[Foto’s en video] Vier sterf toe boot by Hartbeespoortdam brand

Die boot brand by Hartbeespoortdam op 19 November 2016 (Foto: @ohndoersa, Twitter)

Die boot brand by Hartbeespoortdam op 19 November 2016 (Foto: @ohndoersa, Twitter)

Vier vroue is Saterdag dood toe ʼn passasiersboot by Hartbeespoortdam aan die brand geslaan het.

Lt.kol. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig die passasiersboot was by Kosmos-bootklub. “Die voorval het omstreeks 13:00 plaasgevind,” het sy gesê.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek. “Die oorsaak van die brand is nog onbekend. Die ondersoek duur voort,” het sy gesê.

Rod Pitter, Hartbeespoort-stasiebevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut, het die voorval aan Maroela Media bevestig. “Verdere besonderhede sal later beskikbaar gemaak word,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

zoom zoom ·

Dit is die 2de boot in n korttyd wat brand waarin mense dood is. Wat se veiligheids prosrdures is op die tipe bote. Is daar reddings toerusting aan boort van die bote en is dit genoeg vir die hoeveelheid passasiers. Kan die boot 200 mense dra.

varkie ·

Genade ek kan baie dinge sê oor hoe daai boot brand gevang het die goed word oorlaai en die drank vloei maar dit kon dalk n fout by engine ok gewees het maar o wee daar word rof geparty op daai bote RIP aan oorledenes wat n aaklige manier om dood te brand

Wonder maar net ·

Daar was ‘n geruime tyd gelede ook waar ‘n kind dood is op die dam maar geen terugvoer oor die omstandighede van hoe dit plaasgevind het. Wonder maar net.

Lewies ·

Die ondersoek na die tragedie sal hopelik die waarheid bevat. 200 mense op ‘n boot. Is hy gebou vir daardie hoeveelheid mense? Is dit blote toeval of is daar ‘n dieperligende boodskap vir passesiers en eienaars van hierdie drywende restaurant. (ek vra maar net) Onwillekeurig laat dit my dink aan die aanvalle op nagklubs oorsee en die lewens van mense wat daarmee heen is.

Regtig? ·

Lewies het jy geweet as jy n ou plaat van CCR agter uitspeel kry jy die heerlikste potjiekos resep? ? Probeer dit gerus! Mense soek mos altyd die agenda agter die agenda!

Raymond ·

Dit is jammer dat dit gebeur het sterkte aan die wat agterbly en alle mee gevoel met julle

brenda ·

heavy polluted waters……wie wil nog op n boot braai met sulke water??? die is net sad; en ek wed jou die kombuis se extractors was vuil! dis hoekom plekke brand waar kosgemaak word!! wat n tragedie!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.