog so groot en ag hulself so hoogheilig, tyd dat hul terugkom aarde toe (ek hoop die landing is rof).

Pastoor ·

Wys jou net. Hulle het geen idee waaroor dit gaan nie. Was ook nooit in die skool nie. Verstaan nie ekonomie nie2

Sê maar net 1 ·

Let op die palestynse vlag op die ‘betoger’ se t-hemp in die laaste foto. Daar is glo in ander dele vd wêreld ook teen H&M betoog. Dink jul die EFF het dit beplan of het iemand anders dit vir gul beplan of voorgesê?

JD ·

Hulle sal nie gearresteer word nie en as hulle gearresteer word sal hulle nooit skuldig bevind word .Hierdie land is verby,gone with the wind.Adios Suid-Afrika.

Estelle ·

Goed… jy word op skool geleer dat jy van ape afstam, maar mag dan nie die coolste aap in die wildernes wees nie??

Drikus ·

Hierdie optrede is nie “coolest” nie. Selfs die seuntjie se ma was te vinde vir die advertensie. Dit is beslis nie ‘n rassistiese advertensie nie. Meeste apies is in elk geval grys, en nie swart nie – as kleur dan nou iets hiermee te doen moet hê. Hou dop, die EFF is besig om te kyk hoe ver hul kan gaan voordat hul groot teenstand kry. Intussen kry hul gratis lugtyd. Dit gaan hier oor magshebsugtigheid.

HPV ·

Ek stem saam met Johann Marx, dit is reeds te laat, die land is reeds oor die afgrond. Die val ondertoe gaan rof raak! En steeds word Trump gekritiseer.

Sê maar net 1 ·

Kom ons probeer weer: hoekom het die ou ‘betoger’ in die laaste prent ‘n palestynse vlag op sy hemp? Het die EFF self die sg betogings op die winkels gereël? Glo ontevredenheid elders ook oor die winkelgroep

Lana ·

Ek hoor jou maar mense sukkel maar om die “dots te connect”. Goeie waarmeming.

Hartseer. ·

Oral in ons land reik blankes in n gebaar van versoening uit na mede Suid Afrikaners. Ongelukkig Marganaliseer die meeste van hulle, hulle self so, dat hulle NOOIT die vrug so van hulle sogenaamde “Struggel” sal pluk nie.
Juju moet gearisteer word en in die tronk ge gooi word vir al die omstrede uitsprake wat hy maak. Hy ly aan die Hitler, klein mannetjie, sindroom en die ander wat soos hy is, gedy onder sy opsweping. Waar is die polisie of selfs die weermag om hierdie klomp eiegeregtigde mense vas te vat? Al die bewyse is daar dat die EFF n gemors en n grap van die ANC wil maak. Vat n slag die man en sy makkers vas en gooi hulle in die tronk met die aanklag van hoogveraad tenoor die land. Jy sal maai wat jy swaai jou dom opstoker.

Francie ·

Ek wonder wat dink die EFF van deesdae se TV advertensies: as en wanneer daar wel wittes in die advertensie is, word hulle uitgebeel as dié mense wat hulp nodig het, hulle is hulpeloos en hopeloos en moet reggehelp word. in die advertensie van lank terug het die dom wit huisvrou selfs ‘n klappie op die hand gekry! My bloed wou kook elke keer wat dit gewys is. Het iemand daaroor gekla, of winkelrakke omgegooi? Nee! Dis net wanneer ‘n ( goed betaalde, glo my) swart modelletjie ewe kordaat met sy nuwe hempie spog, en die EFF gaan oor tot aksie.!
Die maatskappy kon gerus maar van wit en bruin seauntjies ook by die advertensie ingesluit het. Asseblief mense, kyk met nuwe oë na veral die LW Engelse advertensies op Afrikaanse kanale, en begin ook reageer! Afrikaanssprekendes word toet-en-taal geen erkenning gegee nie. Die adverteerders kan gerus Afrikaanse rëels onderaan hulle advertensies aanbring! Dis nie nodig om ten duurste nóg ‘n advertensie te maak nie; gee ten minste erkenning aan die kykers wat na alles die teikenmark vir die produk is. Maak oop julle oë mense, dit gebeur so stil-stil rég onder ons neuse!

Geskok ·

Dan wonder ons hoekom vandag se jeug so geweldadig en onhanteerbaar is? Hulle sien die voorbeeld by die grootmense wat veronderstel is om hulle reg te leer.

Tokkie ·

Die staatskas was ook so geplunder net soos die EFF voetsoldate H en M plunder

Ouma ·

Lekker om so op te tree – kry elkeen nuwe t-hemp, betaling en sommer kos ook en dan kan ons vat wat ons “like” sonder om daatvoor te betaal. Ja, daar sal net mooi niks van enige saak kom indien enigiemand gearresteer word nie.

Johanna Botha ·

Lyk tog of Trump iets weet wat ons nie regtig wil glo ..dalk omdat meeste nie weet van beter ….

Johannes van Staden ·

eff breek net af en het nog niks in SA help opbou nie .

Stephen Namibia ·

Trevor Noah. Sit dit in jou pyp en rook dit. Jou kommentaar omtrent Trump se Sh…..e aanmerking.
Trump is doodreg. Niemand is so blind soos die wat nie wil sien nie.

Katy ·

Malema behoort in gestig vir sielsiekies met sy minder WAARDIGHEIDKOMPLEKS. Daardie hempie is cute en sy ouers het geweet toe hul toe gelaat het dat hy dit aantrek. Wit mense moet mos minder werk en meer swartes moet mos bemagtig word . Gee dit vir wit mense en dan sal ons smile. Kinders mag nie kinder arbeid nie en model werk is kinder arbeid want hy ontvang geld. Ek sal met plesier so hempie dra.

Mielie ·

Hulle ruk hierdie ding so uit verband. As n wit kind daai toppie gedra het was daar geen probleem. Ek glo nie HM sien kleur nie hulle is verby dit. Dis net mense wat n probleem met hulle kleur het wat dit verkeerd opneem. HM skep werk in die land en EFF breek alles af. Hulle maak nie n positiewe bydra tot SA nie. Hulle wil relevant wees maar eintlik is hulle net n grap en bewys mense reg in Sa oor hul slegte reputasie. Hul leier is niks beter as die president van hierdie land nie. Altwee is narre.

Jerry ·

Die wetstoepassers is die probleem. Hulle is deel van die ideologie, dit is hulle broers en susters en die wetstoepassers steun die EFF en tree daarom nie op nie. Die mense wat die wetstoepassers is kan nie A polities wees nie, so n beginsel bestaan net eenvoudig nie in hulle menslike denke en raamwerk nie. Dit is inderwaarheid teenstrydig met wetgewing en blatant diskriminerend en rasisties om nie op te tree nie. Die burgerregte waghond behoort te begin fokus om wetstoepassers tot verantwoording te roep.

Elize ·

Ons was in Menlyn tydens die gebeure en het die besigheid beskou. Wat baie opmerklik was was dat wit en swart kliente die EFF lede met afsku aanskou het. Die woorde “voertsek” en “f.. off” was heel gereeld ge-uiter teen die vandaliste. Die oorgrote meerderheid besef dat geweld nie die antwoord is nie en het skaam gekry, bitter min het hul ondersteun. Die vraag is wel waarom die polisie en Menlyn se bestuur toegelaat het dat n handtjie vol EFF terroriste die hele Mall ransom hou sonder enige arrestasies. Kliente wie fotos en videos geneem het is ook geintimideer en rongepluk en gestamp sonder intrede deur die polisie en Mall sekuriteit.
Normale handelsaktiwiteite het NIE voortgegaan nie aangesien al die winkels se deure gesluit was uit vrees dat dieselfde met hulle gaan gebeur. Sal interessantheid wees om die SAPS en Mall bestuur se verduideliking hiervoor te hoor.

Suster ·

Kyk net die foto’s hoekom kan die Sap hulle nie in hegtenis neem vir diefstal en saakbeskadiging nie. Hulle kan mos mooi sien wie is die persone

LR ·

M&H doen ons n groot guns en vervolg. Daar is genoeg video materiaal om n klomp skurke te identifiseer.

Akademi Buktu ·

Dit is nie betogings nie, maar barbaarse, kriminele vernielsug en plundery. Dit spreek boekdele oor hul karakter. En hulle reken hulle kan die land regeer? Ha!

Otto ·

Kom ons maak soos ons in Romeine 14 beveel word . Aanvaar daar is ‘n geweldige minderwaardigheid kompleks teenwoordig. Nie in ons hande om die mense se uitkyk te kritiseer nie wel hul optrede. Solank ons nie meedoen nie.

Christo ·

Die EFF ken nie die vreedsame protes en aanvaarbare kanale hoe om te protesteer nie. Ek hoop die DA neem kennis van hulle politieke bedmaatjies se optrede. Die SAPD is ook maar slapgat. As dit Afrikaners was, was hulle agter tralies.

JaNee ·

Die DA is maar ANC-Light. Doen die DA iets vir Afrikaans? Nee. Doe die DA iets vir plaasmoorde? Nee. Ens. Baie treurig.

Christo ·

Sal die EFF hulle comrades kan identifiseer ? Vir die SAPD se swaksiende geregsdienaars is dit net rooihempies……

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.