ʼn Polisiestasie in Hermanus in die Wes-Kaap is Maandag aan die brand gesteek deur ontstoke betogers.
ʼn Groep persone het die afgelope paar dae vakante grond in die gebied, wat aan die staat behoort, beset. Hulle het erwe afgemeet en na die munisipale bestuurder se kantoor opgeruk om water en elektrisiteit te eis.
Owerhede het ingegryp en meer as 20 persone in hegtenis geneem in verband met die onwettige grondbesetting.
Dit het tot gewelddadige betogings gelei waartydens die Zwelihle-polisiestasie aan die brand gesteek is en paaie met brandende bande versper is.
Netwerk24 het ook intussen berig die hoërskool en laerskool is Maandag vroegtydig gesluit weens die voortslepende betogings.
Maroela Media verneem ‘n herwinningsaanleg is ook aan die brand gesteek en polisiebeamptes is met klippe bestook.
- Hermanus (Foto: Visualise Memories Production Company/Facebook via ANA)
- Hermanus (Foto: Visualise Memories Production Company/Facebook via ANA)
- Beotgings in Hermanus (Maart 2018) Foto: Visualise Memories Production Company/Facebook via ANA
RED ANTS, Law Enforcement and Public Order police busy dispersing the crowd pic.twitter.com/GaWs9DkHH9
— RED ANTS CAPE TOWN (@REDANTS_CT) March 26, 2018
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
39 Kommentare
Ja nee dis mos hoe dit werk!! Soek grond verniet. As ons dit nie kry nie dan brand ons maar al ons hulp bronne af!!!! Dit wys net weer en weer en weer dat hulle regtig onkundig is en nie kan dink nie!!! Ons wat werk moet betaal vir wat ons wil he maar tog is dit verkeerd in hulle oe!
Ek hoop CR sien wat is hy besig om te doen
Darm begin hulle by die staat se eie grond hehe
de klerk en kie kom help asb
die ANC wil grondgrype he, maar die ANC-regering se polisie keer die grondgrypers. iets maak nie sin nie. kan die regte ANC asseblief opstaan?