WAARSKUWING: Die foto’s en video onderaan die berig kan sensitiewe lesers ontstel.
Sewe mense, insluitend twee vermeende rowers is Donderdag beseer in ʼn gewapende rooftog by die Bedford-winkelsentrum in Johannesburg.“Drie inkopiegangers, twee veiligheidswagte en twee verdagtes is tydens die skietery beseer. Almal is na die hospitaal geneem vir behandeling,” het lt. Kol Katlego Mogale, woordvoerder van die polisie, gesê.
Volgens Mogale het veiligheidswagte kontant in die winkelsentrum afgehaal toe hulle deur ʼn groep gewapende rowers voorgekeer is. “’n Skietery het uitgebreek en sommige inkopiegangers het in die kruisvuur beland. ʼn Onbekende bedrag kontant is gesteel.”
Emer-G-Med het gesê twee beseerdes is in die apteek gevind. Die een persoon is in die kop, maag en arm geskiet. Die ander persoon, ʼn veiligheidswag, is in die arm geskiet. “Albei was in ʼn kritieke maar stabiele toestand.”
Volgens Emer-G-Med is die ander veiligheidswag in die voet en arm geskiet in die ondergrondse parkeerarea. “Daar was nog skote afgevuur terwyl paramedici besig was om die pasiënte te behandel. Een van die verdagtes is in die been geskiet en het probeer wegkom. Hy is in die ondergrondse parkeerarea gevind.”
Renate Albrecht, ʼn ooggetuie, het aan eNCA gesê dat sy in ʼn vergadering was toe sy ʼn “stormloop mense hoor kom het”. “Ons het omgedraai en geweerskote gehoor. Ek en my vennoot het begin hardloop. Die skote het van binne die sentrum af gekom en dit het geklink of dit al harder word asof ons gevolg word.”
Albrecht en haar vennoot het tot by haar motor gehardloop waar hulle weggekruip het. Volgens Albrecht het mense in alle rigtings gehardloop.
Hiermee ’n opregte woord van dank aan al die pienk idiote wat in 1992 “ja” gestem het. One leef nou waarlik in die land van melk en heuning.
Gwen, die ou storie is al holrug gery, al het ALMAL “nee” gestem sou dit vandag steeds dieselfde, of nog erger, gewees het.
Louw jy praat loutere snert
Fanie, jy behoort te weet dat die referendum net ‘n klug was. Dink jy dat die wêreld tevrede sou wees met die vorige bedeling en ‘n klein, blanke koninkrykie in die middel van swart Afrika? Ek sou ook graag wou hê dat die terroris, Mandela, en al sy gespuis in die tronk sou bly tot hul dood, maar dit is nie moontlik met ‘n volk wat so verdeeld is soos Suid Afrika nie. Hoe help dit ons saak om nou nog alles op, die wat “ja” gestem het, te blameer?