Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het bevestig ʼn groot tornado het Dinsdagmiddag naby Grootvlei, buite Balfour in Mpumalanga, voorgekom.
Volgens die weerdiens het hulle met radarbeelde vasgestel dit was wel ʼn tornado wat omstreeks 15:15 Dinsdagmiddag naby die Grootvlei-kragstasie voorgekom het. Dit is nog nie duidelik of daar enige beserings of lewensverlies was of wat die omvang van die skade is nie.
Skrikwekkende foto’s en video’s van die tornado word wyd op sosiale media versprei. Dit is die soveelste tornado wat die afgelope twee weke oor die land voorgekom het.
Die video’s volg onderaan die foto’s.
- Foto verskaf deur Nicolaas Jacobus Mooi
- Foto: Facebook
- Foto verskaf deur Nicolaas Jacobus Mooi
- Foto: Facebook
- Foto verskaf deur Nicolaas Jacobus Mooi
- Foto verskaf deur Nicolaas Jacobus Mooi
- Foto verskaf deur Nicolaas Jacobus Mooi
https://youtu.be/ZSU1Av6v6-w
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
9 Kommentare
Is dit nou wat die mense graag wil hê om in ‘n tornado was gevang te word?
God praat maar ons weet nie meer wat hy se nie. Nee nee. ons sit eerder voet in die bek en probeer nie eers keer dat Godsdiens uit skole en die samelewing verban word nie.
Ek doen ‘n beroep alle Chritenne kom ons verootmoedig ons opreg en kyk of God ons uit al die bose van die wêreld sal red.
Sjoe, wie het nog die moed om te staan en videos neem… My gesonde verstand sal se sit voet in die hoek en maak g.t skoon
Ek verstaan baie dinge nou duideliker. Die tornado’s wat nog altyd in ander dele van die wêreld voorgekom het, het niks met weerpatrone en die natuur te doen nie …. dis omdat die mense daar so vervlaks sondig is!!! En nou is dit ons Suid Afrikaners se beurt? Verstommend!!