[Foto’s en video] Persone steeds vasgekeer onder puin by Jhb-hospitaal

'n Gedeelte van die dak by Charlotte Maxeke-hospitaal het op 2 Maart 2017 ineengestort (Foto: ER24)

‘n Gedeelte van die dak by Charlotte Maxeke-hospitaal het op 2 Maart 2017 ineengestort (Foto: ER24)

Vermoedelik minstens drie persone is steeds onder puin vasgekeer nadat ‘n gedeelte van die dak Donderdag by die Charlotte Maxeke Akademiese Hospitaal inmekaargestort het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê reddingspanne moes van spesiale toerusting gebruik maak om verskeie punte van die gebou te stabiliseer vir verdere veiligheid. Die reddingspanne maak van die honde-eenheid gebruik om te bepaal waar persone moontlik onder die puin vasgekeer is.

Die dak het Donderdagmiddag by die hospitaal in Parktown, Johannesburg, ineengestort tydens konstruksiewerk om lekkasies te herstel. Werkers en pasiënte is vermoedelik onder die puin vasgekeer.

Arnold Malotana, hoofdirekteur van die Gautengse departement van gesondheid se nooddienste, het aan African News Agency (ANA) gesê dat die gedeelte van die dak naby die hoofingang ineengestort het tydens herstelwerk.

“Die kontrakteurs was besig om die dak te herstel toe dit ineengestort het,” het Malotana gesê. “Van die kontrakteurs en vermoedelik drie pasiënte is onder die puin vasgekeer. Niemand is nog gevind nie.”

Verskeie paramedici was op die toneel om die beseerdes te behandel. Die betrokke gebied is afgesper vir verdere ondersoek.

Nana Radebe, woordvoerder vir Johannesburgse nooddienste, het gesê een persoon is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die Gautengse departement van gesondheid het in ʼn verklaring gesê die dak naby die kraamsaal het ineengestort.

Jack Bloom, woordvoerder van die Demokratiese Alliansie, het gesê die hele hospitaal moet dringend ondersoek word om te bepaal of dit veilig is. Hy het gesê hy het vantevore al die kwessie oor die strukturele defekte op die gebou se vyfde vloer aangeroer. Volgens hom benodig die vloer minstens R50 miljoen se dringende herstelwerk. “Die personeel by die hospitaal is vantevore gewaarsku oor dakke wat lek en ander strukturele probleme in die gebou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Carel ·

Tipies van leiers van hierdie land: Hulle glo nie in onderhoud van wat hulle het nie. Maklikliker om pelle en broers aan te stel om beskikbare fondse te parasiteer. Krisisbestuur laat hulle belangrik voel. Daar kom nog baie sulke gevalle. Hou dop!

Valie ·

Let op die betonlaag bo-oor die “IBR” sinkplaat! Wie is die idioot wat voorheen aan daardie dak gewerk het?

wicus ·

DIE MINISTER HET GISTERAAND OP TV GESE DIT IS AL SO VAN DIE 70s SO , HY GOOI DIE BAL WEER NA ONS

Johannes van Staden ·

Weerspieel maar die wankelrige situasie waarin SA homself bevind met onkundige mense wat nie wil hoor nie en almal anders blameer …en daar het jy dit nou !

Goa ya katse ·

Moenie ons waarskuwing teen gevaar nie. Ons is nie kinders nie

ONS SAL.SELF DIE PROBLEEM OPLOS

Rupert Ashford ·

Reg so hoor. Dit is dan ook hoekom die ekonomie in sy kanon is danksy die beurtkrag van die afgelope amper 10 jaar, hoekom meer water uit opgaardamme en pypleidings lek as wat gebruik word ens. Maar toemaar China sal julle uit die verknorsing “help” met hope geld vir Zuma en company se sakke in ruil vir stukke van die land en open borders vir hulle burgers.

What a joke! ·

Ja sure right…..nie lank en maar net weer dieselfde probleem…gigi hehehe soos numba1 mos maar al die problems weg lag…hamba wena goa..

dup ·

Watse nat beton le op die grond en wat vra die stem op die eerste video van ,mix? moenie vir my se die werkers het beton op die dak gemeng nie, terloops ekstra gewig laat gewoonlik dak ineenstort waar is die maatreels na die Durban ( nuwe mall) voorval. Dit is nie onderhoud nie dit is standaarde..

Dellaq ·

Wel, wel,wel. Wat verwag mense? Substandaard in alles, weet nie hoe nie, daar is nie geld nie…so kan ons ‘n boekvol skryf oor die land se redes van verval.

Jos ·

die dak het natuurlik gelek en vorige kontrakteur het moonlik gedink hy kan dit seël met beton want dis goedkoop en hy kan met miljoene se wins wegstap en wetende dat dit sal kraak en weer begin lek sodat hulle moontlik weer kan kom skep uit die belasting goudpot. Die bou inspekteur wat die herstelwerk moes goedkeur is moonlik ook betaal om anderkant toe te kyk want sinkdak struktuur is nie ontwerp om beton te dra nie en kan moontlik ineen stort. hoor nou op radio nuus die regering blameer die bouer. wat van hulle bou inspekteur wat bouwerk moet goedkeur en veilige bouwerk moet verseker?????, en bouwerk moet ook deur munisipaliteit goedgekeur word voor aanvang van werk.

kannie meer nie ·

Hulle kan nie eers hulle karre en vrouens onderhou nie wat verwag jy

Karen van Zyl ·

Dit het in ‘n hopitaal gebeur met verskei dokters, verpleegsters ensv hoekom was daar verkeie paramedici ook??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.