Foto’s en video’s: Groot tornado buite Balfour

Foto verskaf deur Nicolaas Jacobus Mooi

Foto verskaf deur Nicolaas Jacobus Mooi

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het bevestig ʼn groot tornado het Dinsdagmiddag naby Grootvlei, buite Balfour in Mpumalanga, voorgekom.

Volgens die weerdiens het hulle met radarbeelde vasgestel dit was wel ʼn tornado wat omstreeks 15:15 Dinsdagmiddag naby die Grootvlei-kragstasie voorgekom het. Dit is nog nie duidelik of daar enige beserings of lewensverlies was of wat die omvang van die skade is nie.

Skrikwekkende foto’s en video’s van die tornado word wyd op sosiale media versprei. Dit is die soveelste tornado wat die afgelope twee weke oor die land voorgekom het.

Die video’s volg onderaan die foto’s.

https://youtu.be/ZSU1Av6v6-w

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Buitestander ·

Is dit nou wat die mense graag wil hê om in ‘n tornado was gevang te word?

snoefie ·

God praat maar ons weet nie meer wat hy se nie. Nee nee. ons sit eerder voet in die bek en probeer nie eers keer dat Godsdiens uit skole en die samelewing verban word nie.

Quixilver ·

Meeste oorloë is oor godsdiens. Beoefin jou godsdiens op jou eie en maak seker Jy leer jou kinders. Ons staar grooter probleme in sig. kultureele en geloofs verskille gaan ‘n burger oorlog veroorsaak.

Buitestander ·

Ek doen ‘n beroep alle Chritenne kom ons verootmoedig ons opreg en kyk of God ons uit al die bose van die wêreld sal red.

Marelise ·

Sjoe, wie het nog die moed om te staan en videos neem… My gesonde verstand sal se sit voet in die hoek en maak g.t skoon

Wow! ·

Ek verstaan baie dinge nou duideliker. Die tornado’s wat nog altyd in ander dele van die wêreld voorgekom het, het niks met weerpatrone en die natuur te doen nie …. dis omdat die mense daar so vervlaks sondig is!!! En nou is dit ons Suid Afrikaners se beurt? Verstommend!!

Bloues ·

Wow, so ek verstaan jou dat in Suid Afrika daar in die verlede nie sonde was nie? So as n land se mense sonde doen dan kom tornados. Is dit dan net die sondige mense wat swaarkry met die tornado of kry die mense wat nie sonde doen nie ook swaar. Is dit hoe Christene oor die dinge dink? My Bybel sê vir my dat alle mense sonde doen. Miskien is my Bybel oud en moet ek n nuwe ene kry. Watter een lees jy?

Dienskneg ·

Bloues, ek dink Wow se reaksie was net so sarkasties bedoel as myne ;) Iemand post ‘n video van ‘n indrukwekkende weerskverskynsel wat al jare meer algemeen in SA is as wat mense dink, en skielik gaan die gesprek oor geloof :)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.