Foto’s en video’s: Jhb-vloede: Rampbestuursentrum op been gebring

Kitsvloede en swaar reën het Woensdagaand groot skade in Johannesburg en aan die Oos-Rand aangerig. Foto: Via City of Joburg / Facebook.

Kitsvloede en swaar reën het Woensdagaand groot skade in Johannesburg en aan die Oos-Rand aangerig. Foto: Via City of Joburg / Facebook.

Die Johannesburgse rampbestuursentrum is op die been gebring nadat kitsvloede en swaar reën Woensdagaand groot skade in Johannesburg en aan die Oos-Rand aangerig het en minstens vier mense dood en nagenoeg 150 voertuie beskadig is.

Thabo Masebe, woordvoerder van die Gautengse provinsiale regering, het Donderdag gesê die sentrum is opgerig om die omvang van die skade te bepaal, met opruimingswerk te begin en inwoners wat in nood is, by te staan.

“Die kitsvloede het gebiede in Johannesburg en Ekurhuleni geraak en ʼn aantal voertuie was op die N3-snelweg in die omgewing van Gillooly’s-wisselaar vasgekeer,” het Masebe gesê. “Ongelukkig het vier mense in die vloede verdrink.”

Insp. Edna Mamonyane, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, het aan Maroela Media gesê die dodetal kan dalk styg aangesien talle voertuie verlate in vloedwater gevind is. “Reddingswerkers het tot middernag na mense in die vloedwater gesoek en om te bepaal of daar rekenskap gegee kan word van die voertuie se insittendes. Die soek- en reddingsoperasies het vanoggend om 06:00 weer hervat,” het sy gesê.

Masebe het gesê die provinsiale regering doen alles moontlik om die paaie wat oorstroom het skoon te maak en weer oop te stel.

Die rampsbestuursentrum sal spesiale aandag gee aan gebiede langs die Jukskeirivier waar vloedwater nagenoeg 130 gesinne in informele nedersettings dakloos gelaat het.

Vloedskade is ook in Midrand en Bedfordview aangerig en sommige vlugte by die Internasionale Lughawe OR Tambo moes herlei word. Die R55-Jukskeibrug het ineengestort en ʼn gedeelte van die grensmuur van die Johannesburg-dieretuin het ook in die slag gebly.

Intussen het die Suid-Afrikaanse Weerdiens gewaarsku dat hewige donderstorms Donderdagmiddag oor Gauteng verwag kan word.

Masebe het namens die provinsiale regering sy innige meegevoel met die oorledenes se naasbestaandes betuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Buitestander ·

Jare se verwaarlosing van infrastrutuur het dit vererger. Stormwater afvoer is nie instand gehou nie.

Knersus D ·

Presies – stormwater afvoer onderhoud was nie ‘n prioriteit nie. En, die beton ‘barriers’ op die N3 het die water opgedam. SANRAL moet verantwoordelik gehou word vir hierdie een.

Johannes ·

As dit waar is dat die vloede veroorsaak is deur stormwater pype wat nie onderhou was nie, dan behoort SANRAL en die betrokke stadsrade gedagvaar te word vir skade en lewensverlies.

Stem saam ·

Ek stem beslis saam met buitestander. Hopelik sal die munsipaliteite en kie nou bietjie wakker skrik en doen wat hulle veronderstel is om te doen!! Nie net in JHB omgewing nie maar orals, want reen water gaan ons nog kry! Ons het mos dan gebid daarvoor.

Leonie ·

Baie dankbaar vir die reen wat geval het by ons in Kempton Park. Verskriklike storm gewees maar als is nat en skoon en lyk so vars. Hopelik sal die lui Stadsraad nou begin werk en die stormwater pype skoon maak met ‘n groot spoed aangesien hulle weer storms vir vanmiddag oor Gauteng voorspel.

Lance ·

HALLOOO dalk die strate begin vee en die plastiek begin optel wat die dreineerings punte verstop ! Genade moet alles met n lepel gevoer word !

Piet Pompies ·

Die wat so kla, staan op en gaan kyk in jou straat, net die area voor jou huis, tel al die blikkies, papiere en enige iets anders op wat stormwater pype kan blok.
Hierdie aksies kan klagtes verminder en oorstroming verminder want daar is nog reen op pad, wees paraat en voorbereid.

F ·

Piet so bek moet jam kry. Ons kan maklik kritiseer, maar gooi self die gemors by die venster uit.

Janine ·

F: praat vir jouself. My ouers het nie varke grootgemaak wat goed by die ruit uitsmyt nie. Dit gaan ook nie oor kritiseer nie, maar oor die FEIT dat ons betaal vir daai dienste.

JackRussel ·

Rommel is nie net beperk tot voor ons huise nie. Dit is minimaal teen die rommel in oop stukke veld en langs snelwee. Om voor jou huis op te tel raak ook nie ontslae van die gemors wat klaar in die pype is nie

Jane ·

My hart en gebede gaan uit na elkeen van die wat skade gely het en weerloos gelaat is. Ek is so trots op elkeen wat opstaan en hulp verleen. Ons mense het harte van goud om andere te help. Mag daar uit hierdie ramp slegs goeie kom. Baie dankbaar vir die reen. Bid vir verdere reen sonder enige skade of rampe.

Voorlaaier ·

For Sale!
Rubber duck met 2 roei spane.
3 life jackets en i flare gun ( vir nood)

Johanna Botha ·

Ek BETAAAL sanral deir my tolgelde vir die skoonmaak diens en kyk wat gebeur …hulle doen dit duidelik nie en nou het alles oorstroom met groot skade en selfs lewens verlies

KLEIN ·

Ek verstaan nie, almal kla dat hulle nie lopende water het nie maar nou kla hulle weer oor te veel lopende water. Wees egter versigtig as dit so oor paaie stroom dan is dit gevaarlik.

Karin ·

Het almal wat so steen en been kla oor die stormwaters al daaraan gedink om te se ‘Dankie, Here, vir die reen’? Ek besef sommige mense het skade gely en dis baie jammer, maar sien tog die positiewe ook raak!

Janine ·

Absoluut! Ons bly in Springs en is dus nie geraak deur hierdie storms nie, en ek het innige simpatie met elke een wat negatief geraak is. MAAR: Ons damme is droog en geen mens kan sonder water oorleef nie. God het voorsien soos baie van ons al vir maande bid en smeek.

Corne ·

Baie kommentaar reeds, wil net hoor by die slim mense, loop enige van die water in die Jukskei en anderre enigsins in die Vaaldam in?

JackRussel ·

Corne. Mense moet my asb reghelp indien ek verkeerd is.

Volgens wat ek gelees het vul die jukskei en hennops die krokedil rivier aan. Dit sluit later aan by die marico rivier aan en dit vorm die limpopo river. Dit vloei dan deur mosambiek see toe

Johanna Botha ·

BAIE bly vir die reen …kla egter dat afvoerpype verstop met rommel wat veronderstel is om verwyder te word deur die stadsraad en sanral maar nie gedoen word nie en gevolglik bokkasies veroorsaak wat oorstoomings tot gevolg het.

willehond ·

Dreinerings pype wat vuil is, BLA BLA BLA! Dit was dood eenvoudig te veel water!!!! As julle dan nou weet die goed is verstop, hoekom doen julle nie iets nie? Maklik om op die stoep te sit en kyk ne!!!!

Karma1 ·

Ek het gedink party mense gaan my klap oor my tong-innie-kies opmerking hier bo. Ons is saam met almal bly oor die reën bo in die Transvaal; dit was fantasties om die video te sien van die Middelburgdam wat weer water kry, asook daai oom wat so lekker ó-la-Ryk Neethling in die straat “swem”. Dit is hartseer van die kindjie wat uit haar pa se arms deur die vloedwaters geruk is in Alexandra en ook van al die mense wat hul huise daar verloor het (maar, die vraag bly staan – waar is die logika daarin om REG OP ‘N RIVIER OEWER huis op te slaan???). Sterkte aan almal wat skade gely het met hul motors en aan die families van mense wat verdrink het. En DANKIE HERE, dat u die reën gestuur het ……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.