Foto’s en video volg onderaan die berig.
Talle werkgewers in die metaal- en ingenieursbedryf het skrywes aan Riah Phiyega, nasionale polisiehoof, gerig te midde van berigte van geweld en intimidasie tydens Numsa se staking.
Kaizer Nyatsumba, hoof van die werkgewersagentskap die Federasie van Staal- en Ingenieursbedrywe van Suid-Afrika (Seifsa), het in sy laaste skrywe aan Phiyega die polisie gewaarsku om voorbereid te wees op ‘n gewelddadige staking.
Intussen is daar talle berigte van stakende werkers wat glo niestakende werkers intimideer en tot geweld oorgaan. Maroela Media het foto’s en beeldmateriaal ontvang van ‘n staalhandelaar in Brakpan aan die Oos-Rand. Dit wys skade wat glo deur stakende werkers by die maatskappy aangerig is.
Volgens berigte is daar ook skade aangerig by maatskappye in Wadeville en Isando aan die Oos-Rand. Castro Ngobese, woordvoerder van Numsa, sê die vakbond neem die bewerings nie ligtelik op nie.
“Dit is net ‘n goedkoop slenter deur die werkgewers om die integriteit van ons stryd vir ‘n leefbare loon en verbeterde diensvoorwaardes te ondermyn,” het Ngobese gesê.
Meer as 220 000 lede van Numsa het Dinsdag landswyd met ʼn onbepaalde staking begin. Die vakbond eis ʼn salarisverhoging van 12%, die afskaffing van arbeidsmakelaars, en ʼn jaarlange onderhandelingsooreenkoms.
Beste Nico, ek aanvaar dit was net ‘n tikfoutjie – moet wees RIAH en nie RIAN nie.
Only people that pay tax, should have the right to vote. To bring the country back to par, let all white businesses and individuals stop paying taxes for 3 months. You want money, you do as I say ….
Tippie, ek sien Nico se kommentaar is verwyder.
Ai ai. Ja-nee kyk. Ons ekonomie gaan weer ‘n ‘groot knock vat’.
My moedertaal is afrikaans, maar kan iemand help wat beteken
doe woord “skrywes”
Dagsê Marianna
“Skrywes” is geskrewe dokumente.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
Jammer dit moes die ipv doe wees